“SEB is ʼn mislukte en skadelike beleid, en veral op die gebied van staatsverkryging het dit ʼn toksiese teelaarde vir korrupsie geskep, omdat dienslewering en produkte nie aan hul nut vir die publiek gemeet is nie, maar aan hul nut vir politici.”
Lees meerAlles vir Maandag 17 Mei 2021
Aansoek om SEB-inentingsbeleid te keer
“SEB vertraag die proses beduidend, verhoog dienskoste en verhoed maatskappye, wat nie aan SEB-vereistes voldoen nie, om aan die tenderproses deel te neem.”
Beurtkrag: Regering moet dringend sê oor IPP’s – Kaapstad
Stad Kaapstad is tans in staat om die impak van beurtkrag te verminder waar moontlik. Inwoners is tans slegs op fase 1-beurtkrag en nie fase 2-beurtkrag soos die res van die land nie.
ANC sal Magashule se aansoek teenstaan
Nasionale beamptes van die ANC het Maandag vergader en bevestig dat hulle Ace Magashule, die geskorste sekretaris-generaal, se aansoek om, onder andere, sy skorsing op te hef, sal teenstaan.
Tiener tydens Bloem-betoging doodgeskiet
ʼn 57-jarige sekuriteitswag is Maandagoggend in hegtenis geneem ná ʼn tienerseun tydens gewelddadige betogings in Bloemfontein doodgeskiet is.
Vermiste Jhb-fietsryer gevind
Kim Croeser is glo “verdwaas en verward” gevind.
ToekomsVenster: As die liefde ontbreek, kom dit tot niks
Waarin roem jy terwyl dit net dalk ontbreek aan die liefde? Vra die Here om sy liefde in jou hart uit te stort.
Hond vol motorolie al effe sterker
Honderde mense volg tans dié brawe brakkie se storie op die DBV se Facebook-blad en talle het reeds aangedui dat hulle Oliver graag sal wil aanneem.
Boer se liggaam langs landery gevind
Die boer se liggaam is langs sy gestroopte sojaboonlandery gevind.
De Klerk, kinders sorg eersdaags vir TV-vermaak
“’Kyk wie praat’ is my kans om opnuut na die wêreld te kyk deur die oë van klein mensies.”
Brandstofpryse: Mengelmoes vir Junie verwag
Hoewel daar steeds ʼn balans gevind moet word tussen internasionale aanbod en die vraag in oliemarkte, lyk die huidige verskille meer na die prentjie wat voor die Covid-19-pandemie gesien is.
GLA – sportnuts of meerdoelvoertuig?
Die vorige GLA was ʼn opgepompte luikrug. Dié een lyk egter meer bussie-agtig.
Is bottelbrief dalk ʼn skrywe van ʼn Titanic-passasier?
Kenners probeer steeds om die egtheid van die brief te bepaal.
Pofadder-moord: Hof sê oor borgtog
Suretha Brits staan as die baasbrein op die moord op haar man, Leon, tereg.
Oor verwysings na God as vroulik: Wanneer ons die Kerkgeskiedenis hoor
Die Woord en tradisie kon nog altyd hard en duidelik teen mans se afvalligheid spreek. Dit is presies wat ons Vader doen en sal doen wanneer mans sy beeld verwring.
Jag saam vir ’n goeie doel
Bakkies Botha, Adam Tas en Appel nooi jagters uit om weer vir ’n goeie doel te jag en deur #HelpJag te sorg dat behoeftige kinders en gesinne hierdie winter met lekker wildsvleis bederf kan word.
‘Monster van ʼn sikloon’ tref Indië midde pandemiekrisis
Sikloon Tauktae kan weens Indië se dodelike Covid-19-krisis nie op ’n slegter tyd tref nie.
Natasha Joubert wens Mej. Heelal-wenner geluk
“Ek hoop dat Suid-Afrikaners steeds trots is op my, al het ek nie ʼn plasing gekry nie.”
Mila Guy maak regisseursdebuut
“Dis ʼn vreemde proses om as regisseur jou eie stem te vind en om die een te wees wat die besluite moet neem. Daar is nie tyd om onseker te wees nie.”
Verbruikersake: Verbruikers kla meer oor banke
Die Ombudsman vir Bankdienste het in 2020 ʼn rekord aantal klagtes van 7 717 ontvang nadat die kantoor 6 472 klagtes in 2019 ontvang het, terwyl 7 230 sake in 2020 opgelos is. Ina Opperman het gaan hoor waarom verbruikers so ontevrede was en hoe hul klagtes opgelos is.