Boer se liggaam langs landery gevind

plaashek-pexels

(Argieffoto: Pexels)

’n 58-jarige boer van Mpumalanga is die afgelope naweek op sy plaas in die omgewing van Amersfoort vermoor. Hy is een keer in die kop geskiet.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het Maandag by navraag aan Maroela Media gesê Hennie Moldenhauer se liggaam is Sondag langs sy gestroopte sojaboonlandery op die plaas aangetref.

Hy het ’n skietwond by sy linkeroor gehad.

Die oorskot van ʼn swart hond is nie ver van Moldenhauer se liggaam nie aangetref. Die hond behoort volgens Hlathi nie aan Moldenhauer nie, maar vermoedelik aan sy aanvaller of aanvallers.

Drie patrone en ʼn 9-mm patroondoppie is ook op die toneel gevind.

Hlathi sê Moldenhauer se vrou het sy liggaam geïdentifiseer.

Moldenhauer het glo ʼn pistool en ʼn geweer by hom gehad, maar nie een van die vuurwapens is op die toneel gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

E ·

Ek het erens gelees hoeveel moored van Jan-Mar die jaar, op met 8.9 % of so iets maar dit is amper by 70 moorde ‘n dag.

Mariana ·

Cele nog een vir jou statistieke. Hoeveel moet daar nog wees voor dit as probleem beskou gaan word . RIV Sterkte aan sy familie.

Pieter J ·

Sommige mense is gewapen maar is bang om hul wapens te gebruik na voorvalle soos die op Piet Retief en word dan oorval. Ek dink ń tydelike tronksel is beter as ń graf.

Werner ·

Dink ons sal maar kammeras wat jy op jou klere kan dra dra.En dan moet jy maar skiet.Beter as om in hof te staan as om begrawe te word.

ES ·

Baie sterkte aan sy familie. Dis so onregverdig dat mens se lewe ‘n geweer en handwapen werd is…

Charl ·

Wééreens ‘n nodelose moord op ‘n PRODUKTIEWE BOER !! Hóeveel keer gaan ons nóg sulke statistieke sien (want dis ál wat hulle – die onskuldig vermoordes- is…statistieke)??? Gaan ons maar weer tot kalmte gemaan word soos op Senekal ? Ek glo nie. Boer, neem jou wapen op.

Tino ·

Dalk was hulle ook vermom as polisie manne, dink die minister is ook ‘n “fake”, help nie om hom te vra om iets te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.