Bronkhorstspruit-plaasaanval: Verdagte dán weer in hof

Waldi en Cynthia van Zyl (Foto: Verskaf)

ʼn 28-jarige verdagte het Vrydag vlugtig in die Bronkhorstspruit-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die plaasaanval op Waldi en Cynthia van Zyl.

Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê Nelson Gwambe se saak is tot 15 Oktober uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Lede van die gemeenskap het die oggend na die hof opgeruk waar dié verdagte verskyn het. Die betogers het tydens ’n vreedsame optog geëis dat die verdagte nie borgtog kry nie en dat geregtigheid moet geskied.

Gwambe is verlede week Woensdag vasgetrek. Hy is na bewering een van die ses verdagtes wat betrokke was by die aanval op die Van Zyls. Hy is in besit van een van die Van Zyls se selfone gevind.

“Tydens die ondersoek het dieselfde verdagte die polisie na ’n huis geneem, waar ’n skootrekenaar gevind is wat geïdentifiseer is as een van die besittings wat tydens die roof gebuit is,” sê Masondo.

Die Van Zyls se wit Toyota Hilux-bakkie waarmee die verdagtes van die plaas gevlug het, word ook nog gesoek. Die registrasienommer is YSH 728 GP.

Die polisie het verlede week Dinsdag identikits uitgereik vir die oorblywende vyf verdagtes wat nog op vrye voet is.

Masondo sê die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Die identikits (Foto: Verskaf)

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan die Bronkhorstspruit-polisiestasie by 013 932 9222 of 031 932 9250 of die nommer 071 612 1937 skakel.

Waldi was die aand in sy werkswinkel op die plaas besig toe hy skielik deur die ses mans oorrompel is. Ten minste een van hulle was met ʼn vuurwapen gewapen.

Hy het om hulp geroep en Cynthia het ondersoek gaan instel en op die aanvallers afgekom terwyl hulle besig was om haar man aan te rand. Sy is daarna ook aangeval.

Die egpaar is glo met houtplanke en pype geslaan. Een van Waldi se bene is glo met ʼn hoekslyper gesny en Cynthia is met ʼn skroefbek aangerand.

Die aanvallers het ʼn groot bedrag geld geëis.

Die aanvallers is met twee vuurwapens, juwele, selfone en ʼn klein bedraggie geld en ander huisware vort. Hulle het hul buit op Waldi se wit Toyota Hilux-bakkie gelaai en in die rigting van die R104 gevlug. Van daar is hulle moontlik in die rigting van Bronkhorstspruit of Witbank.

Die Van Zyls se seun het kort ná die aanval by die huis aangekom. Cynthia het intussen haarself losgewikkel en hom geroep, waarna die nooddienste en die polisie ontbied is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

“ondersoek n saak van huis roof”???????????¿?????????????? Twee blanke mense word wreed aanderand en vir dood gelos….maar die polisie ondersoek roof??????????

Skreiende skande! SHAME IN YOU….

Persheks Adri ·

Dis nie huisroof nie!!! Hoekom is dit die klag? Nee nee nee

Mariana ·

Maar daar bestaan geen plaasaanvalle in SA nie. Boere moenie kla as hulle seerkry nie. Dis mos die woorde wat geuiter word deur die hooggeplaastes in die regering. Mag daai 5 aanvallers ook vasgetrek word en kry wat hulle toekom. Genoeg is mos nou darem genoeg.

gpsa ·

Word huis roof genoem om statistieke goed te laat lyk, aan die einde van die jaar wys poging tot moord ‘n afname en polisie lyk of hulle beter doen.

Marius ·

Dit is belaglik om n saak van roof te ondersoek , wat van poging tot moord . Ek sal ook dink daar is nie geweld in die land as ek enige tyd van die dag of nag met misntens 4 lyfwagte rondloop . Dit is tyd dat die slapgat regering en andere hoe geplaastes begin besef genoeg is genoeg , en sommer nou dadelik .!!!!!!

Derek ·

Ek hoor wat die nuwe voorsitter van Agri SA se siening is oor die krisis in die boere gemeenskap, ja gebed is baie belangrik, maar Dawid het nie voor Goliat gestaan en bid nie. Hy het iets gaan doen in opdrag van die Here! Efesiers 6 gee ons die wapenrusting van God wat elke kindvan God moet aantrek, die mees belangrike is die Woord van God. God se geregtigheid is Sy gebooie, waaronder die 10 gebooie! Wie het hierdie Goddelike opdrag verander? Sekerlik nie die gelowiges nie, hoekom moet ons dan stilbly en toesien hoedat ons mense moet ly? Het jy al die Koran gelees met die haat wat daarin staan teenoor die Christene? Gaan vergewis jou van die ware feite om te verstaan dat artikel 15.1 die oorsaak is van die siek land SA. Gaan lees gerus Exodus 20 en 34 weer deur sodat jou oe kan oopgaan. Ja God haat geweld, maar Lig kan nie die knie buig voor duisternis. Hierdie frustrasie is opgeboude frustrasie omdat die regering nie God se opdrag uitvoer en die Woord nie eerbiedig en eer nie.

Nico ·

Die swart regering ontsien nie eens eerbiedwaardige blanke regslui nie. Daar is al van baie blanke regters ontslae geraak; mense wat heel waarskynlik uitsprake gelewer het wat nie in die ANC se kraal gepas het nie. Die regering is skynbar net met hofuitsprake gediend wat met hulle belange en erie siening van skuld of onskuld strook.
My vraag is dit hoekomneem dit solank om ‘n saak af te handel, is dit om vir tyd te speel sodat dossiere kan weg raak en dan word die sake geskrap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.