Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Van Wyk het op ‘n plaas in die California-gebied gewoon. Hy is glo Vrydag aangeval.
Hy sê Van Wyk se liggaam is deur familielede in die plaashuis aangetref. Ngoepe sê Van Wyk is vermoedelik verskeie kere met ‘n harde voorwerp oor die kop geslaan.
“Hy het verskeie oop wonde aan sy kop gehad.” Die plaashuis is geplunder.
Ngoepe sê dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes daar is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Van Wyk het glo alleen gebly.
Pieter Vorster, voorsitter van Agri-Letaba, sê daar was die afgelope ruk min of geen plaasaanvalle in die Letsitele-gebied. “Een geval is egter klaar een te veel.”
Vorster sê hulle het goed georganiseerde landboustrukture in plek en is deurlopend met die polisie in kontak.
Enigiemand met inligting kan kapt. Notoane skakel by 082 469 0900.
Het ons maar ‘n president gehad wat hierdie woorde ge-uiter het – ““Een geval is egter klaar een te veel.”.
Maar NEE, dis nie prioriteit nie, misdaad is mos onder beheer ne zuma !!!
Net een?
Twee studente is glo rasisties net om dat hulle soos bediendes aan trek maar wat v dit wanneer gaan ons terug veg
Die boere moet maak soos wat Rodesia se boere gemaak het stel weer die Bright Lights aan mense wat op die plaas self woon en hulle beskerm , testydse weermag soldate
Dit is soos ‘n refrein, al verskil is dat dit elke keer ‘n ander naam en van en ‘n ander plaas is.Hoe lank gaan ons nog stilsit ? Weet u, ek probeer my keer op keer indink hoe die vermoorde persoon sy/haar laaste tydjie op aarde ervaar het maar ek slaan bot toe. Om aksie van die parlementere patete te verwag is net so goed as om van ‘n koringaar te verwag om mielies te dra, almal van hulle is so verstrengel in hul eie beheptheid dat hulle self wroegel om asem te kry.My innige simpatie aan sy naasbestaandes, mag God julle versterk. Verder nog, mag God ons almal in hierdie land aktiveer om ‘n verskil tot eer van Sy Naam te maak, daadwerklik en spoedig
Dankie willie
Aan Piet van Wyk se familie:
God wat alle wonde heel sal ook jul wond heel met jul groot verlies.
Hou altyd vas aan Sy kleed. Jul het een wonderlike pa/broer gehad. Ek het vir Piet geken en hy was n besonderse mens.Al sit ek so ver van my land my gebede is met jul. Tannie Marie al wat ek kan se is: Ek is so verskriklik jammer! God be with you all the time.
Ja willie ek voel ook so. Wag maar totdat mens in dieselfde bootjie is. My kind is ook onlangs naby hazyview vermoor. Dis gald nie n grap nie. Sterkte aan daardie familie
Kan iemand my van maroela media my kontak asb.
Haai Mariesa
Stuur gerus ‘n epos na [email protected]. Ek het ook vir jou ‘n e-pos gestuur.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media
Hierdie moorde gaan nie ophou voordat die doodstraf weer terug gebring word nie.
Myns insiens sal dit nie terug gebring word solank as wat hierdie regering aan bewind is nie en ons sal altyd bedag op ons veiligheid moet wees.
Al wat ons as gelowiges kan doen is om aanhou om te bid vir hierdie land van ons.
When will us as white people be safe in our land the stupid fools kill the hand that feeds them and their kids.
Dis verskriklik! Doodstraf dis al! Want die tronk is soos ñ 5 ster hotel!