Buurvrou swaar gestraf vir moord op kind

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: pixabay)

ʼn Vrou is Dinsdag is ʼn swaar straf opgelê nadat sy in Junie 2019 haar bure se kind ontvoer en vermoor het.

Zandile Nsele het ʼn losprys vir die kind geëis, of sy sou die kind vermoor en haar organe op die swartmark verkoop.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, sê die 40-jarige Nsele is lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 25 jaar opgelê vir die ontvoering en moord van die 10-jarige Sphumelelo Mzimba in die Nazareth-omgewing in Pinetown.

Sphumelelo het saam met haar ma in dieselfde omgewing as Nsele gewoon en het gereeld by mekaar aan huis gekom. Nsele was in daardie stadium werkloos en het finansiële probleme ondervind. Sy het besluit om Sphumelelo te ontvoer en ʼn losprys van haar ouers te vra.

Sy het egter reeds vooraf beplan om die kind te vermoor, aangesien ʼn plek voorberei is om van haar liggaam ontslae te raak.

“Op die dag van die moord het sy vir die kind gesê om na haar huis te kom onder die voorwendsel dat sy haar winkel toe sou neem om skyfies te koop,” sê Ramkisson-Kara.

“Toe die kind by haar huis aangekom het, het Nsele haar vasgehou en haar nek en enkels vasgebind. Hierdie vasbind was noodlottig.”

Nadat Sphumelelo dood is, het Nsele van haar organe en sagte weefsel verwyder met die hoop om dit te verkoop. Sy het toe op die voorbereide plek van die kind se oorskot ontslae geraak.

Nsele het dieselfde aand, lank nadat die kind dood is, haar ma gekontak en R20 000 geëis vir die Sphumelelo se veilige terugkeer. Die volgende oggend het sy na Johannesburg gevlug en weer oproepe aan die slagoffer se ma gemaak. Sy is egter kort daarna in hegtenis geneem.

Tydens die hofverrigtinge het ʼn buurvrou van Nsele getuig dat sy haar gevra het om te help om ʼn gat te grawe om die kind in te begrawe.

Nsele is lewenslange tronkstraf vir moord opgelê, ses jaar vir ontvoering, asook nege jaar vir die poging tot afpersing en tien jaar vir die oortreding van die Nasionale Gesondheidswet.

Die vonnisse sal gelyklopend met die lewenslange vonnis uitgedien word.

“Hierdie vonnis dien as vertroosting vir die ma en die gesin ná die verlies van hul kind weens so ʼn gruwelike misdaad deur iemand wat hulle geken en vertrou het,” sê Ramkisson-Kara.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Retha ·

Dis mos nie ‘n MENS wat so iets doen nie!!! Adders, en so beskerm hulle mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.