Brand by parlement dalk terreur

‘n Klag van terreur staar Zandile Christmas Mafe (49) nou ook in die gesig. Hy word daarvan beskuldig dat hy die brand by die parlement gestig het. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, word nou ook van terrorisme aangekla. Aanklagte van roof en brandstigting staar hom reeds in die gesig.

Zandile Christmas Mafe (49) het Dinsdag vir die tweede keer in die hof verskyn nadat hy op 2 Januarie, kort nadat die brand wat groot dele van die kompleks in puin gelaat het, in hegtenis geneem is. Hy het drie dae later vir die eerste keer op die aanklagte teen hom in die hof verskyn.

Mafe is aanvanklik daarvan aangekla dat hy by die parlement ingebreek het, sowel as van brandstigting en die bedoeling om te steel – onder andere skootrekenaars, breekware en dokumente – voor die nuwe terreuraanklagte Dinsdag bygevoeg is.

Volgens die nuwe klagstaat is die beskuldigde “skuldig aan die oortreding van bepalings van … die beskerming van die konstitusionele demokrasie teen terreur en ander verwante bedrywighede”.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het buite die hof gesê die staat het ʼn sesde aanklag bygevoeg – dat die beskuldigde ʼn toestel in die parlement laat ontplof het.

Die brand het kort voor sonop op 2 Januarie uitgebreek en na die vleuel wat die Nasionale Vergadering huisves, versprei. Dié saal is heeltemal verwoes nadat die dak onder meer ineengestort het.

Buite die hof het betogers saamgedrom en Mafe se vrylating geëis. Hulle voer aan daar word van hom ʼn sondebok gemaak.

Dali Mpofu, Mafe se regsverteenwoordiger, sê sy kliënt is verlede week vir sielkundige waarneming gestuur en paranoïese skisofrenie is by hom gediagnoseer.

‘n Groep betogers buite die Kaapstadse landdroshof eis Mafe se vrylating. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Mpofu is een van Suid-Afrika se bekendste advokate en het al hoëprofielfigure soos oudpres. Jacob Zuma verteenwoordig. Hy vra die hof nou om Mafe op borgtog vry te laat.

In teenstelling met sy eerste hofverskyning, toe hy bebaard en in ʼn grys hemp en knielengte denimbroek in die hof verskyn het, was Mafe vandag skoongeskeer en geklee in ʼn ligblou hemp en donker baadjie.

Daar het sedert sy inhegtenisneming ʼn debat ontstaan oor of Mafe, wat in sommige mediaberigte as haweloos beskryf word, werklik verantwoordelik was daarvoor om die gebou aan die brand te steek.

ʼn Groep van sowat 30 mense het buite die Kaapstadse landdroshof betoog en geëis dat Mafe vrygelaat word. Hulle het plakkate rondgeswaai met die woorde “Free Mafe”, “He is innocent” en “He is not guilty”.

Dali Mpofu, een van die land se bekendste advokate, is Mafe se regsverteenwoordiger. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Een hawelose man onthou die gebeure op die aand toe die brand ontstaan het. Volgens hom het hy op ʼn straat naby die parlementêre kompleks geslaap en ʼn geluid gehoor wat soos ʼn motorbotsing geklink het. Hy het later begin vermoed dit was die slag waartydens by die kompleks ingebreek is kort voor die brand uitgebreek het.

ʼn Voorlopige verslag deur die Stad Kaapstad het verlede week gewys die brandopsporingstelsel het “foutief” gelyk en dat “sproeiers nie geaktiveer is nie”. Dit is boonop in 2017 laas gediens.

Dit het tientalle brandbestryders langer as twee dae geneem om die brand in bedwang te bring.

Geen beserings is aangemeld nie, maar die omvattende skade het die land geskok en die owerhede onder andere gedwing om die jaarlikse staatsrede deur die president na ʼn alternatiewe lokaal te verskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Tubac ·

Dalk terreur! Pleinweg vandalisme. Mpofu sy regsverteenwoordiger. Slang in die gras. Wonder wie wil nou dinge onder die mat invee.

Herman ·

Ek stem. Hoekom sal Mpofu hom ophou met n hawelose man. Iets nie reg nie.

casper ·

Sjoe ne !!
Nou gaan hulle nog die perd as mal verklaar en kan hom dan nie formeel aankla nie —
Dis ‘n klug want hulle het iets om toe te smeer !!!

Shakespeare ·

Dalk vertaal in ANC/EFF taal…..gladnie, Want dit kom vd top bestuur af.

JM ·

Dali Mpofu verdedig graag ‘muishonde’ van die samelewing. Skree ook graag in die hof vir ander partye om te “shut up!”

koos ·

“sê sy kliënt is verlede week vir sielkundige waarneming gestuur en paranoïese skisofrenie is by hom gediagnoseer.”
Die man is nie ‘n krimineel nie, hy is regeringsmateriaal. Kan selfs nog as president verkies word, wie weet?

JM ·

Deesdae is daar by te veel die neiging dat verkeerd reg is en reg verkeerd.

Misky ·

Die hawelose man kan Mpofu aanstel as prokureur??? Ons almal weet Mpofu sal nie verniet werk nie, so hoe maak dit nou enigsins sin.

Johanncb ·

Skuldig of onskuldig, hy gaan nie die skade betaal óf die waardevolle items vervang nie!

Cherokee ·

Julle sê Mpofu is ‘n bekende regsverteenwoordiger. Nog nooit die indruk gewek dat hy baie suksesvol is nie.

Jr ·

Ja Dhali mphofu is bekend in SA – Oor hy verteenwoordig al die korrupte kriminele van parlament en vir die min suksesvol vervolgings agter sy naam

Marius ·

Kan hy regtig op straat vrygelaat word as hy skisofrenie onder lede het? Hy moet mos in ‘n psigiatriese hospitaal opgeneem word vir behandeling.

Deon ·

Dit is waar, daar was so paar kaar gelede n heval in Secunda wat n skisofreen n paar mense met n hamer in n inkopie sentrum dood geslaan het

SlinkseKoljander ·

Alles is gereel deur die ANC van die persoon wat die brand stig tot sy lawyer en die mense wat buite betoog. Een groot klug spul, die ANC wil die land inskerwe los vir die volgende regerende party om te kom reg maak. Ek kan nie daai vrou se plakaat glo nie, vader help die dom mense.

B-Man ·

Daardie plakkaat in die foto is vir my die beste. Lys van goed wat nie misdaad is nie. Ironies hoe Mafe nie vir een van die goed op die lys in aanhouding is nie…

Frikkels ·

Dit is die regering van die dag se manier om die soustrein aan die loop te hou. Waar kry ñ hawelose die geld om nuwe klere te koop vir ñ hof verskyning en waar haal hy die geld vandaan om sulke duur regsverteenwoordiging te betaal? Ag nee man! Dink die regering ons is onder ñ kalkoen uitgebroei? Die anc kon nog nooit voortbestaan sonder een of ander vorm van terrorisme nie. In hierdie geval gebruik hulle die eff as instrument om terreurdade te pleeg en ook agterna betogings te hou om die culprit onskuldig te probeer bewys. Dis waaragtig om van siek te word!

Dr Pieter ·

Die plakkate vir sy vrylating is professioneel gedruk. Wie sit daaragter en wat is hulle agenda?

007 ·

Blackness is not a crime sê die plakkaart, maar om die Parlementsgebou aan die brand te steek is wel.
Ek ruik n rot in hierdie hele ding. En sy naam is ANC.

Johann ·

So hys oppad na n KADER POS? Dis tog hoe die ANC aan bewind gekom het…en bly.

Perdeby ·

Met die klagte terreur gaan hy beslis nie borg kry nie, dit kan ek al sy ondersteuners waarborg. Sien die EFF het hom ‘n makeover ook gegee. Ek wonder maar net hoekom was hulle so vinnig om hom te teenwoordig?

Johannes_64 ·

Die hele gedoente is moontlik net die resultaat van die beskuldigde se kognitiewe vermoë, dalk nie eers bewus dat ‘n parlement ‘n baie belangrike gebou is nie.

Deon ·

Hoe meer meel jy bygooi, hoe dikker word die pap, dit laat dit later oneetbaar…. Een hele klugspul, “decoy”

Anel ·

Daar is ‘n paar goed wat ek wil weet: as die spul betogers sê dat hy o skuldig is, wat se bewyse het hulle? Dan wie het die plakate gedruk, want iemand moes? Wie betaal sy regskostes, as hy dan nou kwansuis haweloos is? En hoe kan hy binne ‘n dag met skisofrenie gediagnoseer word? Wanneer was hy dan in ‘n psigiatriese hospitaal vir waarneeming? Moet ‘n hof hom nie verwys nie? En as hy al lankal gediagnoseer is, wat soek hy nog op straat? Verder dink ek ‘n Zuma is ook betrokke na aanleiding van die Zuma vrou, of dan nou sy dogter, se uitlatings. En daar kom niks daarvan nie. So, dink die ANC werklik die res van hierdie land se inwoners is so onnosel om hulle twak te glo? Net soos hulle die toestand in die land net vergerger omdat hulle nie weet hoe om enigiets te hanteer nie!

Johanna ·

Vegeet van die Homeless man en begin om die wat nie hulle werk.gedoen het nie te vervolg, te dissiplineer en versntwoordelik te hou..FIRE die wat nie hulle werk gedoen het nie. 2017 laas gediens????
Hulle wat dit toegelaat het om Valkenburg toe vir waarneming. Waar is die HEALTH EN SAFETY OFFICER. FIRE HOM OF HAAR..

Tokkel ·

Die mense wat die plakkaat wys, verstaan hulle waaroor dit gaan??? siestog vra asb hul skoolgeld terug, want hulle mors die land se geld.

Sarel ·

Ag so…geen nalatigheid asn kant van Deot. nie.
Cgwen klag van Tereur teen enige iemand vir
Dade in KZN nie. Hoe word dit bereken

Andries ·

Spreek boekdele dat een van die land se belangrikste geboue deur n hawelose man ingeval word.. Top klas sekuriteit vir die hele wêreld om te sien. Dit weerspeël ook ons regering se onvermoeë in enige iets wat hul aanpak. Wat n goeie grap

Benita ·

En sy 2de naam is Christmas. Hoop hy sit in die tronk voor Christmas

Sonja ·

Slang in die gras, hy is haweloos het sekerlik skaars kos, hoe op aarde sal hy nou die gebou met vuurhoutjies en parrafien kon afbrand en waar kry hy ploftoestelle wat in sy plakkershut gevind is, in die hande?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.