Brandstofpryse sal skerp styg in April

Grafika: Paul Joubert

Grafika: Paul Joubert

Motoriste kan hulself staal vir ʼn groot styging in brandstofpryse vanaf 6 April.

Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het Woensdag aan Maroela Media gesê indien die huidige onderverhaling op petrol tot 31 Maart voortduur, sal die prys van ʼn liter 95-oktaan petrol in Gauteng op 6 April met sowat 90c styg. Die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng sal onder dieselfde omstandighede met sowat 87c styg. Die Gauteng-groothandelprys van diesel met ʼn 0,05% swawelinhoud sal met ongeveer 95c per liter styg en diesel met 0,005% swawel sowat 97c. In die kusgebiede sal die prysstygings op alle soorte brandstof sowat 5,4c minder wees, aangesien die pas-aangekondigde styging in Transnet se pypleidingskoste nie in die kusgebiede toegepas word nie.

“Die rand was tot dusver in Maart gemiddeld ietwat sterker (R15,51) teen die dollar as gedurende Februarie (R15,79) maar die internasionale pryse van grootmaat-petrol en -diesel was heelwat hoër. Hierdie hoër internasionale pryse, gekoppel met die jaarlikse styging in die belasting op brandstof – vanjaar is dit 30c – is wat tot die verwagte hoër brandstofpryse aanleiding gee,” het Joubert gesê.

Volgens Joubert word die kleinhandelprys van petrol en die groothandelprys van diesel in Suid-Afrika maandeliks aangepas na gelang van die vorige maand se internasionale pryse van petrol en diesel in dollar, wat dan na rand omgeskakel word. “Die prys van olie speel nie direk ʼn rol in die berekening van hierdie pryse nie, aangesien die dollarpryse van klaarvervaardigde petrol en diesel by internasionale raffinaderye gebruik word. Die prys van olie is slegs een van die insetkostes vir hierdie raffinaderye – dit beïnvloed nie die totale produksiekoste van die raffinaderye nie.”

In sy begrotingstoespraak in Februarie het die minister van finansies aankondig dat die belasting op brandstof met 30c per liter sal styg op 6 April. Hierdie veranderinge aan die bedrag belasting per liter word altyd eenmalig in April van elke jaar gemaak en die bedrag bly dan konstant vir die res van die jaar. Op die oomblik is die totale belasting op ʼn liter 93-oktaan petrol R4,13 en op ʼn liter diesel is dit R3,98.

“Indien die prys soos verwag met 87c styg, sal 93-oktaan petrol in Gauteng in April R12,33 kos, 2,2% laer as in April 2015. Indien dit met 95c styg, sal die groothandelprys van diesel met 0,05% swawelinhoud R10,53 wees, 6,2% laer as in April 2015.”

Hierdie verwagte veranderinge in die pryse is slegs aan ʼn geringe mate van onsekerheid onderhewig, aangesien die betrokke berekeningstydperk byna verstreke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

pottie ·

Alles gaan op behalwe die salaris! Ons sny waar mens kan. Onregverdig.

Johan ·

Hoekom is sasol brandstof en diesel duurder as brandstof wat ons land invoer ,Wat help Sasol brandstof ons dan as dit duurder is as ingevoerde brandstof , is Sasol nie veronderstel om ons produk te wees nie en goedkoper aan ons land se mense behoort te verkoop word en as ander lande ons branstof wil gebruik hulle dan ten duurste moet betaal nie ons nie .
Daar word nie na ons land Suid Afrika se mense gekyk nie.

Paul ·

As jy dink Sasol maak vreeslik baie wins ten koste van jou, is daar ‘n maklike oplossing. Koop Sasol-aandele. Dan word jy ‘n mede-eienaar van Sasol en sal jy dividende kry in goeie tye.

As jy wag vir iemand om “na jou te kyk” gaan jy lank wag. Kyk eerder na jouself.

Conrad ·

Johan, as jy mooi kyk is Sasol se pryse op veral diesel goedkoper as die res van die verskaffers, veral op die 10ppm diesel. Maklik met 10c na 20c goedkoper as die ander se 50ppm. Ek praat van die Sasol garages in Voortrekkersweg Pretoria.

jaco ·

ek kan verstaan dat die stygende pryse ‘n manier is om ryk wit mense vir die onderdrukking van apartheid terug te kry, maar dink die swart wetgewers wat die pryse so laat styg ooit daaraan dat hulle swart rasgenote, van wie baie nog steeds armer as die ryk wit mense is, OOK ly onder die stygende pryse?

Paul ·

Die pryse styg nie om “ryk wit mense vir apartheid te straf” nie… Die idees waarmee mense darem alles in hul koppe rondloop!

BoereBikerBaby ·

Sipho en sy makkers sal daai moewiese luukse Hummers ens moet verruil vir ‘n i10 of iets want daai spoggerige karre gaan baie petrol kos om hul “image” te streel…

Theresa ·

Ha ha ha! of ‘n donkie – sal Metro my toelaat om ‘n skatlike donkie vir ‘n ryding te gebruik? Hier in die omgewing is ons sypaadjies so oorgroei met gras, dat ek daar my deel sal bydra om hom so ‘n bietjie te laat wy so op pad werk toe en smiddae terug ook. Dan hoef die stadsraad nie so skuldig te voel oor die geld wat ons betaal (ELKE maand – baie getrou) vir stadsreiniging en sypadskoonhou nie…

Jan ·

Vergeet ń bietjie van SASOL ,wat van mosgas wat so winsgewind is en ń staats instansie is.

Paul ·

MossGas sal bly wees om te hoor dat hulle winsgewend is. Die plek maak ‘n reusagtige verlies. Jy kan die state op PetroSA se webwerf kry. Die gas is op.

Jaques ·

Paul,

ALLE staats instellings ly verliese, so hoe akuraat is daardie kamptige verlies wat MossGas wys op hul state…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.