Bongi maak glo rassistiese opmerking teen Engelse flank

Bongi Mbonambi en Engeland se kaptein Owen Farrell. (Foto: Antonin Thuillier/AFP)

Bongi Mbonambi word deur sy eie spanbestuur ondersoek nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ʼn rassistiese opmerking tydens die Springbokke se kragmeting teen die Engelse Rose in die Wêreldbeker-halfeindstryd gemaak het.

Die beweerde rassisme was glo teen Engeland se flank, Tom Curry, gemik.

Curry voer aan dat Mbonambi hom gedurende die wedstryd ʼn “white c**t” genoem het.

Die flank sê hy het sowat 30 minute in die verloop van die wedstryd die skeidsregter Ben O’Keeffe genader om die beweerde aanmerking aan te meld en te vra wat hy in reaksie daarop moet doen.

“Niks nie, asseblief,” was O’Keeffe se antwoord glo.

Nadat die Springbokke vir Engeland met een punt geklop het, is Curry gevra of Mbonambi iets gesê het waarmee hy nie saamstem nie.

“Ja,” het die flank geantwoord voordat hy bygevoeg het dat “daar nie oor gepraat hoef te word nie”.

Mbonambi wou na bewering ook nie vir Curry ʼn handdruk ná die wedstryd gegee het nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Sondag gesê dat hy kennis geneem het van die bewering en ondersoek instel na die saak.

“Ons is bewus van die bewering, wat ons baie ernstig opneem, en hersien die beskikbare bewyse,” lui Saru se verklaring oor die saak.

“Ons sal met Bongi in gesprek tree indien enigiets gevind word om die bewering te staaf.”

Verbale mishandeling in rugby word selde gepenaliseer, hoewel die Engelse stut Joe Marler en Suid-Afrika se eie Jacques Potgieter al in die verlede daarvoor gestraf is.

Marler is verbied om twee wedstryde te speel vir opmerkings wat hy in 2016 aan Wallis se Samson Lee gerig het en Potgieter is beboet vir ʼn homofobiese opmerking op die veld in ʼn Superrugby-wedstryd in 2015.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe is dit nou rasisties ,die wêreld sal ‘n beter plek wees as alle politieke korrektheid geskrap word .

Christelle ·

Nou wat dink jy sou gebeur het as die Engels man dieselfde aan hom gesê het en net n ander kleur gebruik het? Dan was die gort weer gaar.

vuurvliegie ·

Een uitdrukking. “Swak Smaak” dit hoort nie by enige sportman nie. Hoop hy word goed gestraf anders gaan baie spelers wegkom met dieselfde gedrag.

Heinrich ·

Dit is rassisties want die woord ‘white’ is daar in die belediging ingegooi.

SwartBees ·

Met die verskil aan taal het Bongi dalk bedoel die wit kant lyn.

Renier ·

As jy nie afrikaans verstaan nie,kan jy maklik n fout maak neem ek aan. wit kant en groen kant,was die twee spanne.curry verstaan nie mooi nie,nou soek die kolonialis skoor met ons Bongi. Kerrie moet eerder loop tee maak….

Marisa W ·

Dit het al met my gebeur by die werk nogal – ek was vreeslik in die verleentheid toe ek dink aan wat ek gese het, moet toe mooi aan die Engelssprekendes verduidelik – gelukkig het ons toe almal daaroor gelag, maar dit kon iets baie leliks afgegee het

SwartBees ·

Ek het ook so stel af getrap toe ek n engelse meisie gedate het met my ”self defence” engels. Toe ons in my bakkie ry en ek by die stop straat vra of haar kant skoon is. Syt my geklap en net daar uit geklim en terug huis toe geloop. EK weet tot vandag nie wat haar so onstel het nie.

Ann ·

Ek stem. Diegene wat nie gewone Afrikaans verstaan nie, moet hul feite agtermekaar kry. Dat “wit kant” in Engels as rassisties beskou word kan mens verstaan, maar ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig.

Loun ·

Ek byt maar swaar aan dit…… die Pommies is agteraf en nog slegte verloorders ook.

Oljetter ·

Ja nee, die owerhede sal die saak moet ondersoek om te bepaal of hy wel wit is.

Roek ·

Ja nee dit sal omtremt die oplossing wees , maar as hy onkant is soos gewoonlki kon bongi mos se , bly aan die wit kant !!

Dandeleen ·

Curry moet asseblief ‘n Afrikaanse woordeboek gaan kry, die bokke praat Afrikaans met mekaar sodat die ander span nie verstaan nie, wat Bongi gesê het is wit kant, nie wat curry gehoor het nie.

Boatsie ·

Ek verstaan glo hy het Engels gepraat en Curry sê hy het die woord “you….” gebruik. Kom ons kyk maar as die waarheid uitkom.

Gaitsigubib ·

Kry Saru nie skaam om so te lieg, wanneer hul se: “verbale mishandeling in rugby word selde gepenaliseer”. Dis in elk geval nou n mooi nuwe beskrywing vir rassisme. As ek reg onthou is Eben Etsebeth amper sy hele loopbaan kwyt oor onbewysde bewerings van rassisme. Hoewel dit nie op die veld gebeur het nie was Saru oorgehaal om radikale stappe teen hom te neem. Het ons nou weer tedoen met dubbel standaarde hier?

Snowball ·

Engeland speel mos in wit.
Al baie gehoor hoe sê die skeidsregters “green ball”, of “scrum blue”.

Hannes ·

Hulle noem dit “suur druiwe” Curry, julle was nog altyd slegte verloorders. Bongi het gesê, “White Curry”… Jy het ‘n wit trui aan en agter op staan Curry.

Twallie ·

Kry dalk eers die feite…Soos ek verstaan het hy in ‘n skrum in Afrikaans gesê : “Wit Kant.”

Die Engelse speler het dit obviously verkeerd verstaan en nou raak almal weer mal.

George ·

Daar is geen bewyse van die nie, maar reeds spring jul op julle perdjies.

George ·

Sonder enige bewyse? Maar dan vra julle eers vir bewyse teen blankes?

George ·

Kry eers bewyse. Kyk, dit sal my nie verbaas nie, maar hy is ook nou nie die pinnacle van waarheid nie.

Theuns ·

Die toets is wat gaan gedoen word hieroor …. dis waar beginsels gevestig of vernietig word.

Nico ·

Dit is hoekom ek nie meer belangstel om na die huidige rugby te kyk nie, te veel vuilspel.

Carl ·

Ag hy het dalk net gevra dat die bal na hulle kant gegooi moet word.

Daisy ·

Ek sal seker gestening word, maar is is so bly ek hou my nie op met die rugby nonsens nie.
Ek is meer as een keer wakker gegil Saterdagaand deur sogenaamde rugbyondersteuners (die bure).
Rugby is nie meer rugby nie – dis politiek, brutaal en ‘n mors van tyd en geld.
Hierdie naweek sal ek iewers gaan kamp waar daar geen TV en geen rugby is nie.

Euodia ·

Stem 100% saam. Ek slaap deur rugby. Kyk liewers krieket al verloor ons

Toffie ·

Ek stem 100% saam met jou, daar is baie beter en lekkerder dinge om te doen as om na ‘n rugbywedstryd te kyk.

Pawiljoen Rot ·

Nou toe toe toe!!! Gaan hou julle besig met julle “dingetjies” sodat ons rugby ondersteuners lekker kan verder gesels.

Sonblom ·

Ek glo hierdie glad nie. Bongi speel dan saam met wit spelers. Wat wel sleg lyk is dat hy nie Curry se hand wou skud na die wedstryd nie. Maar dan weer… Ek sal ook nie iemand se hand wil skud wat my vals beskuldig nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek weet van swart klubspelers wat hul eie wit spanlede rassistiese beledegings toesnou. Klubbestuur sê net “bly stil en doen niks”. Wit spelers hou dan eerder op rugby speel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daisy, ek kan nog verstaan indien 10 jariges so skreeu. Maar wragtig, 30, 40, 50 jarige mans hardloop om hul huise en skreeu soos kinders. Druk motor toeters. Maar erger, die afrigterspanne van Nieu Zeeland, Engeland, Frankryk, Ierland en ander lande sit kalm in die losies en toekyk soos volwassenes. Maar die Suid Afrikaanse agrigters skreeu en spring soos kinders. Wonder wat dink die wêreld?

Roek ·

Ja , ek dink julle moet maar aansoek doen vir onafhanklikheid, , smaak jy pas daar , met die see op die voorstoep en die berg in jou” ÿard””

Roek ·

Ja ek dink dit word noui gebruik . Bongi het dalk gese bly aan die wit kant , jy is on kant !!

gpsa ·

Die rugby span skep die indruk dat als goed gaan in SA onder die ANC regering, terwyl ons mense daagliks maar nog vermoor en geskend word. As hy skuldig is laat hom gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.