Clover-betogers ruk buite hof op

Tembisa-landdroshof. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Stakende Clover-werkers en lede van die vakbond General Industries Workers Union of South Africa (GIWUSA) het Dinsdag by die hof opgedaag ter ondersteuning van twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn veiligheidswag vermoor en nog een ernstig beseer het tydens ʼn Clover-staking verlede maand.

Lede van dié vakbond was self al by betogings by Clover betrokke. Van die betogers wat Dinsdag voor die hof byeengekom het, was moontlik ook die noodlottige dag teenwoordig toe Terence Tegg vermoor en JJ Cassanga aangerand is.

Nkosinathi Mbatha en Mohale Shokane se borgtogaansoek, wat deur die staat teengestaan word, is Dinsdag in die landdroshof in Thembisa voortgesit.

Die beskuldiges staan tereg op onder meer aanklag van moord en poging tot moord op onderskeidelik Tegg en Cassanga. Laasgenoemde was veiligheidswagte wat deur Clover aangestel is om sy aanleg in Johannesburg te beskerm ten tyde van die betogings.

Betogers het liedere in die hof se parkeerterrein gesing voordat van hulle die hofgebou in is. Hulle het ook ʼn banier op die vloer neergelê wat lui dat Clover-produkte effektief geboikot moet word.

Volgens adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is die oënskynlike ondersteuning van die beskuldigdes kommerwekkend, omdat Mbatha en Shokane teregstaan op baie ernstige aanklagte.

AfriForum staan die polisie, Tegg se verloofde, Michelle Bebbington, en die Cassanga-familie by in hierdie saak.

Nel sê dit is vir Bebbington byna ondraaglik om te sien hoe twee mans wat beskuldig word van haar verloofde se dood, in die openbaar ondersteun word. Bebbington was saam met Tegg se geliefdes in die hof teenwoordig.

Kapt. Robert George Seckle, die ondersoekbeampte in die saak, het verlede week voor die hof getuig dat daar nog talle ander verdagtes is wat deel daaraan gehad het om die wagte aan te val, maar dat hulle nog nie deur die polisie in hegtenis geneem is nie. Luidens sy getuienis is daar beeldmateriaal van kringtelevisiekameras, waarin die skuldiges geïdentifiseer kan word.

Tydens Seckle se kruisondervraging Dinsdag het Shokane se regsverteenwoordiger daarop aangedring om dié beeldmateriaal te sien.

Die hofsaak is vir ʼn wyle onderbreeek sodat die nodige toerusting verkry kon word om na die beeldmateriaal te kyk. Toe die sitting hervat is, het Shokane se regsverteenwoordiger egter skielik van deuntjie verander en was dit kwansuis nie meer nodig om die beeldmateriaal te sien nadat hy met die beskuldigde vergader het nie.

Volgens Seckle is die ondersoek na Tegg se moord en Cassanga se aanval nog nie ten volle afgehandel nie en wag hy nog op die resultate van Tegg se nadoodse ondersoek, asook ander ooggetuies se beëdigde verklarings.

Mbatha en Shokane se borgtogaansoek sal op 31 Maart hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Martin ·

Ons wonderlike “Reenboog Nasie”… – Welkom in die regte wêreld waar sommige van ons bevolking in Suid Afrika nie omgee nie…

Clifford ·

Watter tipe mens ondersteun iemand wat moord gepleeg het ?

Cobus ·

Dit is onaanvaarbaar dat mense toegelaat word om te betoog ter ondersteuning van mense wat van moord & aanranding aangekla word, en dit voor ‘n hof. Hoekom verwyder die SAPS nie die betogers nie? SA se staat instansies is verrot.

EnoughSaid ·

Dis die satan se voet soldate orals aan die opmars….wetteloosheid, anargie, boosheid.

Marshall ·

Stop complaining about De Klerk’s nightmare. It will get worse. Start planning a SOLUTION. Secession is the only possible way forward.

Misky ·

Hoe onnosel kan jy wees om jou plek van werk se produk verkope te wil belemmer en staak? Dan maak die plek toe en jy verloor jou werk……. waar is die logika en denkwyse van die lot???

Manie ·

Daar is geen logika en helder denkwyse nie Misky, net onnoselheid.

Gerd Lourens ·

Nuttelose skuim!
Boikot Clover wat “moordenaars” in diens het!!!

boerie ·

Hoekom vra die aanklaer nie nou dat die videos vertoon word nie?

Jr ·

Want daai kriminele se prokereur weet Adv Nel sal hulle opsaal – six love, six love

Janine ·

Gemors. Ondersteun mekaar deur dik en dun, maak nie saak watse wreedhede gepleeg is nie.

Jr ·

Hulle leiers Ace, Zumpie, Dhlamini, en nog baie meer ooh ja moenie lephoofi, en carl no house vergeet, leer hulle om dit te doen saam met die rooi pet Tellytubbies

Philip ·

Dit volg die selfde patroon as die SENEKAL MOORD. Die witman en vrou word stilgemaak en as hy dalk enigsins optree of iets se word hy aangekla van aanmekaar geflansde klagtes tesame met die vakbond vastrap om die aanklaer en hof te beinvloed.Die busdienste en prokurowers baat darem in die proses.

Heinrich ·

Sê genoeg van die tipe mense as hulle moordenaars en geweld ondersteun; dit verduidelik baie van die verval van SA sosiale waardes. En dan sê hulle nogal SA is ‘n Christelike land. Ware Christene in dié land word goed beproef deur GIWUSA, BLF, ANC en EFF lede.

Jannie van Niekerk ·

Sluit die betogers en die spesifieke vakbod se leiers toe en kla hulle aan van medepligtigheid tot moord want dit is wat dit is.

Sean ·

Nooit gehoor van n vakbondleier wat aangekla is vir aanhitsing nie Dis dan waar die probleme in hierdie land se strate ontstaan

Casper ·

Dit is nou al etlike jare dat rassisme aan die ander voet is maar oiur people ondersteun dit ten volle.Die wag wat dood is was blank en daarom word die moordenaars as helde behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.