Cape Union Mart-bestuurder op landgoed vermoor

Renée Jain. (Foto: Facebook/ FEDISA)

ʼn Bestuurder van Cape Union Mart is Vrydag in haar huis op ʼn privaat natuurreservaat in die Wes-Kaap vermoor.

Renée Jain (51) is volgens News24 omstreeks 23:00 Vrydag deur drie aanvallers in haar huis oorval. Sy was die bestuurder van ondernemingstoepassing by Cape Union Mart.

Kol. Andre Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het gesê die polisie ondersoek die omstandighede waartydens ʼn vrou in haar huis op ʼn landgoed in Wolseley vermoor is. “Drie verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie opgespoor nie.”

Talle vriende en familie het hul skok en hartseer oor Jain se moord op haar Facebook-blad uitgespreek. “Ag, Renée, my hart is gebreek. Jy is veels te vinnig van hierdie wêreld weggevat. Ek sal nooit jou lig en liefde vergeet nie. Ek stuur liefde en krag na al jou vriende en familie,” het Bronwyn Schutte op Facebook geskryf.

Fedisa, die modeskool in wie se raad Jain gedien het, het Sondag op sy Facebook-blad geskryf: “Ons is gebroke oor die ontydige verlies van ons vriend, kollega en lid van Fedisa se adviesraad, Renée Jain. Jou stem is stil, maar ons herinnering aan jou sal nooit vervaag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jzjz05 ·

Al wat sal help om die moordenaars te stop is die doodstraf.Tronkstraf is vir die moordenaar n vry vakansie ,

JM ·

Waarom iemand doodmaak? Die motief was waarskynlik roof en die lafaards kom nooit een tot een nie.

Debbie ·

Net nog n wit mens vermoor. Wie in die land gee tog nou om

gehasie ·

Ons lewe in ‘n land waar die chaos vlak lê en die sg. leierskorps in SA is medepligtig en aandadig aan hierdie kriminele aktiwiteite. Die voorbeeld wat burgers in die land vd sg. leiers sien is beslis nie navolgenswaardig nie. Hartseer in die ekstreem om van nog ‘n onskuldige lewensverlies te verneem.

Pieter ·

Jy is nie meer veilig in hierdie mooi land van ons nie veral as jou velkleur nie aanvaarbaar is nie .Sagte teikens word uitgekies, veral bejaardes en die eva geslag.

Anoniem ·

Nog ‘n tragiese sinnelose moord en my innige simpatie aan die familie. Mense, ons leef in ‘n lae intensiteit oorlogs situasie, soortgelyk aan wat in etlike ander Afrika lande gebeur het. Ons kan nie meer ons waaksaamheid verslap vir ‘n oomblik van die dag of nag nie, hetsy ons by die huis is of waar ookal. Ek weet dis dalk nie lekker nie, maar diegene met handwapens MOET dit eenvoudig 24 uur per dag aan hulle dra, selfs kerk toe. Diegene wie nie oor handwapens beskik nie, moet ekstra versigtig wees en behoort verskeie waarskuwing stelsels in werking te stel sodat jy nie onverhoeds betrap word nie. Dit sluit in, alarms, “beams” afstand beheerders met ‘n paniek knoppie wat jy met ‘n bandjie om jou nek dra, asook ‘n hond/honde buite die huis. Asseblief mense, doen iets om jouself en jou gesin te beskerm.

Genis ·

Pragtige mens? hier is nie gruintjie hoop vir SA nie… Dis besmet met nie-wetgewing… SA is eindelik onheersbaar om die minste te se… Erge strawwe soos die galg sal moet terug gebring word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.