Bohaai oor omstrede oudjoernalis in Tito se span

Ranjeni Munusamy (Foto: Twitter)

Die aankondiging dat ʼn voormalige politieke joernalis van die Sunday Times, Ranjeni Munusamy, in die ministerie van finansies aangestel is, het Woensdag groot reaksie uitgelok.

Mashudu Masutha Rammutle, woordvoerder van die ministerie, het in ʼn kort verklaring bevestig Munusamy is aangestel as ʼn gemeenskapsuitreikbeampte. “Dit is die voorreg van die minister om enigiemand in sy span aan te stel volgens die voorskrifte van die ministeriële handboek.”

Tito Mboweni, die minister van finansies, het Dinsdagaand foto’s van ʼn vergadering van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR)-span gedeel. Hy het gespog met die span wat besig is om sy toespraak te skryf.

Munusamy is in 2019 deur senior- Valke-beampte Kobus Roelofse by die staatskapingskommissie geïmpliseer. In getuienis voor die kommissie is onthul dat ʼn bedrag van meer as R140 000 in 2008 glo van ʼn geheime fonds van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid aan Munusamy oorbetaal is om haar voertuiglening af te betaal.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het in ʼn verklaring gesê hy gee Mboweni sewe dae om Munusamy uit die amp te verwyder anders sal die party die relevante owerhede kontak om dit namens hom te doen. “Die EFF verwerp met minagting die aanstelling van Ranjeni Munusamy as politieke sekretaris tot die minister van finansies,” lui die verklaring. “Munusamy is ʼn oudjoernalis, oud-werknemer van die Vriende van Jacob Zuma Trust en die ontvanger van onverklaarbare geld uit die intelligensiefonds.”

Die party noem die aanstelling “roekeloos, gevaarlik en irrasioneel”.

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa, het ook op die aanstelling reageer. “Ranjeni Munusamy is nog nie onskuldig bevind ná bewerings van korrupsie nie. Sy het geweier om voor die Zondo-kommissie te verskyn om haarself te verdedig. Tog het [Tito Mboweni] haar aangestel om die begrotingstoespraak te skryf. [Jy is skaamteloos.]”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Heerlik om die gevegstoneel vanuit die pawiljoen dop te hou!! Hond eet hond!!!

Johann ·

Ja wel seker nie bo veedenking dat sy aangeatel is nie MAAR wat my te bowe gaan is die EFF wat luidkeels bohaai maak oor die beginsel van EERLIK en BO VERDENKING! IN YOUR FACE MALEMA en kie. Probeer die aandag aflei van die ondersoeke na hul eie vergrype.

Persheks Adri ·

Rooi petters: waar bly julle? Julle bly nou stil het julle gehoor! Julle het ALTYD baie te sê soos altyd. KILL THE BOER is ook mos aanvaarbaar vir julle! Tsek man tsek niemand hou van julle nie. Dit klink al weer of hy dreig met sy groot bek en niemand doen iets nie. Ek sal ‘n aar bars só irriteer julle my

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.