Michal Groenewald, VF Plus se provinsiale leier in Noordwes, sê die betogings by die Noordwes- provinsiale wetgewer deur amptenare van die departement van gesondheid wat eis dat premier Supra Mahumapelo binne 14 dae moet bedank weens beweerde korrupsie, moet verder ondersoek word.
Groenewald meen dié bewerings deur ʼn “groot aantal georganiseerde werksmagverteenwoordigers” kan nie geïgnoreer word nie – veral nie in die lig van die onlangse klopjag op die premier se kantoor en bewerings van grootskaalse korrupsie nie.
Bewerings van korrupsie met betrekking tot mobielekliniek-eenhede van Mediosa Health in die provinsie het sedert die begin van die maand opgeduik.
“Mahumapelo moenie slegs bedank nie, maar die bewerings moet deeglik ondersoek word. Hy moet sy dag in die hof kry, sou die bewerings waar bewys word. Hooggeplaaste ANC-politici kom gans te maklik weg met magsvergrype en die blatante uitbuiting van die stelsels en strukture binne hul beheer,” sê hy.
Volgens Groenewald gaan die VF Plus met die Valke in gesprek tree sodat die ondersoeke rakende beweerde bedrog en korrupsie as prioriteit beskou kan word.
Is hy ook n Zuma boetie?