Centurion-aanval: Verdagtes verskyn agter geslote deure

Ruan van Heerden (18) en een van sy medebeskuldigdes, Colson William Phelps (22) in die beskuldigdebank. ‘n 17-jarige meisie word saam met hulle aangekla. (Foto: Christel Cornelissen)

Ruan van Heerden (18), die jong man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ma, Magda (49), en pa, Barnie (54), tien dae gelede in hul huis in Pierre van Ryneveld aangeval het, het Maandag vlugtig saam met sy twee medebeskuldigdes in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Van Heerden, Colson William Phelps (22) en ʼn 17-jarige meisie het, omdat die meisie nog minderjarig is, agter geslote deure verskyn. Die drie jong mense het langs mekaar in die beskuldigdebank gestaan. Die meisie was geklee in ʼn rooi kappiebaadjie en denimbroek. Haar lang blonde hare was in ʼn poniestert vasgemaak.

Die drie staan tereg op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

Van Heerden is ure ná die aanval op sy ouers in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Die 17-jarige meisie is kort daarna in Waterkloof aangekeer. Phelps is ʼn paar dae later by sy werksplek in The Grove-winkelsentrum in Pretoria in hegtenis geneem.

Volgens die voorlopige ondersoek het Van Heerden en die meisie na bewering die egpaar op 10 Januarie in die vroeë oggendure oorval en met ʼn skerp voorwerp en ʼn gholfstok aangerand. Die twee het daarna glo in Barnie se voertuig gevlug. Dit is ure later verlate in Tembisa opgespoor.

Magda is ernstig in die aanval beseer en is inderhaas na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Barnie se beserings was nie so ernstig nie.

Stiaan Bekker, die familie se woordvoerder, het gesê Magda word steeds in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal behandel. Barnie sterk tuis aan.

“Albei se toestand verbeter stadigaan, maar daar is baie wonde wat moet genees,” het hy gesê.

Die saak teen die drie is uitgestel tot volgende maand.. Die 17-jarige meisie is vroeër al in die sorg van familie vrygelaat. Ruan van Heerden en Phelps gaan na verwagting tydens hulle volgende hofverskyning aansoek doen om borgtog. Hulle bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

wet ·

Die feit dat die laaitjie sommer ´n uber kan boek Aliwal noord toe en wiskey in ´n bar kan drink laat my aflei dat hy baie bederf was. Koppel bederftheid of iemand met issues aan dwelms en jy sit met ´n monster.

Hoe nou?? ·

Het ek nou verkeerd gelees. Ek sien dit nie in die berig nie.

wet ·

Ek het op nuus24 gelees sy pa het hom vroeer na ´n dwelm rehabilitasie sentrum in die noord kaap gestuur. Hy het intussen terug gekeer na sy ouers

Gaitsigubib ·

Hy was maar net deur n liberalis groot gemaak. Jy weet mos, onchristelik, geen lyfstraf, min reels, jy weet mos wat ek bedoel?

Marlene ·

Ek dink nie net die Ma se geestelike verwondings nie, maar ook die Pa s’n. Wat ‘n skok vir ‘n ouer moet dit nie wees, om deur jou eie kind aangerand/ernstig beseer te word. Sterkte aan die 2 ouers.

Petru ·

Ek is self ‘n enkel ouer wat my kinders tot in die afgrond bederf het , as ek kon. Dit is jammer dat daar op die ouerskap klippe gegooi word. Liefde , tussen ouer en kind is die grondslag waarop ‘n fondament gebou kan word. Ek het ‘n leuse: Jy kan jou kind van God vertel , jy kan nie van hom ‘n christen maak nie. Jy kan jou kind die regte paaie en alle gevaar tekens leer , maar jy kan nie vir hom of haar die pad stap. Ons as ouer vaal nie , die wellus van satan loop rond tussen ons kinders. Ek dank die Here elke dag meer en meer as ek van al die seer lees , dat Hy ons teen die aanslae van satan beskerm.

charmaine ·

Jennefer ek stem die wonde en seerplekke sal gesond word maar jou hart en siel is verewig geknak en oor daardie seer groei n rofie baie stadig of dalk nooit. Hierdie kinders het gedink(of nie gedink nie) die Ruan ou gaan lekker erf en die geld deel met die ander 2. Nou deel hulle sel saam. Skandelik!

Roosknop ·

Elke geslag probeer hul kinders anders grootmaak as wat hulle grootgemaak is. Tog leer die Bybel ons moenie die roede spaar nie. Ek sê nie mishandel jou kind nie. Myne het elkeen een goeie loesing gekry wat hulle vir altyd onthou het. Daarna kon ek net se ‘Moeggepraat’ en dan was hulle weer stroopsoet. Vandag is hulle self ouers en kan ek met trots sê, my kinders het goed uitgedraai.

Pim ·

Het nie woorde nie! Die arme ouers….

Hoop nie daai jong mans kom uit op borgtog nie.

Diertjie ·

Nou om watter rede Sal die dame in haar ouers se sorg vrygelaat word? Sy is net so skuldig hulle kon haar nie vroeer opgepas het nie wat gaan nou verander? Ek Ken Magda en Barney persoonlik hou op oordeel daai mense is wonderlike ouers vir Ruan gewees!!!

Gaitsigubib ·

As dit die geval is dan was my kommentaar onvanpas. Sommige ouers is sag en ander is sleg, daar is wel n groot verskil. Ek lig my hoed vir mense wat kinders aanneem.

Spook op thaba ·

Dit n aangenome kind soos ek uit vorige berigte kon aflei

Trudy ·

Wou nou net die vraag vra of hy aangeneem is. Hoor wonderlike stories maar ook baie rillers met aanneem kinders. Ai en jy wil maar net vir hom ‘n beter lewe gegee het, dis nou stank vir dank

Martin ·

Spook op thaba. Trudi, ek sluit jou ook in. Ek moet vra. WAT IS DIE PROBLEEM MET AANGENOME KINDERS? Daar is meer eie kinders in tronke as aangenome kinder in tronke. Besef julle hoe ‘n moeilike proses dit is om ‘n kind aan te neem.

Andre ·

Dwelms , dit is wat gebeur as jou kind allerhande gemors saam met hom in jou huis insleep en pa en ma is te sag (of bang) met die “arme ” kind…..

stormrider ·

Ek verstout my om te hier is iets eienaardigs aan die gang. Ons sal maar moet wag vir die storie soos wat dit ontvou.

Kolonel ·

Ontstout jouself en sit eerder op jou hande. Die storie is klaar eienaardig genoeg of hoe ?

Skerpioen ·

Wanneer n ma en pa n kind aanneem is dit omdat hulle hom wou hê. Vir daai ouers is dit nogsteeds HULLE kind wat vir hulle aangeval het… of dit nou n aanneem of biologiese kind is …. aan die ouers maak dit nie n verskil nie.

Martin ·

Wat maak aanneem kinders anders? Die tronke is nie net vol en die wêreld sleg agv. aangenome kinders nie. Die teendeel is eerder waar. Hoeveel aangenome kinders teenoor eie kinders van ouers sit in tronke?

Regte ·

” Our people ” en “ons mense” tree nou dieselfde op! Dissipline en respek is uit die samelewing weggeneem en nou sien ons die gevolge!

sannie ·

Siek samelewing. En vreeslik slim kommentaar. Wen wen situasie vir ‘n land sonder dissipline xxx

Gesiggie ·

Wat se tippe mens doen so iets aan sy eie ouers?? hul wat jou groot gemaak het, vir jou gesorg het… was jy dalk onder dwelms”’ n ouer kan maklik vergewe, maar ja hoe sal die Ma se seer ooit kan weggaan… Ek hoop Magda en Barnie sal gou herstel , nou moet hul deur al die hofsake gaan en teen hul eie kind getuig”’ gun dit vir geen ouer. En vir jou Ruan jy gaan nou swaar gestraf word vir dit wat jy aan hul gedoen het…. jy het jou lewe weggegooi en jou ouers se lewe verwoes.

Wielspore ·

Heropen Robbeneiland vir jeug misdadigers, of jy word rehabiliteer of jy verdrink, keuse is joune.

KL ·

@Wielspore, “There’s no such thing as an EX-CON”. Misdadigers kan eenvoudig nie gehabiliteer word nie.

Gaitsigubib ·

Amper dag ek jy gaan se hulle moet die mense wat daar was weer terug besorg. Bietjie teen wigte vir die wigte. Dis nou in elk geval reeds te laat – almal oor die muur.

PJC ·

Ek kan geen rede sien hoekom sulke jeugmisdadigers vrygelaat moet word nie. As jy oud genoeg is vir dwelms en seks en kans sien om te probeer moor dan is jy ook oud genoeg vir die tronk.

barend v d westhuizen ·

dit gaan al meer gebeur wand jy mag mos nie meer jou kind in pak gee as hy verkeerd is nie

Skapie ·

Families moet ophou om manipuleerders te “enable” om met hulle streke voort te gaan. Kry ‘n werk, los jou nonsens of land op straat soos ‘n boemelaar. Ons almal moet werk om te kan oorleef. Waar sien mens jy steek net die handjie uit en gebruik jou verslawings om simpatie te kry. Ag nee wat.

Marietha Roesch ·

Ek word só kwaad as die ouers die skuld kry vir alles…gaan lees julle bybels. Efésiërs en Galásiërs. Satan en sy trawante veroorsaak alles wat sleg en negatief is op aarde. God is nét goed. Dis die belangrikste wat ‘n kind van kleins af geleer moet word!!! Baie sterkte aan die ouers…

emily ·

Eie of aangenome kind. Hulle het geen reg om hul ouers aan te rand of te vermoor nie. Verbeteringskool as daar nog so iets bestaan OF tronk toe met hulle. Hulle het presies geweet wat hulle doen, nou wil hulle soft speel.
Maak n voorbeeld van hulle.
Meeste van vandag se kinders is net sleg, Drank, seks en jol is in hulle lewe die belangrikste.
Sies ek skaam my so vir ons mense wat so sleg word en dit alles vir geld ens. ens.

anton ·

Dis nou as jy…….”Spare the Rod and Spoil the child”…… toepas!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.