Cele moet jammer sê ná tirade teenoor Ian Cameron

Bheki Cele tydens sy tirade teenoor Ian Cameron (Foto: Skermskoot uit eNCA-video)

Bheki Cele, minister van polisie, skuld die hele land ʼn verskoning en moet die eerbare ding doen en bedank.

Só het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van Action Society, gesê nadat die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange bevind het dat Cele die kode van etiese gedrag oortree het en om verskoning moet vra.

Cele het in Julie verlede jaar tydens ʼn polisie-imbizo in Gugulethu, Kaapstad, teen Cameron uitgevaar nadat laasgenoemde hom vasgevat het oor die polisie se tekortkominge. ʼn Konfrontasie het tussen Cele en Cameron ontstaan waartydens Cele aan Cameron geskree het: “Jy beskou my as ʼn tuinjong. Bly stil! Bly stil! Sit en luister jong man, of gaan uit.” Toe Cameron geweier het om die saal te verlaat is hy “gewelddadig” deur die polisie verwyder en na sy motor begelei.

“Om Cele te beveel om verskoning te vra is ʼn eerste en gewaardeerde stap, maar ons glo hy skuld die hele land ʼn verskoning,” het Cameron in reaksie gesê. “Vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op ʼn laagtepunt terwyl die skokkende vlakke van misdaad daartoe gelei het dat Suid-Afrika as die derde onveiligste land ter wêreld beskou word.”

Ian Cameron (Foto: Action Society/Twitter)

Cameron glo steeds dat Cele uit sy amp moet bedank. “ʼn Eerbare persoon sal grasieus uitstap. Maar Cele blyk te magshonger te wees daarvoor. Daarom sal Action Society voortgaan om te eis dat hy uit sy pos as minister van polisie verwyder word.

“Niks het sedert daardie dag verander nie; om die waarheid te sê, meer mense sterf nou. ʼn Verskoning sonder optrede sal altyd leeg wees. Die SAPD moet herstruktureer en herbou word. Cele moet die eerste wees om te gaan.”

Die gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het bevind dat Cele item 10.1.1.3, gelees saam met item 4.1.5 van die kode van etiese gedrag, oortree het. Die komitee het gesê hy sal ʼn aanbeveling aan die Nasionale Vergadering maak dat Cele om verskoning moet vra vir sy gedrag teenoor Cameron.

Volgens die komitee het Cele in sy skriftelike vertoë nie spesifiek die voorval aangeraak nie, asook nie gemeld dat hy vir Cameron geskree het om stil te bly nie. Videomateriaal wat op die dag geneem en vir die komitee gespeel is, wys egter dat Cele woedend was en dat hy wel op die klaer geskree het.

Die komitee het bevind dat selfs al was Cele ontevrede met die wyse waarop Cameron die kwessie by die imbizo aangeraak het, word daar nietemin van hom as parlementslid vereis om op te tree op ʼn wyse wat lede van die publiek se vertroue én vertroue in die integriteit van die parlement sou behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ranie ·

Cameron, Good for You. Maar jy gaan weer virewig wag vir daai verskoning. Hy is te belangrik vir dit…

annie ·

Cele se uitbarsting is maar net deel van die Vandaalse regering se bestuurstyl. Die hofuitspraak is bloot om te paai om die skyn van demokrasie te handhaaf. Niks gaan beter word nie. Moenie te veel teen die prikkels skop nie. Jou toon kan in die slag bly.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen respek vir enige ANC-leier en EFF-leier van die verlede of hede nie. Waarom sou ek hulle kon respekteer?

Pieter ·

Dis okay, ons sal dit mondelings ook aanvaar, en a paar gratis lees en skryf lesse ingooi

Wondermaarnet ·

Cele is onopgevoed as hy so in die publiek geen respek toon nie. Hy sal nie eers weet hoe om ‘n brief te bewoord nie.

Di ·

“respect is earned” Ongelukkig het ek GEEN vir hierdie korrupte ANC kaders nie! Cele is die grap van die jaar – wonder wat ander lande van ons polisieminister dink? Hy lyk en gedra hom soos ‘n Mafia baas

Pierre ·

“disrespect is earned”, mens respekteer almal to hulle dit nie meer verdien nie.

Wit Leeu ·

Ag nee wat, daai steenkool dissipel gaan dit nie doen nie en geen haan gaan daarna kraai nie !

Vinny ·

Goed vir jou Ian. Ek sal nie asem ophou vir ‘n verskoning nie, daai een se vel is dikker as ‘n renoster sin. Dankie vir jou besonderse bydrae tot die regverdigheid van sake in hierdie land.

Leon ·

al gaan hy om verskoning vra sal hy dit doen net omdat hy moet maar nie omdat hy dit waarlik bedoel nie.

Kabous ·

Cele weet nie wat is jammer nie en ken nie eens die woord jammer nie, hy het dit nooit as kind geleer nie daarom is hy wat hy is n “niks”!!!!

Vettiemaragartos ·

Cele word in 2011 weg gejaag as Kommissaris van Polisie en sê self “I will go home and shut-up!” Wonder hoekom het hy nie daarby gehou nie? Soos die res van die regering slaan hy sy naam met ‘n plank! Kan iemand asseblief spykers in daai plank inkap?

Sê maar net ·

Waarom is daar nog geen mosie van wantroue teen Cele ingebring nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.