BLF skuldig aan haatspraak

Black First Land First (BLF)-ondersteuners by ‘n optog in 2016. Foto: Jonisayi Maromo / ANA

Die gelykheidshof het pas bevind die politieke party Black First Land First (BLF) se politieke slagspreuk “land or death”, is haatspraak.

Die hof het bevind die BLF moet Suid-Afrikaners binne ʼn maand op die Menseregtekommissie (MRK) se webwerf skriftelik om verskoning vra. ʼn Afskrif van die uitspraak moet boonop aan die direkteur van openbare vervolging gestuur word, vir die moontlike instel van strafregtelike klagte teen die BLF en sy leiers.

Die hof het ook bevind die BLF moet die slagspreuk binne ʼn maand van sy politieke materiaal, sosialemediarekeninge en webwerf verwyder, het die MRK gesê.

Die MRK het die BLF namens ʼn klaer hof toe geneem.

Zanele Lwana, adjunkpresident van die BLF, het by navraag aan Maroela Media gesê die party gaan teen die uitspraak appelleer. “Ons glo die Grondwet beskerm ons en ons glo nié dat die slagspreuk ‘land or death’ haatspraak is nie. Ons glo steeds dis binne ons regte om dit te sê,” het Lwana gesê.

“Ons gaan nie die slagspreuk verwyder nie en ons gaan ook nie om verskoning vra nie.”

Lwana het gesê die party fokus nou op Woensdag se nasionale verkiesing en sê die hofsaak was ʼn manier om mense te probeer verwar oor óf die BLF aan die verkiesing gaan deelneem, of nie.

Sy het gesê die party sal ná die verkiesing die uitspraak behoorlik bestudeer en dan in die gepaste hof appelleer. Sy het gesê die BLF is bereid om die kwessie uiteindelik tot in die konstitusionele hof te beveg.

Volgens haar gaan die BLF ná die verkiesing in die parlement druk plaas op die ANC en EFF om die beleid van onteiening sonder vergoeding deur te voer. “Ons posisie is dat die setlaars na Afrika en Suid-Afrika gekom het en mense tot slawe gemaak het om hulle grond te vat. Ons sal dus baklei om ons grond terug te neem.”

Die Kieshof het verlede week bevind die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gefouteer deur nie die BLF se registrasie in die Staatskoerant af te kondig nie. Die VF Plus het die hof genader nadat die OVK sy aansoek om die BLF van stembriewe te laat verwyder, van die hand gewys het.

Die VF Plus is sedert Februarie in ʼn stryd gewikkel om die BLF as ʼn politieke party te laat deregistreer. Soos sake tans staan, sal kiesers nog Woensdag in die nasionale verkiesing vir die BLF kan stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Marinda ·

Wonderlik. Jammer hulle kan nie die verskoning op ñ paar billboards oor die hele Suid Afrika aanbring nie.

Andreas ·

Is ek verkeerd, of is dit die eerste skudigbevinding van haatspraak teen swart mense? Hierdie dag moet in die anale opgeteken word. Dit is ten minste ‘n begin, die eerste trappie is bestyg, nou moet ons nog net die berg uitklim. Ek het ook idee ons sal Lesufie langs die pad teekom.

Nicello ·

Ja wel, “land or death”? Dis dan julle keuse om die dood te kies as julle nie land kry nie.

CN ·

Sê ek ook Nicello. Dis mos een OF die ander, en ek gaan beslis nie net oorhandig nie!

Pieter h ·

So baie boere het al gesterf op plase. BLF se logo is myns insiens tegnies korrek want dit is wat reeds lank aan die gang is. Die 2 de woord kan dalk ook waar word vir hulle.

Tanya ·

En gaan hy tronk toe hulle net wil stop my hulle haat dan sal diy beter gaam

Helene ·

Absolute arrogansie!! Genade!! Ek wil meer sê, maar laat ek liewers stilbly!!

Oom Willem ·

Die arme drommel weet nie eers dat daar niemand was om te verslaaf nie en slawe is toe van die Ooste af ingevoer. Vandag is hulle trotse nasate die Maleiers in die Kaap.

Wat wou... ·

Ag siestog….hoe arrogant kan julle wees BLF. Maklik om van die dood te praat maar wag dat die paw-paw die fan strike….!

Anoniem ·

Hulle MAG sê net wat hulle WIL Lekker ou dubbele standaard reëls vir sommige mense ! So-so onregverdige samelewing

Sean ·

Die settlaars het mense se grond afgeneem ? Ok stuur daai mense wie se grond geneem is dat daai settlaars dit kan terug gee

marous ·

Hofbevele het nutteloos geraak , want daar is geen uitvoering nie .

TS ·

Niks gaan gebeur nie. Niemand gaan tronkstraf kry nie. Niemand gaan uitgeskel word of op sosiale media verneder word nie. So moeg vir dubbel standaarde. Maar ons moet ten spyte van alles altyd positief wees. Anders word jy uitgekryt as n “negative nelly”. Ons taal en kleur is rassisties maar ons finansiele bydrae is fantasties.

Judge Dredd ·

Partye wat hulself skuldig maak aan haatspraak mag nie deelneem aan verkiesing.
Wat nou gemaak OVK ?

JohanL ·

Judge, volgens Die Voorsitter van die OVK ene VG Mashinini is daardie argument nie geldig nie – vra vir my. Ek het kapsie aangeteken en slegs klousules 47 en 106 van die Grondwet kan as basis gebruik word om iemand te diskwalifiseer vir die verkiesing. Dit is wat die man reken – ek s^e nie ek stem saam nie.

In die gees van wat ‘n verkiesing in ‘n beskaafde land behoort te wees, dink ek jy is heeltemal reg. Maar duidelik stem die OVK nie saam nie. Die OVK kan in elk geval nie eers hul werk ordentlik doen deur die BLF se registrasie in die Staatskoernat betyds aan te kondig nie.

Andreas ·

Dit pas my, as geregtigheid kan geskied sal hulle nou so ‘n dag voor stemdag tronk toe gaan.

Devill ·

Vicki Momberg het glo haar swaar vonnis ontvang omdat sy geen berou getoon het oor wat sy gedoen het nie.

Die BLF verkondig dit oop en bloot dat hulle geen berou het oor wat hulle sê nie en dit ook nie sal ophou sê nie.

Wonder wat gaan gebeur….

GM ·

Ag, gee tog net vir hulle die hele land – soos dit destyds gelyk het natuurlik – nie met al die ontwikkelinge wat sedertien plaasgevind het nie. Hulle moet hul spoggerige klere, motors en selfone ook vernietig, so ook alle infrastruktuur wat deur die vyand ontwikkel is. Daar moet weggedoen word met die dubbele standaarde wat hul het.

Die land het gegaan van ‘n Eerste wêreld land, na rommelstatus, onder die ANC se beheer. Is hulle te blind om dit raak te sien?

aj ·

Vir 30 000 jaar stap mense reeds hier in Suid Afrika rond. Almal met ‘n velkleur van verskillende skakerings van ligbruin tot swart.

Die groepe veg met mekaar en die een groep roei die ander groep uit … die oorwinnaar kry die water, beeste en vrouens.

Honderde verskillende etniese groepe wissel mekaar af … geen grond eise word teen die BRUIN / SWART oorwinnaars ingestel nie. Die Koi en die San stel nie eise in teen die Sotho’s, Tswanas, Griekwas, Matebeles, Xhosas, Zoeloes ens nie.

Slegs die klein WIT groepie word uitgesonder deur die BLF, EFF en ANC vir onteiening sonder vergoeding?

Dis baie eienaardig! Waarom word slegs die WITTES uitgesonder en gedemoniseer as honderde etniese groepe oor tyd geveg het vir grond?

Suiwer rassisme! … en opportunisme!

Rassistiese sentiment word misbruik vir selfbevoordeling!

As oningeligte rassistiese kiesers vir hulle partye stem, verkry hulle MAG … en ‘n sitplek by die staatskas!

Geen ‘hogere’ bevryding van Swart mense nie … slegs bose opportunisme en gierigheid.

Die ‘STRUGGLE’ was toe al die tyd slegs ‘n rookskerm vir SELFVERRYKING … soos verpersoonlik deur Jacob Zuma en kie.

Andreas ·

In die kol! Geen mens kan hiermee fout vind nie. Ek vertrou Ernst Roets en Afriforum neem ook hiervan kennis om dit aan die grootklok te hang.

Hans Richardt ·

Nou wat gaan Verkiesingshof doen asn hierdie uitspraak?

kolla ·

Hulle ander uitsprake is definitief haatspraak, hierdie een weet ek egter nie so mooi nie. Kan dalk slaag op appel.

Sean ·

Die settlaars het mense se grond afgeneem ? Ok stuur daai mense wie se grond geneem is dat daai settlaars dit kan terug gee

SHL ·

Ek dink dit is tyd dat ons dan ook maar begin om geskiedkundige feite te verdraai om ons te pas. Iets soos, toe die eerste swart gemeenskappe van noord-Afrika in ongeveer die 3e eeu n.C. suidwaarts begin vlug het vir die Arabiere het hulle die primitiewe wit boere totaal uitgemoor en hulle grond gevat.Ook die San is al hoe verder suid die Kalahari ingejaag om daar te sterf.

Jr ·

As jy dit wil hé – DEATH then so be it. Dit gaan nie maklik wees nie

Hayley ·

Maar Steve word verban, afgesny, uitgesny, verbied sonder dat enige haatspraak gespreek is!

Gert van Wierdapark ·

Die feit dat die Flippen outjies ‘n maand grasie kry om dit van al hul Bfl reklame ens af te haal, dui verseker op die erns waarmee die (on) Gelykheids-hof die saak bejeen, SJOE!

Erika ·

Die BLF se ma het hom nie genoeg opgevoed nie..Pleks sy het hom goed ge..
Hy soek net aandag…moenie dit vir hom gee nie, want hy is dit nie werd nie..

HPV ·

So, hulle is steeds deel van die verkiesing. Net nog ‘n “vry en regverdige” verkiesing in Afrika.

Pieter h ·

So baie boere het al gesterf op plase. BLF se logo is myns insiens tegnies korrek want dit is wat reeds lank aan die gang is. Die 2 de woord kan dalk ook waar word vir hulle.

Koen ·

Ek wou die land verlaat soos talle ander maar Andile se uitlatings het my laat besluit om eerder te bly en te wag vir die sogenaamde Land or Death. Ek sien halsrykend uit daarna om hulle eerder death te gee as ONS land

Boet Fasie ·

Gaan die setlaars ook deelneem aan die verkiesing – BFF gaan kla die setlaars aan by die Gelykheidshof asseblief – hulle moet tronkstraf sover ek weet was Ou Jan van Riebeeck nie veel rassisties nie.

Michelle ·

Nou hoe kan hul nog in die verkiesing wees, hulle lewer haatspraak vandat hul kastig gestig is! Dis mos teen die wet!!!!

jaco ·

ek hoop die ANC besef dat dié “death” in hulle slagspreuk ook swart mense insluit. Enige ANC-raadslid wat ‘n land invasion op munisipale grond probeer keer, of enige swart SAPD-lid wat dalk help om dit te keer, kan mos nou ook deur die BLF doodgemaak word.

dingaan ·

Bad Lies Free is ‘n organisasie vir zombies sou jy wil aansluit ???

Johan ·

Soos ek baiekeer sê : Hiervan sal niks kom nie. Nie n enkele armsalige ou dingetjie nie. Dit sal maarnet oorgesien word soos al die ander dinge.

Andre ·

Al wat hul soek is aandag, en almal speel so reg in hul hande met al die lugtyd wat hul kry.

Stiks ·

Maak seker dat julle julle kruisies op die 8ste op die regte plek trek om die stropers en anargiste uit regering te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.