Beurtkragskedule aangepas

(Foto: Maroela Media)

Eskom het Woensdag aangekondig dat fase 3-beurtkrag vandag en môre (Donderdag) om 16:00 in werking tree en vir dié twee dae tot 05:00 sal geld.

Die kragvoorsiener het aan die begin van die week aangedui dat dié fase tot middernag sal duur.

“Fase 3 is tot 05:00 verleng ten einde die damvlakke by die pompopgaarstasies aan te vul,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Fase 2-beurtkrag sal Vrydag om 16:00 ingestel word en sal tot Saterdag 05:00 duur.

Eskom sê hy sal Vrydagmiddag meer inligting bekend maak oor die naweek se beurtkragskedule.

ʼn Eenheid elk by onderskeidelik Duvha en Medupi en drie eenhede by die Kendal-kragsentrale is sedert Dinsdagoggend weer aanlyn gebring.

Teen Woensdag was eenhede by Arnot, Camden, Tutuka en Kusile egter steeds buite werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Samuel ·

Moet nie julle asems ophou vir goeie beurtkrag nuus die naweek nie. Eskom lieg en bedrieg net soos die regering.

Nettie ·

Ek kan wragtig nie meer nie. Almal sukkel, maar ma’s moet kinders gebad kry, huiswerk gedoen kry, kos gemaak kry, inkopies afhandel. Die druk op gesinne is baie erg, maar op mammas raak dit nou ontsettend swaar. Als draai om wanneer het ons krag en wanneer nie. Die stres is erg. Baie erg. En ek het nie eers ‘n baba in die huis wie se bottels warm gemaak moet word nie. Dis net nie meer aanvaarbaar nie. Dis oorlog en ons regering gee absoluut GEEN ondersteuning of hulp of uitkoms nie. Net lee beloftes. En so ploeter ons dag na dag voort en almal lyk my aanvaar dit net? Waar is ons leiers? HELP!

Papsak ·

Eskom is so anc georenteerd is net nie waar nie daarom gaan dit so by eskom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.