Beurtkragverligting van korte duur

(Argieffoto)

Suid-Afrikaners wat ʼn sug van verligting geslaak het nadat Eskom Maandag aangekondig het dat beurtkrag tydelik opgeskort word, se vreugde was van korte duur.

Eskom het Maandagmiddag vroeg gesê danksy ʼn verbetering in kragopwekkingsvermoë en die volle herstel van noodopwekkingsreserwes, word beurtkrag om 11:30 tot 16:00 opgeskort.

Die kragvoorsiener het net meer as ʼn uur later egter aangekondig dat fase 3 weer Maandag om 16:00 sal inskop en tot Dinsdag om 05:00 sal voortduur.  Fase 1 geld dan Dinsdag van 05:00 tot 16:00. Dit word gevolg deur fase 3 van 16:00 tot Woensdag om 05:00.

Die patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Amelia ·

toemaar ons ken al die grappie weet die mooi worde geld net vir n uur of so

Mnr De Beer ·

Kom ons aanvaar nou maar net die volgende. Die land se krag probleme sal nooit opgelos word solank as wat die ANC in bewind is. Try stry met my.

Fluisterwind ·

Dus kan gesê word dat Suid-Afrika al vir ‘n geruime tydperk sedert die vroeë 2000’s met die uitdaging van beurtkrag te kampe het. 23 jaar later en daar is net mooi niks wat verander inteendeel versleg die situasie daagliks. Wie kan dag ZERO bereken?

Truman Burbank ·

Daar is n rede waarom fases kort kort fluktueer. En dit het niks te doen met wat in die media staan nie

hpven ·

In werklikheid word die tekorte al meer. Met landswye son en wind opwekkings stelsels wat privaat asook besighede inkopiesentrums ens die afgelope jare installeer het behoort dit Eskom se aanvanklike tekort reeds te oorskry. Dit beteken as daar steeds ‘n tekort is word Eskom eintlik al swakker. Feit.

Papsak ·

Grappie grappie dit is soos ons behandel word deur hierdie klomp breinlose goed wat hulle mense noem skaf dit eers af en dan one skat sorrie eenhede het gaan staan hoe operate die goed nee man regtig

Ann ·

Hulle speel speletjies met ons. Daar is nou al sò baie mense wat hul eie krag opwek. Waarom dan nog steeds beurtkrag? Maak nie vir my sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.