Borgtog vir Glencoe-boer ná maande agter tralies

(Argieffoto: pixabay)

Die KwaZulu-Natalse boer wat byna ses maande in aanhouding deurgebring het nadat hy verlede jaar op aanklag van moord in hegtenis geneem is, is Dinsdag eindelik borgtog toegestaan.

Garth Simpson (67) is vanoggend borgtog in die hooggeregshof in Pietermaritzburg toegestaan nadat hy aanvanklik in Oktober borgtog in die landdroshof op Glencoe geweier is.

Simpson staan tereg op aanklag van moord nadat hy glo die 17-jarige Qiniso Dlamini in ʼn struweling op sy plaas in die omgewing van Dundee doodgeskiet het.

Daniël Eloff, Simpson se regsverteenwoordiger, meen sy kliënt het “ses maande te lank” in aanhouding deurgebring.

Regter Poyo Dlwati het vanoggend in die hooggeregshof beslis dat die landdros gefouteer het toe hy Simpson se aansoek van die hand gewys het op grond daarvan dat hy ’n gevaar vir die samelewing sou inhou en dat hy weens sy eie veiligheid eerder in aanhouding moes bly.

Volgens Dlwati kom dit in ’n video van die beweerde misdaad prima facie voor dat Simpson uit selfverdediging opgetree het en dus nié ’n gevaar vir ander inhou nie. Die regter het ook bevind dat die landdros versuim het om daarop ag te slaan dat Simpson ’n ander adres voorgelê het waar hy hangende die saak kan tuisgaan en dus nie in enige gevaar verkeer nie.

Van links: Jaques Broodryk Carl Simpson (Garth se broer) en Kerri Simpson (Garth se dogter) by die hof. (Foto: AfriForum)

Op die vraag oor hoe dit nou met Simpson gaan, het Eloff geantwoord dat dit uiteraand beter gaan ná die uitspraak. Sy familie was veral bekommerd oor sy gesondheid in aanhouding aangesien hy aan onder meer hoë bloeddruk ly.

Simpson sal nou weer op 15 Maart in die Glencoe-landdroshof moet verskyn.

Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, sê die burgerregteorganisasie verwelkom die hof se besluit om eindelik borgtog toe te staan.

AfriForum staan Simpson met regshulp by “omdat dit lyk of Simpson ’n baie goeie verweer het en moontlik suksesvol sal wees in sy verdediging, mits hy goeie regshulp het tydens die verhoor en nie die slagoffer word van nou al holruggeryde politieke en rasgebaseerde aantygings nie.

“Simpson is nie ’n bedreiging vir enigiemand nie, het geen kriminele rekord nie en het uit selfverweer opgetree. Howe moet besluite neem gebaseer op regsbeginsels en nie politiek nie. Die feit dat ’n lewe verloor is tydens die voorval is tragies, maar hoe die saak tot dusver hanteer is, is ’n growwe onreg wat reggestel moet word,” sê Broodryk.

Lees al Maroela Media se berigte oor die skietery op Simpson se plaas hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Frank ·

Hoekom is landroste verhewe bo die reg!!!! Kla hom aan, eis van hom skadevergoeding, gebrek aan inkomste ens!!!

Misky ·

Hoogtyd en bly vir die man. Werk solank aan daai eis teen die staat vir borgtog weier in eerste plek. Absoluut absurd en pure politiek wat weerspieël.

Cherokee ·

Die regter het ooglopend nie slegs die boer nie, maar ook die magistraat verhoor. Die landdros behoort nie skotvry hiervan weg te stap nie.

Cherokee ·

Natuurlik ja. Dit mag ook dalk iets soos ‘n departementele verhoor wees, maar as zuma hof toe gevat kan word, enige magistraat natuurlik ook.

Harley Davidson ·

Verwag ja,maar om dit te aanvaar is ‘n skande n teken van hoe pateties ons geword het onder die verdrukking.

ES ·

Daardie landdros moet in die pad gesteek word – hy het in noodweer opgetree. Ek sou met regsgeding begin teen die hof vir vergoeding as dit ek was.

Anel ·

Begin solank met siviele eis teen die landdros. Bly iemand het die lig gedien en hom op borg vrygelaat. Hoop dit is ook iets soos R100. 00!

Weston ·

Wonderlike nuus. Ons almal kan dankie sê vir Afriforum se regshulp. Baie sterkte vir die 15e Maart.

Danny ·

Maklik om altyd die rasse-kaart te gebruik. Net soos die ‘Joker’ in ‘n pak kaarte, gebruik hulle dit ook oral as hulle nie weet wat om te doen om iets oënskylik te regverdig nie… Dankie Afriforum!!!! Help Afriforum sodat een stem nie wegraak in die menigte rasse-stemme nie – sluit vandag nog aan by jou naaste tak dan dra jy ook by vanuit jou gemak!!

Swerwer ·

Rassehaat/diskrimenasie op sy beste. Garth sterkte en geregtigheid ten guste van jou sal geskied.

Ian ·

Ek sal graag wil weet wat gebeur nou met daai landdros wat so haatlik opgetree het

Di ·

Sal graag wil weet WIE is die Landdros wat borgtog in die eerste plek geweier het. Seker weer een van “our people”

Harley Davidson ·

Dit is n skande dat die man wat homself verdedig het vir 6 maande in ‘n tronk moes sit en ‘n malema se sake word aanhoudend uitgestel jaar na jaar en die grootste skande is ons aanvaar dit want dit raak ons nie totdat dit ons beurt is ek skaam myself om ‘n wit Afrikaner genoem te word.

Lillian ·

Ag asseblief, die polisie spéél weer die rasse kaart. Bewys vir my hoe is so ou oom ‘n bedreiging is vir enigiemand! Hoe absurd!

Papsak ·

Ja ek wil liewers niks se nie ek sal lelik raak maar is bly die boer is uit en ja sterkte vir hom

Johan ·

Kan ons nie die tekens lees nie? Hier word ‘n “Boer” toegesluit en borgtog geweier ten spyte van sy plaasadres, ten spyte van sy stand in die samelewing! Plaas-aanvallers, en meestal onwettige immigrante, kry ten spyte van GEEN vaste adres, bykans onmiddelik borgtog.

Hierdie boer is in opdrag van die skynheilige Rhamaposa aangehou om ons blankes ‘n les te leer. Probeer net iets, en julle sal met die volle mag van die korrupte regering te doen kry!! Geen boer sal na dese die vrymoedigheid hê om sy plaas te beskerm nie, want watter boer sal kan bekostig om ses maande in die selle te sit?

Hoekom dink u sit Janus Wallus nog steeds agter tralies, langer as wat Mandela aangehou was? Wanneer laas het u, u plaaslike SAPS besoek? Het u die vyandigheid opgemerk? Ons sit vas aan die slaap in hierdie land. Geen een van ons behoort nie lid van AfriForum te wees nie………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.