Brandstofpryse vir Desember aangekondig

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die prys van petrol styg Woensdag terwyl diesel goedkoper sal wees.

Die prys van petrol sal met 22c per liter styg terwyl die prys van diesel met tussen 15c en 16c per liter sal daal, het die departement van minerale bronne Dinsdag bekend gemaak.

Die Outomobiel Assosiasie (AA) het vroeër gees ʼn afwyking in internasionale pryse het dié ongewone prentjie vir brandstofpryse vir Desember geskets.

Die prys sluit in die jaarlikse verhoging in die groot- en kleinhandelwinsgrense wat op die eerste Woensdag van elke Desember aangepas word.

“In die afwesigheid van enige onverwagte politieke of ekonomiese skokke is ons versigtig optimisties oor die stabiliteit van brandstofpryse terwyl ons 2020 tegemoet gaan,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bertha Bok ·

Waar gaan diè geld heen? ons word leeg gesuig. nou gaan die kos en vleis ook weer duurder word. Ons kannie meer nie. Die sakke van die Parlement en sy kaders word alweer volgestop want dis mos Kersfees.

Semanet ·

Ja nee, ons almal het dit verwag !! Almal gaan mos in Desember op vakansie en gaan baie meer petrol gebruik word… so kom ons sit die petrol pryse op, sodat ons meer Miljarde Rande het om weg te gooi in hulle sakke in…

Andre ·

Die uitbuiting van die verbuiker gaan ongehinderd voortgaan en aanhou vererger. Dan wil die regering ons probeer wysmaak dat die inflasiekoers onder 5% is – totale bog as mens sien hoe pryse reg deur die bank aanhoudend styg. Stygings van 300% op ‘n kositem binne ‘n maand is niks ongewoon nie.

Andre Coetzee ·

Ja dit was te wagte.Hou in gedagte dat volgende jaar Februarie kom rommel status en dan gaan die wat betaal nog heelewat meer moet betaal.Die RSA Titanic sink.Geen grappies of meskien dalk nie.Ons gaan almal die koue water om ons voel.2020 Gaan nag wees vir die belasting betaler.

Irma ·

Die eerste berigte rakende Desember se brandstof pryse het bespiegel dat diesel met 22 of 23c kan daal. Maar soos met elke vorige daling lyk dit my vat die regering weer hul deel sodat net 15 of 16c op die einde deurgegee word aan die verbruikers. Mens kry die ideë dat die regering so min aan korrupsie steur omdat die redenasies wat hulle het ‘n integrale deel van die ANC is.

Dries Moolman ·

So ons sal maar minder rondry hierdie vakansie, en so geld spaar deur tuis te bly. Toerisme sien dus sy alie en die ekonomie gly nog verder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.