Boef byt polisieman om boeie te ontduik

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak nadat ’n vermeende dief ’n 37-jarige polisiebeampte van Bothaville, Vrystaat, aan albei middelvingers gebyt het om inhegtenisneming teen te staan.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, is die betrokke beampte sedert Sondag met siekteverlof. Hy het ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer geopen.

Die verdagte, Tshepang Ramontso (23), het Maandag in die landdroshof in Bothaville verskyn op aanklagte van die aanranding van ’n polisiebeampte, die teenstaan van ’n inhegtenisneming en diefstal.

Hy het Woensdag weer in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.

Volgens Thakeng is Ramontso op heterdaad betrap terwyl hy stoele by ’n skool op die dorp gebreek en dit oor die heining gegooi het.

Hy was na bewering aggressief toe die polisie op die toneel aankom en hom wou boei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.