‘Binnelanders’-akteur verloof

Erik Holm en Colleen Jury-Zeffert is verloof. (Foto: Facebook/Erik Holm)

Erik Holm, die akteur bekend om sy rol as Rian Malherbe in die kykNET-sepie Binnelanders, is ʼn verloofde man.

Colleen Jury-Zeffert, ʼn kunstenaar van Hartebeespoort met wie die akteur al vir vier jaar in ʼn verhouding is, het op sosiale media gedeel dat sy die ja-woord gegee het tydens ʼn vakansie op Zanzibar.

“My hartlam … Ek het gevra, sy het gesê ja! Kan nie wag om jou te ‘trouvrou’ nie!” het Erik op Facebook geskryf.

Colleen spog in een van die foto’s saam met die plasing met ʼn unieke ring met groen stene aan haar ringvinger.

Erik vertolk sedert 2008 die rol van Rian Malherbe in Binnelanders.

Colleen spog met ‘n verloofring met groen stene. (Foto: Facebook/Erik Holm)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronél ·

Baie geluk en vreugde, wees geseënd – besonderse ring……………mooiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiii

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.