Chanelle Henning-moordsaak: Nico gee homself glo oor

Nico Henning kom by die Villieria-polisiestasie aan. Foto: eNCA / Twitter

Nico Henning kom by die Villieria-polisiestasie aan. Foto: eNCA / Twitter

Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, en sy prokureur het Vrydagoggend omstreeks 07:30 by die Villieria-polisiestasie opgedaag waar hy homself na verwagting aan die polisie gaan oorgee.

Dit volg nadat Nico se vriend, die moordveroordeelde André Gouws, Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof Nico direk aan Chanelle se moord betrek het en aangevoer het dat Nico hom R1 miljoen aangebied het om Chanelle te vermoor. Gouws het gesê die motief vir Chanelle se moord was sodat Nico toesig oor hul seuntjie kan bekom nadat hulle huwelik verbrokkel het.

Chanelle is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Gouws en Ambrose Monye is skuldig bevind vir hul aandeel aan die moord. Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle vroeër skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord. Du Plessis en Pieterse was die twee mans op die motorfiets wat deur Monye gehuur is om Chanelle te skiet. Gouws het op sy beurt Monye gehuur wat met die skieters ʼn ooreenkoms aangegaan het.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Alet Prinsloo ·

Wonder wat het hy gedink gaan hy uit so sinnelose daad kry. Absoluut niks. Kry die kind verskriklik jammer want nou het hy geen ouers nie. May you rot in hell.

Tinkie ·

Daar is bloed aan sy hand. Mag hy saam met die ander twee baie lank sit. Ek wil graag weet hoe gaan dit met sy kind, is sy veilig.

Anton ·

Nou het sy optrede bewys dat hy nie toesig of selfs enige toegang tot die kind verdien het nie. Chanelle was dapper om teen hom op te staan. Die skuim het haar nog van dwelm misbruik en weet nie wat alles ook nog beskuldig. Die tragedie is dat die goeie een in die graf is en die skuim nog met ons is.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.