BLO kap terug oor ‘obsessie’ met SAL

(Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) is bekommerd oor die onlangse vlaag bewerings en beskuldigings oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) “wat grens aan obsessie” en wat nou ook die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die owerheid in twyfel trek.

“Die BLO weier om by politieke gevegte betrek te word. Die BLO is nie ʼn politieke party nie en stel glad nie daarin belang om daarby betrokke te raak nie. Sy mandaat is duidelik en politiek is nie een van sy verantwoordelikhede nie,” sê Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO.

Hy sê die SAL is een van verskeie operateurs wat deur die BLO gereguleer word.

“Die SAL se bedrywighede het die afgelope jaar weens sy probleme ingrypend verander. Daar is omvattend oor die probleme berig, maar dit hou nie verband met nienakoming van veiligheid of sekuriteit nie.”

In die jongste voorval is die BLO daarvan beskuldig dat hy gehelp het om ʼn voorval op ʼn SAL-vlug van Johannesburg na Brussel te probeer verdoesel.

Maroela Media het vroeër berig die betrokke Airbus 340-600 het ʼn sogenaamde “alpha floor”-voorval – wanneer ʼn vliegtuig tydens landing of met opstyging nie genoeg stukrag het nie en begin staak – ondervind. Dit het glo gebeur omdat die gewig tydens opstyging met 90 ton verkeerd bereken is en die spoed waarteen die vliegtuig opgestyg het, dus ook verkeerd was.

Die BLO het toestemming vir dié vlug gegee – en sê dit was nie vreemd of uitsonderlik om dit vir ʼn redery te doen nie – maar dat die besluit nou verdraai word om ʼn beeld te vorm dat die BLO die SAL spesiale behandeling gee.

Ledwaba sê die BLO staan daagliks uitsonderings aan die bedryf toe. Die proses word ingevolge wetgewing en internasionale praktyk gedoen.

Hy sê ʼn operateur kan ʼn aansoek indien om af te wyk van voorgeskrewe bepalings en moet ʼn risiko-assessering voorlê om te verseker veiligheid word nie in die gedrang gebring nie. Verskeie departemente in die BLO oorweeg die aansoek deeglik om te verseker ʼn afwyking plaas nie lugvaartveiligheid in die gedrang nie.

Volgens die BLO word die proses wat hy volg boonop internasionaal geloof.

“Die onlangse obsessie oor die uitsondering wat vir die SAL gemaak is, laat die owerheid wonder oor die motiewe van diegene wat dit aan die publiek laat uitlek het. Die enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word, was dat die publiek doelbewus mislei is oor ʼn onderwerp waarvan hulle ʼn beperkte begrip het oor die wetlike voorskrifte en wetgewing soos vervat in die Wet op Burgerlugvaart.”

Die BLO sê net die uitsonderingsbesluit is uitgelek en nie een van die ander dokumente wat meer besonderhede daaroor bevat nie.

“Ons is oortuig dat dit gedoen is om die publiek te verwar en die indruk te skep dat hierdie ʼn onreëlmatigheid was – wat nié die waarheid is nie,” sê Ledwaba.

Hy sê die BLO het ook net een uitsondering toegestaan; nie 13 soos beweer word nie.

Ledwaba sê ʼn voorval soos die een wat op die Brussel-vlug ondervind is, moet by die owerheid aangemeld word. Die SAL het dit gedoen, maar nie binne die voorgeskrewe spertyd nie. Nadat die verslag ontvang is, het die BLO wel met ʼn ondersoek begin en hy sal ook vasstel waarom die aanmelding laat was.

Ledwaba sê die BLO sal na afloop van die ondersoek stappe hieroor doen en tot die ondersoek klaar is, gaan hy nie verder daaroor kommentaar lewer nie.

“Enige bewering dat die owerheid ‘kwessies onder die mat vee’, is onwaar en druis in teen die owerheid se beginsels.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

louis ·

Net nog n arm van die onbevoegde ANC kaders en regstellende aksie

Samuel ·

Kyk wie is in beheer van due BLO. Korrupsie kan nie uitgesluit word nie. SA se nasionale sport.

Stefan ·

Ons is obsessie oor die veiligheid van vlieg ja, dis reg.
En as die saa nou internasionale reëls wil omseil dan raak ons bekommerd, mag ons asseblief?
Weet eintlik nie hoekom ek reageer nie, sal in elk geval nooit meer met saa vlieg nie.

RB ·

Stefan, ek sal beslis ook nie my voet op n SAA vlug sit nie, het ook in JARE nie. Sou dit enigste opsie wees loop ek liewer of bly tuis.

Obsessie is beslis geregverdig want dis leuen op leuen wat oor hulle lippe rol. Intussen kos die sinkende skip ons biljoene.

SAA sou nooit iets aangemeld het as Rolls Royce en Airbus nie navraag gedoen het nie. Nou is die stelsel op die betrokke vliegtuig seker rassisties want 4 huidig bevoorregte vlieëniers was aan die stuur.

Lyk of BLO woordvoerder ook nie goed is met somme nie. Hy praat van 1 toegewing maar die getekende dokument wys 13.

Soms wonder ek net hoe ver kàn onbevoegdheid, leuens, korrupsie dan gaan!

Jack ·

Ag shame, die BLO is nie ‘n politieke organisasie nie, al bestaan die hele staatsdiens deesdae uit ontplooide kaders.
In een van Shakespear se toneelstukke word gesê “me thinks the Lady protests too much” of iets in dier voege. Hierdie Ledwaba kader se baie ontkennings en “rooi harings” tov dis internasionaal aanvaarbare praktyk om “toegewings” te maak is glad nie oortuigende nie. Ek het 25 jaar laas met SAL gevlieg want ek vertrou hulle glad nie meer nie. Die regte SAL is lankal duer die ANC nekomgedraai, veral deur Dudu.

Tino ·

Indien die BLO nie homself met politiek betrek nie, hoekom het hy 2jaar gelede 6 SEB kandidate frankryk toe gestuur vir opleiding om vlieeniers te word. So tussen ons en julle het nog net 2 van die 6 na 200 vlieg ure elk Solo gegaan. Dit gebeur onder normale omstandighede tussen 15 en 20 ure.

Is die opleiding sentrums in suid afrika wat deur die BLO gereguleer word dan nie goed genoeg nie? Dit is eintlik want SA het van die beste vliegskole in die wereld.

O, en die kostes is baie meer in frankryk

Grens ·

Die BEE loodse het die gewig van die A346 Airbus verkeerd uitgewerk, en die vliegtuig asook hulle self amper uitgehaal. Hulle het die fout toe probeer toesmeer, maar die vliegtuig het ‘n outomatiese boodskap na Airbus en Rolls Royes gestuur, nou is almal rasisties. Gelukkig vir hulle is die Airbus gebou deur slim mense, wat stelsels ingewerk het om die vliegtuig te red wanneer narre soos die hulle probeer vlieg.

Hennie J ·

BLO, een van die mees onbevoegde kader- geinfiltreerde regeringsarms in piesangland. Ek sou waag om te se dat hulle nie n clue het in 80% van die sake waaroor hulle moet beslis nie.

boerie ·

Wat ek nie verstaan nie is hoe n vliegtuig wat veronderstel was om leeg te wees se gewig met 90 ton onderskat kan word. Dit moet die 30% wees wat so maak.

Boeing ·

As die BLO toestemming gee moet so n voorval nie plaasvind nie

Realis Thailand ·

Die twee vlieeniers was BEE aanstellings met bitter min vliegure en nog minder ondervinding.
Al die ouer loodse is mos uigesluit om te kan vlieg met saa
Die een was blykbaar n dame wie skaars kwalifiseer was.Ek vlieg al die afgelope 20 jaar nie met saa en sal ook nooit weer. Binnelands Comair /Kulula en buitelands met Qatar
Hoop almal boikot maar saa wanneer dit eendag begin vlieg met julle belastinggeld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.