Binneverhoor oor Xander se bekentenis afgehandel

Xander Bylsma Woensdag in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die binneverhoor om die toelaatbaarheid van die moordbeskuldigde Xander Bylsma (20) se bekentenis en die uitwysings wat hy destyds op die moordtoneel gemaak het te bepaal, is Woensdagmiddag afgehandel.

Bylsma word van die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), in Mei 2018 aangekla.

Die binneverhoor is Maandag hervat om te bepaal of Bylsma se bekentenis wat hy verlede jaar kort ná die moorde aan die polisie gemaak het asook die uitwysings wat hy op die moordtoneel gedoen het, toelaatbaar is. Hy hou sedertdien vol dat hy destyds gedreig en aangesê is om die bekentenis te maak en dat hy onskuldig is.

Die saak teen Bylsma is vanmiddag weer uitgestel sodat die staat en die verdediging hul slotbetoë vir die binneverhoor kan voorberei waarna regter Ronald Hendricks sal uitspraak lewer oor of Bylsma se bekentenis en die uitwysings wel in die verhoor aanvaar sal word.

Hendricks wou vanmiddag by staatsaanklaer Johan Smit en adv. Sakkie Nel, vir Bylsma, weet of hulle nie hul voorbereiding vandeesweek nog kan voltooi nie. Hy het verduidelik dat hy nie die saak te lank wil uitstel nie aangesien Bylsma tot dan in aanhouding moet bly.

Xander Bylsma Woensdag in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Daar is egter aan hom gesê dat dit nie moontlik is om vandeesweek nog hul voorbereiding te doen nie voor daar ingestem is op ʼn uitstel tot ʼn latere stadium. Daar sal Donderdag op ʼn datum vir slotbetoë en regter Hendricks se uitspraak besluit word.

Albei kante het aangedui dat hulle hul laaste getuies vir die binneverhoor geroep het en dat hulle dus elkeen hul saak in die binneverhoor sluit.

Smit het Bylsma die afgelope twee dae kruisondervra waartydens hy veral gefokus het op Bylsma se besluit om destyds nie van regsverteenwoordiging gebruik te maak nie.

Smit het Dinsdag klaar gemaak met die kruisondervraging van Bylsma waarna adv. Ferdie van Heerden, Bylsma se eerste advokaat wat sy ouers destyds net ná die moorde aangestel het, vanoggend na die getuiebank geroep is.

Hoewel Van Heerden se ondervraging van korte duur was, het hy aan die hof gesê dat hy nooit self met Bylsma gepraat het nie, maar wel met Monte Bylsma, die beskuldigde se pa.

Hy het getuig dat hy destyds aan ʼn polisiebeampte, lt.kol Reuben Masire, oor die foon gesê het dat dié aan Bylsma moes sê om geen verklaring af te lê sonder ʼn regsverteenwoordiger nie. Die hof is toe verdaag om by Masire te hoor of dit wat Van Heerden in die getuiebank sê, wel die geval was.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Hoewel Masire nie weer na die getuiebank geroep is nie, het hy later dié oproep bevestig. Hy het egter gesê hy kan nie onthou dat Van Heerden aan hom gesê het om die boodskap aan Xander oor te dra nie. Van Heerden hou vol hy het die opdrag aan Masire gegee.

Masire het voorheen in die hof getuig dat Bylsma op 26 Mei 2018 by sy aankoms by die speurkantoor in Vryburg in Noordwes onmiddellik aangedui het hy wil nie sy ouers of ʼn regsverteenwoordiger teenwoordig hê tydens sy bekentenis nie.

Hy het getuig Chris Saunders, ʼn private speurder, het Bylsma die betrokke aand by die speurkantoor aangebring. Saunders is daarna weg by die kantoor en Masire het verder met Bylsma gepraat.

Adv. Ferdie van Heerden Woensdag in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Masire sê hy het aan Bylsma sy regte verduidelik waaronder sy reg om te swyg, asook sy reg om ʼn regsverteenwoordiger teenwoordig te hê.

Masire het in sy getuienis genoem dat hy ʼn oproep gekry het van ʼn man wat homself geïdentifiseer het as Bylsma se pa en aan hom gesê het hy het ʼn regsverteenwoordiger vir sy seun aangestel. Masire beweer hy het Bylsma ingelig oor dié oproep, maar Bylsma het volgehou hy kan die saak self hanteer en het nie ʼn regsverteenwoordiger nodig nie.

Bylsma het in dié stadium ook glo aan Masire erken dat hy die twee tienermeisies vermoor het.

Bylsma bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dot ·

(1)Hoe het hy eerstens die 2 vriendinne uitmekaar uit gekry om afsonderlik te vermoor.
(2)Waar was Sharnelle toe Marnel vermoor is?
(3)Sekerlik sou sy n geskree gehoor het in n lee koshuis trek klank ver.
(4)Hierdie mannetjie kon onmoontlik die meisies aleen vermoor het.
(5)Soek SAPS na n medepligte?
(6)Hoe kon hy aleen vir Sharnelle oor die trap reling tel-sy is nie n petite meisie nie-en dis dooie gewig
(7)Vat die saak van voor af-begin by die begin
Baie punte word hier mis gekyk.

Gerty ·

(1)Hoe kon Bylsma daarin slaag om die 2 boesem vriendinne te skei van mekaar om hul apart te vermoor.
(2)Hoe is dit moontlik dat Sharnelle nie vir Marna kon hoor skree in n lee koshuis nie. Klank trek baie ver in n lee gang of badkamer.
(3)Hoe is dit moontlik dat Bylsma Sharnelle se lyk aleen oor n trap reling kon lig-siende dat sy dooie gewig was en beslis nie klein en petite is nie
(4)Hoekom woou Bylsma van die begin af nieborg he nie
(5)Hoe het die sogenaamde speur dadelik geweet dis Bylsma en nahulle plaas toe gery
(6)Wat weet die privaat speurder wat hy vir SAPS wegsteek
(7)Hoekom was die een meisiekind se oom so ontsteld en het die bosse ingejaag en mal geword
(8)Watter oom gee vir n tiener n kys ring?
(9)Het SAPS alles en almal onder vra asook elke liewe seun in die seunskoshuis langsaan
(10)Is daar DNA sampels van albei meisies se vingernaels geneem-want ek veronderstel hulle sou teru baklei
(11)Het Bylsma krap merke aan hom gehad wat ooreenstem met “Defence Wounds”
Ek neem aan dat die meisies vir allerhande goed getoets is.
Hierdie hele storie klink verdag-en ek glo nie dai laaitie het alles op sy eie gedoen nie.
Hy het hulp gehad-van erens af !!!
Maar wie was die hulp ????????????

Meisiemens ·

Dis hoekom daar nou ‘n hofsaak is. Om al die getuienis en afloop van gebeure aan te hoor.
Die saak met al die detail gaan mos nie nou al aan die media versprei word nie.

Willie Esterhuizen ·

Die knaap draai sy mantel na die wind. Sy vertragings tegnieke gaan nie die uitslag van die saak verander nie. Hoe gouer hy by een storie(die waarheid) bly hoe minder mense gaan hy kwaad maak.

Kobie Welgemoed ·

Nou ja die kind pleit onskuldig. So daar is iewers n moordenaar los in die samelewing. Dalk kan hy verdagtes noem. Hy was mos die nag voor die moord in die koshuis.

Domvraag ·

Weer eens n geval waar die beskuldige onskuldig pleit en alle regstegniese punte gebruik word om n moordenaar vry te kry.
Het van Breda, Pistorius, Packman ens nie almal aangevoer dat hulle onskuldig is nie. Te lafhartig om verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar.

Kas ·

Ek dink nog steeds hy was nie alleen nie.Hoe het hy geweet wat se uitwysings om te maak by die moordtoneel as hy nie dear was tydens die moorde nie.

Kobus ·

Het die Polisie en ondervraging span droog gemaak? Sal nie eerste keer wees weet korrekte prosedure nie gevolg is nie. Wa sy ondervraging op band of Video opgeneem? Wanneer gaan die mense hulle werk doen sodat daar geen twyfel oor verklarings kan bestaan nie.

Kas ·

Hoekom will hy nie Borg he nie.Is hy bang vir demand.Wie so him gedreig het Marna was sy Klein biggie.As dit nie hy was nie bring die skuldige uit.Hy probeer dieselfde taktiek as Henry van Breda.Ek glo vas hy was betrokke,alleen of saam met demand.Ek glo hy het Sharnell eerte opgehang en Marna wat in die badkamer weggekruip het verwurg .maar waar her hy die handsakhandvatsel gekry om haar mee te verwurg

SjN ·

Daar was nog persone/iemand betrokke, hy kon die daad nie alleen uitvoer nie, my beskeie opinie

Heidi ·

Jaloesie en woede is n goeie motivering om die moorde te kon pleeg. Hy was bekend aan almal en sou dus nie verdag voorkom nie. Hy het die opset van die koshuis en roetines geken. Die 2 meisies was moontlik nie bymekaar nie daarom kon hy die moorde eintlik maklik pleeg. Ek glo die meisies was nie so aanval te wagte nie. Volgens kennisse het die mannetjie boonop n humeur ook. Wat gebeur as n narsisis nie sy sin kry nie?

Heksie ·

Hoekom het hy as hy en sy meisie weer besluit het om die verhouding te hervat, haar vermoor?
Hoe het hy dit reggekry om haar sonder veel teenstand van die trapreling te hang? het hy hulp gehad? Want ek is sekery sy sou baklei het om te bly leef.
Hoe het hy al2 meisies sommer so oorrompel en nie een van hulle het hul teegesit nie en dan moor hy hulle sonder enige inspanning.

Wie weet ·

Hier is baie vrae oor hoe en waarom ens Net hy weet wat is die waarheid Hy moet net onthou die waarheid gaan uitkom en God slaap nie

ne ·

Het hy nie sy meisie al vermoor toe hulle saam in sy voertuig was nie. Toe gaan vermoor hy die ander een stil, stil. Maar of hy daardie gewig alleen kon ophang is ‘n ope vraag.

James ·

Dis jammer dat hierdie seun nie eerder by skoolsport gehou het nie.
Kon soveel anders gewees het.

Blue38 ·

Ek wonder as van hierdie mond-uitspoeler se kaste geskud word hoeveel van julle se lewens omver gegooi sal word. Los tog julle onaangename, ongegronde antwoorde. Die waarheid sal seevier.

AH ·

Die jong man se eerste instink was om die waarheid te praat – totdat hy kans gehad het om daaroor na te dink. Nou onthou hy ewe skielik nie meer nie….

Hy is skuldig en ek glo hy alleen het die twee meisies vermoor. Met die hoeveelheid adrenalien wat deur sy liggaam gevloei het tydens die pleeg van die moord(e) sou hy sterk genoeg weeg om die meisie alleen van die trapreling te hang. Die hofsaak sal wel al die feite bymekaarbring om die regte uitspraak te gee. Hy kan saam met Don Steenkamp en Henri van Breda gaan uithang…..hulle het immers almal meer as een moord in gemeen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.