Cele werk tuis weens vrotsige kantoor

Geskryf deur: Matthew Hirsch, GroundUp

Bheki Cele (Foto: Rasaad Adams)

Polisieminister Bheki Cele het Woensdag aan lede van die parlement erken hy werk al die afgelope vier jaar by die huis weens die swak toestand van die Telkom Toring-kompleks, waar die polisie se hoofkwartier gesetel is.

Dié kantoor staan tans leeg nadat dit verlede week ongeskik vir menslike gebruik verklaar is. Dit het gevolg op ʼn inspeksie deur amptenare van die departement van arbeid, die polisiebestuur en die vakbond Solidariteit.

Gedurende die inligtingsessie in die parlement het Cele na die gebouekompleks as die “Terrible Towers” verwys. “Die ding is ʼn ramp. Ons het meer geld betaal om te probeer om daai ding te herstel, as wat ons betaal het om dit te koop. Die polisie het nie plek om te werk nie.”

Hy het aan LP’s gesê dat “hulle” nou al herhaaldelik smeek om hulp hiermee. Die pleidooi is skynbaar aan die departement van openbare werke gerig.

Albert Seabi, voorsitter van die parlementêre komitee vir polisiëring, het gesê die toestand en ontruiming van die gebou onderbreek dienslewering. “Ons het gehoop vir daadwerklike ingryping. Ons beamptes moet in staat gestel word om misdaad te kan beveg.”

Ockert Terblanche, lid van die DA, het gesê dit is nie net die Telkom Toring-kompleks wat ʼn krisis beleef nie. “Ons kan nie toelaat dat senior polisielede met geboue worstel nie. Hulle behoort op straat te wees [besig om misdaad te bekamp]. Ek het self die polisiediens 14 jaar gelede verlaat en die diens van openbare werke is selfs swakker as toe ek die diens verlaat het.”

Die departement van openbare werke en infrastruktuur het intussen met ʼn interne ondersoek begin na die wanbestuur van die Telkom Toring-kompleks.

Die ondersoek sluit ook ander eiendomme in wat die departement in die Pretoriase middestad besit.

Sifiso Mdakane, direkteur-generaal van openbare werke, het in reaksie op LP’s se klagtes gesê hy “voel sleg” dat Cele nie ʼn kantoor het nie en dat alternatiewe reëlings getref word om polisielede te akkommodeer. “Ons kyk na die WNNR en Prasa om ons hiermee te help. Dit behoort ons genoeg tyd te gee om hierdie probleme te pak.” Hy het onderneem om binne twee weke na die komitee terug te kom met ʼn gedetailleerde verslag oor vordering wat hiermee gemaak is.

Hierdie berig het oorspronklik op GroundUp verskyn. Lees die volledige berig hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Harold ·

Die ANC kan mens nie meer verras met al die bollie wat hulle aanmekaar aanjaag nie

Anon ·

Hy werk al 4 JAAR by die huis en NIKS kon gedoen word aan die gebou in al daardie tyd nie? Presies hoeveel van die mense “werk” al so lank van die huis af? Dit is belaglik en ons moet hierdie sirkus onderhou?

Ore ·

So, vir vier jaar sit hy in sy weelderige huis omring met sekuriteitswagte en sy manskappe werk onder haaglike omstandighede en nou is dit weer almal se skuld . Voorstel agbare minister, rits minder rond na hofsake en doen jou werk. Met ‘n groorbek soos joune behoort jy dinge soos die vinnig uitgesorteer te kry. U is ‘n verleentheid.

Rudolph ·

Sal hy alleen vir vier jaar by die huis sit. OF werk die heĺe kantoor blok nie meer vir vier jaar?

Vinny ·

Lyk my daai “werk van die huis af” is bekend onder top bestuur, sien dit elke dag. Lekker man lekker.

Wondermaarnet ·

Werk? Wat doen hy behalwe om te kyk waar hy die belastingbetaler kan uitbuit?

Freda ·

Wonder nogals watse werk doen hy van die huis af?? Sal baie interresant wees om te weet?

koos ·

Vrotsige kantoor pas by ‘n vrotsige minister, do it isback to the office vir jou ouboet!

Dottie ·

Dit is maar net hy & sy mense wat dit so “terrible” gemaak het. Breek mos alles af.
Wil nou weer miljoene hê, lyk dit vir my

Renier ·

Hoe kan jy aan die stuur van die polisie wees maar kan nie eers reel dat jou kantoor skoon gemaak word?

karin ·

Ek werk ook van die huis af maar die verskil is ek lewer resultate.
Bheki – jy is die ringmeester van die blou-uniform-sirkus waar jy die sweep klap.

ANNAMARé ·

Nou wie se skuld is dit dan die kantore soos varkhokke lyk, die rotte? sy eie mense is die oorsaak, ‘n plek raak nie vanself so morsig nie

trotsNAMSA ·

Die werk van die huis is gladnie ‘n nuwe verskynsel nie. My gewese “chief” het met die begin van
Covid huistoe getrek, nogal in ‘n ander dorp so 45 km van sy kantoor. Sekretaresse en al. Die res moes bly in gevalle geboue en hoop jy kry nie die virus nie. Die SAPD ondergeskiktes sien of weet nie aldag wie is in beheer nie. Gelukkig het ons nog goeie junior / senior offisiere van voor 1994 wat alles probeer bymekaar hou.

chris ·

Die toestand van die Hoofkantoor weerspieel die toestand van die polisiemag!
‘n Vis word van sy kop af vrot!

Willie ·

Dit wys wat se leier hy is dat hy al 4 jaar van die huis af “werk” maar verwag van diegene onder hom om die laaste 4 jaar in daardie haglike omstandighede te werk. Jy kan in 4 jaar nie eers mense kry om aan die kantore te begin werk nie. Jy het nog nooit die swak kantore aan die “groot klok” gehang nie. Jy kan fondse vermors op helikopte ritte. Jy kan perskonferensies in die aande hou as die mense onder jou deurbrake op misdade maak. Waar is jou perskonferensies oor jou mense se haglike kantoor omstandighede. En dan verwag jy ons moet glo daar is ‘n bekwame persoon in beheer van ons Polisie.

Protea ·

Ek sê nou niks meer nie….. Wil hy nie maar by die huis bly nie. Ek is seker daar is iemand wat die werk sal, kan en wil doen. Hy kyk net na homself.

sophial ·

Die nuutse is jy kom by kantoor hang jou hoed op die kapstok. Sit ‘n handsak/laptopsak langs jou lessenaar, en daar gaan jy. Almal sien die oop deur en aanvaar jy is by die werk geen bestuur geen dissipline geen respek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.