Chad vierde in vinnige vlinderslagitem

Suid-Afrika se Chad le Clos. Foto: Oli Scarff/AFP.

Net 0,21 sekondes het tussen Chad le Clos en ’n 19de Statebondmedalje gestaan.

Die 30-jarige Suid-Afrikaanse swemmer het die 100 m-vlinderslagitem in ’n tyd van 51,61 sekondes voltooi. Kanada se Joshua Edwards (51,24 sekondes) het ʼn goue medalje ingeoes, terwyl Engeland se James Guy (51,40 sekondes) en Australië se Matthew Temple (51,40 sekondes) gesamentlik tweede geëindig het.

Le Clos spog egter met ’n merkwaardige Spele-loopbaan. Hy het sy Statebond-buiging in 2010 in Indië gemaak en terstond vyf medaljes ingepalm.

Die skietkampioene Phil Adams (Australië) en Michael Gault (Engeland) is die enigste ander atlete wat ooit 18 medaljes by die Spele kon behaal.

Le Clos se Statebondmedaljes:

2010 in Indië (vyf medaljes):

Twee goud (200 m-vlinderslag en 400 m- individuele wisselslag), silwer (4 x 100 m-wisselslag), twee brons (4 x 100 m-vryslag en 4 x 200 m-vryslag).

2014 in Skotland (sewe medaljes):

Twee goud (200 m-vlinderslag en 100 m-vlinderslag), silwer (4 x 100 m-vryslag) en vier brons (50 m-vlinderslag, 4 x 200 m-vryslag, 200 m- individuele wisselslag en 4 x 100 m-wisselslag).

2018 in Australië (vyf medaljes):

Drie goud (50 m-vlinderslag, 200 m-vlinderslag en 100 m-vlinderslag), silwer (100 m-vryslag) en brons (4 x 100 m-wisselslag).

2022 in Engeland:

Silwer (200 m-vlinderslag).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.