Brics nie meer blok waar SA hoort – DA

Brasilië se pres. Luiz Inacio da Silva, China se pres. Xi Jinping, pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika, Indiese eerste minister Narendra Modi en Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov. (Foto: GCIS)

Die nuwe, uitgebreide Brics-groepering waaraan ses nuwe lande – waaronder Iran en Saoedi-Arabië – nou ook behoort, is ʼn blok waar Suid-Afrika nie langer hoort nie, aldus die DA.

Die opposisieparty is veral bekommerd oor Iran en Saoedi-Arabië se insluiting in die groepering aangesien slegs drie van die huidige vyf Brics-lidlande (Suid-Afrika, Indië en Brasilië) tans as vrye demokrasieë beskou kan word.

“Die toevoeging van twee nuwe lidlande wat deur outoritêre regimes met kommerwekkende totalitêre neigings bestuur word, kan die skaal laat kantel ten gunste van ʼn onliberale, onderdrukkende en outokratiese benadering tot buitelandse betrekkinge en handel.

“Dit is ʼn wêreld waarin Suid-Afrika, as ʼn liberale grondwetlike demokrasie, absoluut geen plek behoort te hê nie,” sê Emma Louise Powell, die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking.

Pres. Cyril Ramaphosa Donderdag tydens die Brics-beraad. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Maroela Media het vroeër berig Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika het tydens vandeesweek se Brics-beraad besluit om uitnodigings aan Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate te rig om hulle by die blok aan te sluit.

Die kriteria waarvolgens die lande uit meer as 20 aansoeke gekies is, is steeds nie bekend gemaak nie.

Powell sê dit is ook onduidelik watter gemeenskaplike visie Suid-Afrika moontlik met nasies kan deel wat die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrika staan, fundamenteel teenstaan.

Sy verwys dan spesifiek na die hantering van vroue in Iran en Saoedi-Arabië – “ʼn belediging van Suid-Afrika se onwrikbare verbintenis tot menseregte en geslagsgelykheid.

“Hierdie lande het wêreldwye veroordeling opgedoen vir hul verontagsaming van vroue se mees basiese vryhede. Boonop is die Saoedi-regering se minagting vir mediavryheid en politieke verdraagsaamheid blootgelê toe die joernalis Jamal Khashoggi in Oktober 2018 wreed by dié land se konsulaat in Istanbul vermoor is.

“Die feit dat Iran voortgaan om militêre hulp aan Rusland te verleen, laat beduidende vrae ontstaan oor die motiewe agter sy toelating tot Brics, wat dui op ʼn sterk invloed van Russiese belange.”

Powell sê die “wanbelyning tussen Suid-Afrika se gekoesterde grondwetlike waardes en belyde steun vir Brics-lidmaatskap deur lande met twyfelagtige menseregterekords, dui op ʼn kommerwekkende afwyking van die beginsels wat tot op hede ons nasie gelei het”.

“Suid-Afrika se ware bondgenote lê in nasies wat ons grondwetlike waardes en beginsels deel, nie dié wat poog om dit te vernietig nie.”

Lees al Maroela Media se berigte oor die 15de Brics-beraad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Harley Davidson ·

Op hierdie stadium lyk die finansiële kant baie aanloklik maar die nagevolge van so ‘n besluit baie onduidelik.

piet ·

Maar intussen gebruik ons verseker al vir dekades olie wat in Saoedi-Arabie geproduseer word so hoe maak dit nou eintlik dinge anders? So vir interessantheid – Top olie-produserende lande ter wereld: VSA (20%), Saoedi-Aerabie (12%), Rusland (11%). Ons gebruik Brent-olie (dis duurder) wat nie olie van die VSA is nie. Nietemin, nie geweet die VSA produseer amper dubbeld soveel as ander individuele lande nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Raffineries word ontwerp om sekere olie te gebruik. Ons raffineerdes gebruik vir dekades net sekere olie afkomstig van Iran, Irak en Saudi Arabië. Die een in Milnerton kan blykbaar deesdae ook Nigeriese olie gebruik. Maar deesdae word die meeste van ons branstof ingevoer, ook diesel van Rusland.

chris ·

DA en ANC is twee kante van dieselfde munt.Dans na die pype van dieselfde borge en die WEF agenda!

Johan ·

Nou weet ons ten minste verseker wie die DA besit…dieselfde mense wat die EFF besit.

Andre ·

Die DA is so ingekruip onder die Amerkikaners , hul is Demokrate! Sulke uitlatings deur hulle, verloor verseker baie stemme vir hulle. Amerika kan nie vertrou word nie……net my 2 sent opini

Republikein in die Wes Kaap ·

Ongelukkig is daar nie baie keuses nie. Dis of Wes of Oos.

Andre ·

Enige land wat sy eie mense só behandel, is sekerlik hulle bondgenote.

Frank ·

Afrika leiers sal hulle eie ma keelaf sny as hulle daarby kan baat en Cyril en die ANC het al oor en oor bewys hulle voel vere vir SA en landsgenote.

B-Man ·

Wanneer mens die Brics-lande nou vergelyk met die G7-lande is daar ook maar baie gevalle waar die G7 in die geskiedenis ander onderdruk/vermoor/uitgebuit het…

Frank ·

In die geskiedenis en NOU is ‘n absurde vergelyking sowel as onderhewig aan interpretasie van watter kant mens die geskiedenis beskou

Jaco ·

SA se waarde stels volgens die grond wet sal slegs van toepasing wees as dit ten goede vir die ANC en hulle Kaders tel of hulle in posiesie plaas waar daar nog geld en mag is om te misbruik of dit nou by Brics is of op die sportveld is waar ook al so lank dit hulle in beheer hou. Die repokussies van hulle daade spook glad nie by hulle nie.

Samuel ·

Die enigste ware oplossing vir SA se probleme, is ‘n terugkeer na God. Politici kan eenvoudig nie die land se probleme oplos nie. Hulle tree in eie belang op.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe gaan dit gebeur? Wie gaan die proses lei. En wat gemaak indien ons in verskillende of geen God glo nie? Intussen moet ons op aarde voortbestaan.

Jaco ·

I quote Ramaphosa Voue dag.

“We recall the suffering that women have endured for no reason other than that they are women. We remember the courageous struggles waged by women against oppression; from those who stood up against colonialism and slavery to those who risked jail rather than carry the hated dompas. ”

En saam met wie gaan ons in Brics ,Iran en Saudie . laat jou Ja jou Ja en jou Nee jou Nee wees ou maat.

Raadsman ·

Weet nie hoekom hulle steeds dink SA het media vryheid nie. Niemand was bewus van state capture totdat maatskappye soos Eskom begin val het nie.

Marthinus W ·

Presies, en dan praat ons nie eens van nuus uit Rusland nie. Alle nuusdienste sensor dit erg.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou waar moet Pieter gaan? By die ANC aansluit? Dink weer.

melaney ·

Dit gaan alles oor een ding, Geld. Afrika leiers is gebore met krom hande. Indien Iran se walglike maniere hier kop uitsteek, sal hulle die probleem oplos soos wat hulle plaasmoorde oplos. Hulle stilswye sal oorverdowerend wees.

Sê maar net ·

Goed geskryf en baie ware woorde.
Die hele wêreld is op sy kop.
Stop the world Lord, I want to get off. Dis hoe ek deesdae voel….

Anna-marie ·

Die DA wil seker dat ons saam met Amerika en die Weste gaan, die Nuwe Wêreld Orde omarm, die World Economic Forum (WEF) se voorskrifte van wat ons gaan eet in toekoms (rooi vleis is uit, insekte is in) volg. Woke ideologie is die enigste godsdiens wat gevolg mag word. En volgens die WEF Baron, Klaus Schwab gaan niemand iets besit nie maar almal gaan dol gelukkig wees.

piet ·

Niks fout met insekte nie, dis gesonder. Hulle eet al sprinkane uit Bybelse dae uit ons het dit net verleer.

Stofdonkie ·

SA en VAE het tans soortgelyke uitgangspunte waar SA spog met hulle BBBEE en VAE met hulle “Emiritisation”-wetgewing waar hulle maatskappye dwing om emirati’s in diens te neem. Buitelandse maatskappye was goed genoeg vir hulle land om hulle ekonomie op te bou, en nou dat hulle voel hulle ekonomie is sterk genoeg, nou is die mense wat dit gaan opbou het nie meer welkom nie.

Andre ·

“Suid-Afrika se ware bondgenote lê in nasies wat ons grondwetlike waardes en beginsels deel, nie dié wat poog om dit te vernietig nie.” Nê? Noem hulle bietjie op.

Michiel ·

Die DA is ‘n AngloSaks ééntalig Engels wat GEEN aandag geen aan Afrikanerkultuur en ons taal te verhef tot taal van staat, skool en onderwys!!
Rusland is pro-kultuur, pro-soevereiniteit en mens kan selfs daarva droom dat Rusland ons kan help met ‘n eie soevereine land te vestig. Die DA moet jy vergeet.

Marthinus W ·

Amerika en menseregte: hulle is n paar jaar gelede uit die VN se raad geskop. Hulle gooi joernaliste soos Julian Assange in die tronk [hoeveel nuusdienste het al vir Julian in die bres getree?]; wil mense wat hul oorlogsmisdade openbaar – Edward Snwoden, Chelsea Manning, ens – vir 100 jaar in die tronk gooi. Na 500 000 Iranse kindersterftes op TV spog “it was worth it” [terloops, is dit dalk die rede vir Iran se houding?] ens. ens.

Anna-marie ·

Dit verstom my hoe die Amerikaners (hoofsaaklik Demokrate en CIA) vir die wêreld kan lieg.

LANA is ELANè ·

Wie dink die DA is hulle? Hulle bepaal nie ons as Suid Afrikaners se lot nie.
Die narratief dat pres Putin sleg en gevaarlik is, is al holrug gery deur die hoofstroom media en die DA, terwyl die meeste gewone mense se lojaliteit lankal teen die sg “WOKE” Weste gedraai het. Mense is keelvol vir die immoraliteit, gender gemors wat van daai kant af kom, maar steeds sal die media en die DA aangaan oor hoe gevaarlik Pres Putin is en dat ons tog net lojaal MOET bly teenoor die walglike WESTE, wat soos ñ kanker groei en samelewings in identiteitlose, immorele robotte verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.