Nóg ʼn skool in Mpumalanga is verwoes nadat dit deur onbekende boosdoeners aan die brand gesteek is.
Dit kom nadat twee skole in Siyabuswa die afgelope naweek aan die brand gesteek is, glo weens ontevredenheid oor die uitslae van tussenverkiesings in die gebied.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê ondanks ʼn waarskuwing van die polisie dat brandstigting nie geduld sal word nie, is die Lethukuthula Primary School in Matsulu Dinsdag aan die brand gesteek. Vier klaskamers en ʼn stoorkamer by dié skool is verwoes.
“Dit lyk of sommige lede van die gemeenskap nie gehoor wil gee aan die polisie se waarskuwings nie,” het Sedibe gesê.
Maroela Media het vroeër berig Sello Matshoga, woordvoerder van die ANC in die Nkangala-streek, het gesê gewelddadige betogings het Donderdag in Siyabuswa begin nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangekondig het dat die ANC-kandidaat, Phumzile Mnguni, die onafhanklike kandidaat, Lucky Ntuli, geklop het. “ʼn Groep mense het die straat versper en na die plaaslike kantoor van die OVK opgeruk. Die groep beweer die uitslag is nie die ware weerspieëling van die tussenverkiesing nie. Ons sê ons het wyk 7 regverdig gewen en hulle moet hof toe gaan as hulle nie tevrede is nie,” het Matshoga gesê.
Dit is nie in dié stadium duidelik of die voorval in Matsulu, wat ongeveer 340 km van Siyabuswa geleë is, ook met ontevredenheid oor tussenverkiesingsuitslae verband hou nie.
Enigiemand met inligting oor die brandstigting in Siyabuswa word versoek om kol. Kgobeng Magakwe by 082 302 6621 te bel. Om inligting deur te gee oor die voorval by Matsulu kan sers. Elvis Shiba by 082 793 7141 gebel word.
Verstommend! Hoe redeneer jy as jy dink die afbrand van ‘n skool, kan politieke kwessies oplos? Jy dien jou eie gemeenskap se opvoeding en ontwikkeling ‘n nekslag toe, jy benadeel kinders te toekoms en bereik NIKS! Afwesigheid van logiese denke en selfbeheersing terwyl anargie en ‘n gees van verwoesting seëvier. Opvoeding het reeds gefaal.
Tipies derdewêreld, staan grootoog bakhand vir dienste. Die dienste wat was en deur hulle vernietig is!Tragiese agteruitgang in ‘n land wat alles gehad het, ‘n land wat ekonomies vir sy inwoners alles kon gee, maar die keuse is vernietig en plunder.
Die polisie “sal nie brandstigting duld nie”. Wat ‘n grap. Die polisie doen eenvoudig niks en die boosdoeners weet dit. Die onderwys departement het lankal gedreig hul gaan nie weer skole herstel nie maar elke keer word dit reggemaak. Laat die gemeenskap self verantwoordelikheid neem vir hul wandade en gee skool onder die boom todat hul tot hul sinne kom.
Dis wat jy kry van free education
Boerseun, dis die verskil tussen gratis en verniet. Hulle kry gratis onderwys, maar dis alles verniet.
Nee maar dit gaan mos lekker in SA
En die kinders bly dom, want die skool is afgebrand.