Chad is weer swemmer van die jaar

Chad Le Clos. Foto: (AP Photo/Ng Han Guan)

Suid-Afrika se Chad le Clos is as die internasionale swembeheerliggaam, Fina, se manswemmer van die jaar aangewys.

Dié aankondiging is Sondag gemaak na Fina se kortbad-wêreldkampioenskap in China geëindig het. Le Clos het tydens die kampioenskap goud in die 100 m-vlinderslag en silwer in die 50 m- en 200 m-vlinderslag gewen.

Katina Hosszu van Hongarye is as die vroueswemmer van die jaar aangewys. Dit is die tweede keer dat dié eer Le Clos te beurt val. Hy het ook in die 2014 die gesogte titel ontvang.

Le Clos het tydens vanjaar se Statebondspele geskiedenis gemaak toe hy ʼn driekuns in die vlinderslag behaal het. Le Clos het ook die Spele-rekord herskryf na 50,65 sekondes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

BAIE GELUK CHAD!

Trots op jou pragtige prestasies!

Doen so voort!

Willemien ·

Baie geluk Chad, jy is al sonskyn liggie vir ons in SA!!! Trots op jou! XxX

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.