Bevelsraad besin Maandag oor rampregulasies

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mika Baumeister / Unsplash)

“Daar is nie meer ʼn ramp nie en die land se gesondheidstelsel is ook nie onder druk nie. Baie van die Covid-19-regulasies wat nou nog geld, is heeltemal oorbodig en behoort afgeskaf te word.”

Só het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), aan Maroela Media gesê in die lig van berigte dat die Covid-19-bevelsraad weer Maandag vergader.

Mulder meen die enigste besluit wat die bevelsraad hoef te neem, is om die ramptoestand geheel en al op te hef.

“Die bevelsraad kan eintlik alle regulasies laat vaar. Ons moet nou na ʼn mate van normaliteit terugkeer. Siektes is iets waarmee die mensdom al eeue lank saamleef. Deur dít te sê, maak ek nie Covid-19 as ‘siekte’ af nie; daar is egter wel nou hulpbronne om die virus te beheer.”

Die ramptoestand is die afgelope twee jaar, sedert die aanvang van die pandemie in Maart 2020, maandeliks verleng. eNCA berig dat pres. Cyril Ramaphosa die land sal toespreek sodra die bevelsraad ʼn besluit oor die pad vorentoe geneem het.

Prof. Shabir Madhi, dekaan van Wits se Fakulteit vir Gesondheidsdienste, het aan eNCA gesê dit lyk of die bevelsraad die “wetenskap ignoreer” en nog steeds regulasies soos die dra van maskers wil behou.

Hy sê hoewel hy hoop die bevelsraad sal die regte besluite neem, vrees hy dat dit dalk nie gaan gebeur nie.

Madhi het hom al verskeie kere oor Suid-Afrika se Covid-19-rampregulasies uitgespreek.

In ʼn onlangse plasing op Twitter het Madhi ook gesê daar is “geen rede dat kinders maskers by skole moet dra nie”.

Die DA het ook ʼn beroep op die regering in dié verband gedoen.

Solidariteit het hom vroeër vanjaar tot die hof gewend in ʼn poging om die ramptoestand finaal te skrap. Die regering het aangedui dat hy dié aansoek in die hof gaan teenstaan en die saak sal op 20 April aangehoor word.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook met ʼn afsonderlike hofgeding begin om eindelik die voortsetting van die huidige ramptoestand as ongeldig te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Roebs ·

Dink net hulle moet alls stop kos net meer geld, almal lei daar onder.

JohanR ·

Met daai verkrampte NDZ kan jy enigeiets verwag. Dink net as sy President geword het……O wee! Sy kan nou vir die nasie laat weet dat die ramp toestand is verby, en haarself dan aanmeld by ‘n outehuis!

marius ·

Daar is ‘n ramp . Hulle gee voor om al vir bykans 30 jaar te regeer . Op ‘n mishoop .

domheks ·

al ramp wat nog heers is die a.n.c.! Geen ander ramp in SA nie.

Samuel ·

Ek stem heeltemal saam dat die ramptoestand geheel en al opgehef moet word, maar wat dan van NDZ se verreikende magte wat sy moet prysgee? Sy kan nou selfs die kamtige Staatspresident sê om sy mond te hou.

Wonder ·

Ja nee mens gaan moet kies maskers of brandstof koop albei is nie goedkoop nie…

Pietertjie ·

Hulle gaan maar swaar afsien van die totalitêre mag waaroor hulle die afgelope twee jaar beskik het. Dis om van ‘n kommunis te verwag om ‘n regse demokraat te word, sonder slag of stoot.

Samuel ·

NDZ is ‘n geharde kommunis en is na bewering by die SSD in die toenmalige DDR opgelei.

JohanEtz ·

Af met noodtoestand!

P.s. Afriforum mors lede se geld op regskostes!

Mariana ·

Tyd om normaliteit te kry. Ramptoestand is nou te lank voorgehou. NDZ het heeltemal te veel mag en misbruik dit. Ramapoza moet darem ook nou ‘n slag die president van die land word en besluite neem ipv om belangrike besluite in die ministers se hande te los, hierdie mense is almal “power hungry” en dink hulle is in beheer van die land en Ramapoza.

Samuel ·

O ja, Mariana, NDZ en fie RET faksie het meer mag as CR. Hy is ruggraatloos.

Rudi ·

Ek is ook nou al moeg vir ‘n masker. Ons moet normaal aangaan met ons lewens.

Cobus ·

“Bevelsraad” nogal, laat dit amper klink hulle weet waarvan hulle praat. Tog daar is sekeres wat alte graag moue oprol en agter die “Bevelsraad” aan marsjeer.

Sarie ·

Niemand weet wat daar gebeur nie. Hulle luister dalk na insruksies oor n skerm

annie ·

Die masker-idee kom uit toeka se dae en Sjina het dit weer begin toe die virus uitbreek. Toe volg almal en die geld rol Oos. Die ramptoestand/maskers/gel sal nie opgehef word nie omdat die regering dit nie weer ingestel sal kry nie en mense daarna ook nie geneë sal wees om die entstof verder te neem nie. Hul hoop ‘n nuwe variant word ontdek om die nuwe mnra-fabriek in te wy.

Eclectus ·

Miskien moet die bevelsraad in die oggend hulle koppe by die deur uitsteek en sien dat die verkeer chaos moontlik iets te doen het met die pandemie wat haas verby is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.