Borgtog vir moordverdagte ná speurder glo omgekoop word

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 46-jarige speurder van die Wes-Kaap het in die hof verskyn ná hy glo omkoopgeld geëis het in ruil daarvoor dat ʼn moordverdagte op borgtog vrygelaat word.

Die speurder, wat verbonde is aan die teenbende-eenheid in die Wes-Kaap, het Donderdag in die landdroshof in Wynberg verskyn op aanklag van korrupsie. Hy is vroeër die dag in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang dat die betrokke speurder ʼn bedrag geld aangevra het om borgtog en gepaardgaande vrylating te reël vir ʼn verdagte in ʼn moordsaak wat hy ondersoek.

“Die polisie het van die omkoopgeld te wete gekom. ’n Geheime operasie is van stapel gestuur en die geld is aan die speurder oorhandig. Hy is by die Wynberg-hof in hegtenis geneem nadat die geld in sy besit gevind is,” bevestig Van Wyk.

Die polisie moedig mense aan om enige korrupte gedrag by die polisie aan te meld deur 0800 701 701 te skakel.

“Die gemeenskap is daarop geregtig om gedien en beskerm te word deur polisiebeamptes met integriteit wat nie sal swig voor misdaad en korrupsie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

“Die gemeenskap is daarop geregtig om gedien en beskerm te word deur polisiebeamptes met integriteit wat nie sal swig voor misdaad en korrupsie nie.” Ag asseblief, wat nie sal swig voor misdaad en korrupsie nie. Hulle is in die minderheid.

Swerwer ·

Tyd dat die hele Polisiemag ontslaan word en daar ordentlike opgeleide, betroubare kandidate aangestel word wat deur die keuring van 25 jaar gelede gaan.

SjN ·

Ek laat my nie vertel dit was die eerste keer nie, loopbaan verseker verby.

Frank John ·

Neeeeee, kry nou ere rol en status. Loopbaan nou versterk.

Frank John ·

As die base skelm is hoe kan jy verwag dat die klaase nie moet wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.