Busbestuurder vas oor oorlading

Foto verskaf deur die Wes-Kaapse verkeerspolisie

Die bestuurder van ʼn bus is in Laingsburg in die Wes-Kaap in hegtenis geneem op aanklag dat hy sy bus oorlaai het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê die bus het genoeg sitplekke vir 71 mense, maar daar was 117 passasiers op die bus ten tyde van die man se inhegtenisneming. “Hy het 46 passasiers te veel op sy bus gehad,” het Africa gesê.

Die bus was van Johannesburg na Kaapstad onderweg.

“Die bestuurder is tans in aanhouding by die Laingsburg-polisiestasie. Hy sal eersdaags in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willie ·

Die mense kan darem nie dink of ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie, Dinge gaan al meer agteruit.

Thys ·

Ai toggie kan dit ni glo ni hoe op dees aarde het di mense dan gesit in di bus

Slim Jan ·

Hy het heel goed gedoen met ‘n paar privaat kaartjies te verkoop…
Oorskryding veroorsaak gevaar situasies wat ongelukke kan veroorsaak…. moenie te lig straf nie. Dis n gevaar op ons openbare paaie wat reeds soos n slagveld lyk. Maak n voorbeeld!

Karolis ·

Hy het net al die dunnes opgelaai. Dit is al hoe jy 117 pax in daardie bus sal inkry.

NEels ·

Nou hoe het hy sover gekom vanaf Gauteng want daar word jy sommer gou gevra vir n bribe. In die Vrystaat dit verstaan ek hulle verkeersbeamptes is moeg geploeg net daarvoor Bloem soek hulle net die ouens wat so bietjie ketel skoonmaak. Waar is Colesbetg se blou baaitjies kry seker koud . Laingsburg is n ander toffie daat kom jy ne maklik weg nie. Ter inligting vir die wat wonder waar sit almal . Die kondukteur verkoop n doelgaakte sit plank wat die sitplekke oor die gangetjie verbind so doendkan hy meer passasiers oplaai .

Gert van Wierdapark ·

Wonder wat maak die arme passasiers sonder hul oorlaaide bes-tuurder?

Liendempers ·

@Cherokee – ek love jou aanmerking oor die taxis. Heerlik gelag????

Pixie ·

Dis niks vreemd….. Dit begin by skool bussies/taxis… 22 sitplek taxi me 46 skool kinders in is aan die norm v d dag… Hule gee nie om vir n lewe solank hulle geld in die sak druk is hulle bereid om die kans te vat

Wiele ·

Die bus redery se eienaar het 71 kaartjies verkoop. Hiermee moet hy twee drywers betaal, baie diesel en dan ook die instandhouding van bus om nie eens te praat van assuransie nie . Want kom daai bus in ‘n ongeluk kan die insittendes baie gou GELD wil hê van eienaar. Die bestuurders het 64 ekstra mense so langs die pad opgelaai en dus kry die drywers meer as eienaar!! Kyk jy sal die goed nooit kan leer nie.

PaulV ·

Wiele; jy sê, “71 kaartjies verkoop” en “64 ekstra mense”. So volgens jou was daar135 passasiers op die bus?? Daar was altesaam 117 mense op die bus, dus 46 te veel.

aj ·

OORLADING is die storie van Suid Afrika.

Alles is OORLAAI!

Water, huise, krag, paaie hospitale, skole, busse, treine, werksgeleenthede ensovoorts.

Wat moet die land doen?

1. GRENSBEHEER
2. GEBOORTEBEPERKING

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.