Black First Land First (BLF) sê hy is teleurgesteld dat ʼn saak teen die vermeende aanrander van die beweging se adjunkpresident eers aanhangig gemaak is nadat BLF druk op die polisie moes uitoefen.
“Polisiebeamptes in die Orlando-polisiestasie het gisteraand ʼn saak geopen teen die aanvaller van Black First Land First se adjunkpresident, kameraad Zanele Lwana,” het BLF Sondag in ʼn verklaring gesê.
Die beweging is van plan om by die Onafhanklike Polisie‑ondersoekdirektoraat te kla oor die moeite wat Lwana ervaar het om ʼn klag in te dien. “Die polisie se optrede is nie bevorderlik vir die stryd teen misdaad of om die gemeenskap te dien nie.
“As druk op die polisie uitgeoefen moet word om op te tree in die saak van ʼn vooraanstaande leier [sic], hoeveel te meer in die geval van ʼn gewone burger?”
Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, het egter vroeër aan News24 gesê toe beamptes op die toneel aankom, was die drie vroue wat hulle ontbied het, onder die invloed van drank.
Hulle kan gerus kom kla wanneer hulle nugter is.
“As gevolg hiervan kon hulle nie verklarings aflê nie. Hulle kan dit gerus [noudat hulle nugter is] kom doen,” het hy Saterdag gesê.
Lindsay Maasdorp, BLF-woordvoerder, het dit ten sterkste ontken dat Lwala en die ander vroue in die woonstel beskonke was.
Maasdorp het vroeër gesê ʼn onbekende man het Saterdagoggend omstreeks 02:00 toegang tot Lwana se woonstel in Soweto verkry en haar te lyf gegaan. “Mede-kamerade het wakker geskrik van die worsteling toe Lwana terugbaklei het, waarna die inbreker op die vlug geslaan het met twee selfone, onder meer die adjunkpresident sʼn.”
Maasdorp het aangevoer die inbreker het Lwana probeer wurg. Haar nek is beseer en sy het kneusplekke aan haar arms opgedoen.
BLF glo dit was nie ʼn lukrake misdaad nie.
“BLF glo dit was nie ʼn lukrake misdaad nie,” het Maasdorp Saterdag gesê, “maar ʼn polities gemotiveerde daad om die adjunkpresident te probeer intimideer in die hoop dat sy te bang sal wees om getuienis te lewer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.”
Lwana sal na verwagting op 12 Februarie voor die kommissie getuig. “Wat jammer is, is dat die polisie na die toneel ontbied is,” sê Maasdorp, “maar heeltemal onbehulpsaam was en geweier het om ʼn saak te open.”
BLF het onderneem om die kommissie in te lig van “dié poging om die adjunkpresidente en ons beweging te intimideer”. Die organisasie waarsku almal wat geïmpliseer word in korrupsie “om terug te tree, want niks sal verhoed dat die BLF getuienis voor regter Zondo lewer nie”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Die sinoniem vir beskonke is, geblaas, gerook, dronk, bedwelmd, besope. Wie ken nog?
Almal sukkel om sake aan te meld by alle polisiestasies agv onbevoegtheid, hoekom moet sy voorkeur kry.
Welcome in Crime Africa!
En. Was die aanvaller ‘n wit man….?
Sal die vrouens, nou dat hulle nugter is, die insident kan onthou? Dalk gaan hulle in alle geval ‘n verklaring aflê … skuus … maak.