Choppies-rower agter tralies

Argieffoto ter illustrasie van ‘n supermark. (Foto: Unsplash)

ʼn 34-jarige man is in die streekshof in Klerksdorp tot vier jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn veiligheidswag in 2019 by die Choppies-supermark in Klerksdorp beroof het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê Rabuti Patrick Pule en nóg ʼn man het in Maart 2019 ’n Fidelity-veiligheidswag, wat geld by die Choppies-supermark opgelaai het, voorgekeer.

Pule en sy makker het die wag van ʼn bedrag geld beroof en ook sy vuurwapen afgevat.

Pule is in Februarie vanjaar deur die Valke in hegtenis geneem. Hy is maande later skuldig bevind op aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Hy is vandeesweek tot agt jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is. Hy sal dus effektief vier jaar direkte tronkstraf uitdien.

Hy is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

In ʼn afsonderlike voorval is ’n 32-jarige verdagte Woensdag in die Kanana-nedersetting digby Orkney in Noordwes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Orkney verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Wat ‘n klug. Onbevoeg om wapen te besit. Wapen waarvoor hy in elke geval nie lisensie gehad het nie. Oor 4 jaar doen hy dieselfde met nog ‘n onwettige wapen. Wat ‘n grap!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.