Brandstigting: ‘Misdaad wat nie geduld kan word nie’

(Foto: Joey Govender via Fleetwatch/Facebook)

Sindisiwe Chikunga, die minister van vervoer, het groot kommer uitgespreek oor vragmotors wat die afgelope paar dae in KwaZulu-Natal en Mpumalanga aan die brand gesteek is. Voorvalle is vroeër ook in Gauteng aangemeld.

“Dit is misdaad wat nie geduld kan word nie. Hierdie kriminele pleeg ekonomiese sabotasie. Dit moet tot die ergste straf moontlik – binne wetgewing – lei,” het sy gesê. “Ons padnetwerk is die lewensaar van ons ekonomie en vervoer waardevolle goedere wat die wiele van ons ekonomie laat draai.”

Volgens haar word meer as 80% van alle vrag op paaie vervoer.

“Die padverkeersowerhede werk nou saam met ander wetstoepassers om maksimum waaksaamheid te verseker en die oortreders aan te keer.”

Sy sê die regering het ook ʼn platform vir gesprekke beskikbaar gemaak vir enige persoon met griewe oor werksomstandighede in die padvragbedryf. “Vordering word gemaak om die kwessies op die tafel aan te roer.”

Die ministerie werk saam as deel van die interministeriële komitee.

“Gedrag deur enige persoon wat nie binne dié ooreengekome raamwerk val nie, sal nie geduld word of goedgekeur word nie. Ons doen ʼn beroep op wetstoepassers om diegene, wat dink hulle kan ons ekonomie saboteer, aan die volle mag van die wet te ontwerp. Ons sal nie toelaat dat ons paaie gebruik word as ʼn arena om misdaad te pleeg nie.”

Nasionale polisiewoordvoerder brig. Athlenda Mathe het intussen bevestig die polisieminister en bestuur van die SAPD sal Woensdag meer besonderhede verskaf oor die polisie se reaksie op die geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Kyk na rekords…baie min vervolginngs vir
Brandstigting vind plaas is S.A..

Pietertjie ·

Is hierdie misdaad erger as die Staatskaping wat deur die ANC gepleeg word?

Harley Davidson ·

Plaasmoorde kan ook nie geduld word nie maar nie alleen gaan dit aan nie dit vermeerder.

Papsak ·

Ag asb julle kan niks stop nie julle woord geleer mag nie geduld word nie as niks geduld mag word nie hoekom lyk SA dan so mmm

Hendrik ·

Ons hoor elkedag – dit of dat sal nie geduld word nie, maar het nog geen vervolging of straf oplegging gesien nie. Die regering is nie in staat om krimenele te vervolg nie en het ook nie ‘n plan nie. Die betrokke ministers – Polisie en vervoer sit net stoele warm en doen niks.

Shakespeare ·

Verstaan dit nie. Ons DULD dan ‘n korrupte verraderlike en verwoestende regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.