Cele se uitsprake is ‘gevaarlik’, sê TLU SA

Bheki Cele (Foto: Suid-Afrikaanse regering/Twitter)

Die minister van polisie Bheki Cele het vir die soveelste keer homself aan die verkeerde kant van Suid-Afrikaanse boere bevind met sy uitlating dat boere wat onwettige buitelanders in diens neem, die SAPD se werk bemoeilik om misdadigers op te spoor.

Cele het dié uitlating tydens die beraad oor landelike veiligheid in die Vrystaat gemaak.

TLU SA wil dit duidelik maak dat aannames en beskuldigings soos dié niemand help nie.

“Dit is die staat se verantwoordelikheid om na die inwoners se veiligheid te kyk, maar hy faal liederlik in dié opsig en nou probeer hy die blaam verplaas na onwettige immigrante wat hy ingelaat het deur die grense oop te maak,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Geen boer gaan haal arbeid buite die grense van die land nie, hy kry dit binne die land.”

Van Zyl sê dis die regering wat toelaat dat dié ongedokumenteerde mense in die land is en as hy nou ’n probleem daarmee het, moet hy eerder die vinger na homself wys as na die boere deur die skuld vir die SAPD se gesukkel op hulle te pak. “Dit is immers ook die regering se verantwoordelikheid om die mense wat van die buiteland kom te dokumenteer.”

Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering, voeg by: “Minister Cele moet mooi besin oor sy uitlatings. Die ANC-regering het deur die departement van binnelandse sake werkspermitte uitgereik aan buitelanders. Is dit nie Cele se regering wat hierdie ope uitnodiging beskikbaar gestel het om buitelanders te akkommodeer nie? Dan het die departement van arbeid verder gegaan en boere aangemoedig om aansoek te doen vir korporatiewe permitte om hierdie buitelandse werknemers te akkommodeer.”

Helm sê Cele se “korrupte staatsamptenare” het verder gegaan en Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente aan buitelanders verkoop. “Die regering moet eers terugdraai en kyk wat hy met sy ondeurdagte planne om buitelanders te akkommodeer teweeg gebring het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Adri ·

Die kritiek op Cele maak sin en is begrond, maar gaan dit hom ooit bereik en, as dit hom bereik, gaan hy hom hoegenaamd daaraan steur, behalwe miskien om te lag daarvoor.

annie ·

Hoeveel uitlanders studeer met NSFAS en parkeer maandeliks breed vir pensioene en/of die R350. Dis reeds bekend dat ons hospitale vol lê van uitlanders en babas daagliks hul burgerskap afdwing met hul eerste kwê. Ons liewe minister van polisie ry lekker op die bandwagon wat altyd die skuld pak op ‘ander’. Het hy al een skelm in sy hele loopbaan vasgetrek?

Wondermaarnet ·

Annie ek moes nou lag vir die “eerste kwê”. Dit is die waarheid en so maak hulle net baba fabrieke oop in SA en wil aanspraak maak op alle voordele.

Grond ·

Hoekom is AgriSA so stadig om op Bheki Cele se dwaasheid kommentaar te lewer?

Harley Davidson ·

Cele het die kwalifikasies van ‘n voorskoolse onderwyser hy kan en sal nooit ‘n regte minister van polisie se skoene kan volstaan nie,kry ‘n persoon soos oud Generaal Johan Burger,stel hom aan as minister of ploeter voort tot daar niks van die polisie oorbly nie.

Christine ·

Sy uitlatings gaan veroorsaak dat die rebelle teen ons boere gaan draai en weer hernude aanvalle teen ons boere gaan begin.

Albert ·

Hy kan sê wat hy wil, dit hou hom in sy posisie wat hy het. Hy moet die dinge sê om hom self te kan regverdig in sy posisie. Hy gee nie om wie in die slag bly met sy woorde nie! Blameer die boere want ek kan nie die blaam op myself laat val nie, anders sien die mense ek kan niks doen en weet nie wat ek doen nie!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC-regering moet sorg dat geen onwettige immigrante die land binnekom nie. En die boere moet nie buitelandse mense in diens neem wat nie beskik oor die nodige wettige visums en werkspermitte nie. Dan sal die minister van polisie geen gronde hê vir sy aantygings nie.

Tyd dat die boere die minister van polisie, Bheki Cele, in die openbaar uitdaag dat hy die nodige bewyse van boere se oortredinge publiseer. Ons burgery moet meer poilitiese aktiviste word en druk op die regering plaas. Moet andersins nie kla oor die lewe in eMzansibabwe nie.

Peter ·

Maak jou bekommerd dat die Minister nie die vermoë het om te besef hoe groot stommerik hy is nie.

john ·

Hoe op aarde het CELE nog n job meer incompetent kry jy nie.

Casper ·

eMzanzibabwe,kom ek help jou reg,jou redenasies spreek van dwaasheid.Hoe dink jy gaan jy onwettige immigrante keer om in die land in te kom.Ons sit met Namibië,Botswana,Zimbabwe,Swaziland Mosambiek en Lesotho as bure.Dink mooi voor jy uitlatings maak soos hoedman want hoedman het niks tussen die ore nie.Hoedman is reg nie alle buitelanders is gedokumenteer nie,Ek het self vir Binnelandse sake gewerk en baie werkgewers vervolg hieroor.

Chrisp ·

Casper kom ek help jou op my beurt weer reg.

Hierdie grense waarvan jy praat was vir baie lank daar en het nie nou skielik onder ou Hoed begin nie, onwettige mense is vir baie lank uitgehou deur oa die weermag (ek was deel van die operasies en weet dus waarvan ek praat). Die mense wat deur ons gevang was en daar was baie is aan die Polisie oorhandig wat hulle weer terug oor die grense gestuur het. Net so ter afsluiting in daai tyd het ek niemand van binelandse sake ooit gesien nie hulle kantoortjies was maar redelik ver van hierdie brandpunte.

En jy reken eMzanzibabwe se redenasie spreek van dwaasheid?

Boon ·

Bostaande kommentaar moet DIREK na min. Cele gestuur word. Ons is siek ens sat vir n regering wat nie eens die onwettige instroming van buitelanders kan voorkom nie . Ons will hulle nie hier hê nie. Balalulu.

Jack ·

Die onwettige vreemdelinge sal bly terwyl ons vir hulle werk verskaf. Cele is in die geval darem reg. Elke boer, bouer, vervoer mpy en tuindienste en privaat huiseienaars kan maar skuldig pleit. Daar word onomwonde gese dat bv die zimbabwiers baie beter werkers is as ons plaaslike bevolking en ook goedkoper. So dit is die redes vir die probleem. Dat hulle onwettig is is so maar dat ons hulle onwettig indiens neem is ook so en eskaleer die probleem tot waar ons nou is. Die grensposte kan nie keer nie so dit is elkeen van ons se plig om nie die mense indiens te neem nie.

Grond ·

As jy n boer op die Zimbabwe grens is en jy moet kies tussen’n lui ondoeltreffende Suid Afrikaner en ‘n flukse doeltreffende man of vrou van Zimbabwe wie sal jy kies? In die werklike lewe tel strooperige stories nie,

Wat op dees Aarde ·

Wel, in alle eerlikheid is hy nie verkeerd nie.

gpsa ·

So omdat die regering nie hulle werk doen nie, mag die boere kriminele dade pleeg? Stem saam met Cele.

Owlie ·

Deur die grense oop te maak asook om immigrants in te bring om te stem maak dat die immigrants nie werklik onwettig is nie. Hierfie immigrants kan en wil werk terwyl baie van ons eie mense nie die babies beginners van eerlike harde werk ken nie.

Schalk ·

Eenvoudig gestel het die taktiek wat ingewortel was om die vorige regering te laat swig en val die groottste struikelblok van die huidige regering geword. Dit is soos ‘n rekenaarprogram wat nie verandering toelaat nie. Dit het toe gewerk so gaan net aan met anargie en kriminele aktiwiteite.

Di ·

NATUURLIK sal ons boere die skuld kry vir ALLES wat verkeerd gaan in die land. Dis omdat hulle nie weet hoe om ‘n land te regeer nie. Hulle self nooi almal uit om hier te kom plak EN betaal hulle ook toelaes elke maand. Die wiel draai stadig maar seker, hierdie onwettige immigrante gaan nog die hele land verwoes!

Wondermaarnet ·

Is dit nie tyd dat hoedman aftree nie? Hy kan net nie “sense” praat nie en weet nie wat in die SAPD aangaan nie.

FCR ·

Hy voel vir ons land niks. en hy sal ook nie sy pos verlaa nie. Nog ‘n Mugabe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.