Brandstofprys kan tot rekordhoogte styg

Argieffoto

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Donderdag gesê brandstofpryse kan in Junie rekordhoogtes bereik.

Die AA sê in ʼn verklaring die skerp styging is weens sterker internasionale oliepryse en ʼn onderverhaling wat van April af oorgedra is.

“Die rand het in Mei taamlik na aan die Amerikaanse dollar verhandel. Internasionale oliepryse het egter onder sterk druk gekom en is verantwoordelik vir twee-derdes van die prysstyging wat op Woensdag 6 Junie in werking tree,” lui die verklaring.

Die AA verduidelik ʼn beduidende onderverhaling is van April oorgedra toe die departement van energie teen maandeinde die brandstofprys teen ʼn sterker rand/dollar-wisselkoers bereken het.

“Die maandeinde het weens die talle publieke vakansiedae vroeër as gewoonlik gesluit, waarna die rand byna 60c teen die Amerikaanse dollar in ʼn kwessie van ʼn dag gedaal het. Dit het beteken ʼn beduidende styging in die brandstofprys was sedert die begin van Mei  ʼn moontlikheid.”

Motoriste kan na beraming ʼn styging van 85c per liter verwag. Diesel sal volgens die skatting sowat 87c per liter duurder wees, en paraffien met 82c per liter verhoog word.

Verlede maand het die prys van 93-oktaan-petrol met 49c per liter gestyg. Die prys van 95-oktaan-petrol het 49c per liter duurder geword, 0,05%-sulfaat-diesel het met 59c per liter gestyg en 0,005%-sulfaat-diesel is met 58c per liter verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Arno ·

Dink dit is tyd dat ons ophou om die bollie van internasionale olie prys te glo vir die verhogings. Net nog n manier om geld uit hardwerkende belasting betalers te kry en die arm mense nog verder te verdruk. Ons moet net saamstaan en by een petrol maak begin ingooi. So moet die ander pryse drop om klante te trek. Dit is al. Gee hulle bietjie van hulle eie medisyne. Gaan maak die somme julle sal sien ek is reg. So versprei die woord. Kies BP of Engen of enige ander brand. Maar laat almal net by een ingooi. Ons sal die prys so weer afkry na R 5 n liter

Platkop ·

Die brandstofprys vir petrol word gereguleer. Die petrol stasies en ook die olie maatskappye kan niks daaraan doen nie. Die dept van Energie bepaal die brandstof(Petrol) prys. Diesel is ongereguleerd, dus kan garages vra wat hulle wil. In Centurion is die goedkoopste vs duurste dieself omtrent 60c per liter.

Oom Kalahari ·

Salaris verhogings eise deur Unies, stakings en cANCcer se verkieings veldtog vir 2019 het ‘n inspuiting nodig.
@Arno, ek hoor wat jy se maar sou die meerderheid van mense bv BP (British Petroleum) gebruik as ondersteunings maatskapy en Sasol asook ander vulstasies verloor finansieel, dan gaan hul BP net boikot en brandstof voorsiening daar gaan opdroog. Brandstof raak ‘n manipulasie faktor omdat dit ‘n produk is waarsonder die publiek nie kan oorleef. In Afrika lande gaan dit so en net die welgestelde Staats amptenare en met belasting betalers geld trek voordeel asook die rykes alleen wat dit kan bekostig. Voertuig onderhouds kostes, bande, olie, brandstof ens word onbekostigbaar en dwing mense om van publieke vervoer gebruik te maak of terug na die Perde/donkie kar en fietse.

Jef ·

Dit maak nie saak oor hoe hoog die brandstofpryse styg nie want mense sal altyd hul karre ry al moet mense droog brood eet en water drink en hul kinders honger skool toe stuur.
Kar ry is mos belangriker dan die gesondheid van hulself en hul gesinne.

Cherokee ·

My kantoor is ± 200 meter vanaf my huis en ek gaan maar voetslaan daarheen. O wel, mens moet oefening kry.

Mandi ·

Dit raak nou belaglik
Die rykes word net al hoe ryker en die armes en middelklas mense trek die swaarste…
En dan word daar gese die hoe koppe dra die mense se belange op die hart….. Dit is SNERT

Andre ·

n Interresante vraag is , hoe kry Botswana reg om hulle petrol te verkoop teen R7.60 n liter en hulle kom laai in SA en vervoer die nog na Botswana. Die selfde petrol by dieselfde laaipunt gelaai en tog… betaal ons dubbel soveel?

Anton ·

Dept van Energie bepaal petrolpryse dws dis gereguleer. As ons ru olie aankoop van Suid-Amerika, Nigerie en Angola wat nie onder Brentpryse val nie, wat gebeur met daardie ekstra geld? Die lande se olie is goedkoper as Brent.

Antwoord ·

Ek het net st. 3 (sonder houtwerk) en weet dus nie die antwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.