Bykans 1 000 dié naweek in Gauteng vasgetrek

(Argieffoto)

Altesaam 27 mense is Sondagaand aan die Wes-Rand in Gauteng vir dronkbestuur in hegtenis geneem as deel van die polisie se spesiale operasies die afgelope naweek waartydens bykans 1 000 mense in Gauteng vir verskeie misdade vasgetrek is.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, en die LUR vir gemeenskaplike veiligheid, Faith Mazibuko, was self aktief by die operasies betrokke.

Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, is die 27 vermeende dronkbestuurders gisteraand in die omgewing van Randfontein, Bekkersdal en Westonaria aan die Wes-Rand vasgetrek.

Klopjagte is op drankwinkels en kuierplekke gedoen om te verseker klante en sakelui voldoen aan afsonderingsregulasies en agt plekke waar drank onwettig verkoop is, is gesluit.

“Verder is altesaam 174 verdagtes aan die Wes-Rand aangekeer vir verskeie misdade, onder meer die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die besit van dagga en dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer, moord, poging tot moord, sakeroof, aanranding, verkragting en bedrog,” sê Makhubele.

Altesaam 295 verdagtes is in die Tshwane-streek vasgetrek vir onder meer aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding, huisbraak en diefstal, die besit van ʼn gekaapte voertuig, die rig van ʼn vuurwapen, huisroof, regsverydeling, intimidasie, die besit van dwelms, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie sowel as die verskaffing van drank sonder ʼn lisensie.

Die operasies het ook goeie resultate in Ekurhuleni opgelewer waar meer as 300 verdagtes in hegtenis geneem is vir misdade soos aanranding, roof, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van dwelms.

“Die ander verdagtes is in Sedibeng en Johannesburg vasgetrek tydens operasies toe wetstoepassingsagentskappe op onder meer onwettige drankwinkels toegeslaan het, gesoekte verdagtes opgespoor het asook tydens padblokkades.”

Diegene wat tydens dié operasies vasgetrek is, is vir misdade soos aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging, moord, oortreding van die beskermingsbevel, die besit van dagga en dwelms en openbare geweld, aangekeer.

Die bykans 1 000 persone wat vasgetrek is, sal na verwagting binnekort in verskeie landdroshowe in die provinsie verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

Is dit nou n prestasie SAPD, hierdie is iets wat julle die heel tyd moet doen? Poep iemand nou weer hier vir punte? Julle SAPD word deur ons belasting batalers se geld betaal, om dit te doen as n voltydse beroep.. Die SAPD nie werkvewskkaffing nie, nog minder n Tjo tjo brigade nie..Mens kan dieslfde se vir Metro Polisie..dis julle werk.. dis nie werkverskaffing omr n “Bribe” beroep na te streef nie… DIS JULLE PLIG!

Gemaskerde Sopbeen ·

Mooi, iets pro-aktief gedoen. Hou nou asseblief vol daarmee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.