Coligny-twee hoor oor borgtog

Pieter Doorewaard en Pillip Schutte tydens hul borgtogaansoek in die hooggeregshof in Mmabatho. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny is Vrydag in die hooggeregshof in Mmabatho borgtog toegestaan.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard en Schutte op borgtog van R20 000 elk vrygelaat. Die twee se borgtogaansoek is verlede week Donderdag aangehoor waarna uitspraak eers voorbehou is.

Dit kom nadat die mans wat in Maart vanjaar aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu skuldig bevind is, vroeër spesiale verlof gekry het om direk by die appèlhof in Bloemfontein te appelleer teen hul skuldigbevinding.

Die mans se regspan, onder leiding van adv. Barry Roux, het die appèlhof suksesvol versoek om verlof tot appèl te kry nadat die hooggeregshof in Mmabatho in Maart vanjaar geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te finansier nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het vroeër getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte die tiener vermoor.

“Ons weet die mans is onskuldig en hulle verdien nie om ’n dag langer in die gevangenis te wees nie. Hulle is reeds 13 maande in aanhouding en dit is 13 maande te lank,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê. Kriel het gesê AfriForum sal aanhou om die mans se regskoste vir die appèlproses te betaal.

Pieter Kartsen. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Pieter Karsten, Doorewaard se oom, het na die uitspraak gesê hulle is ontsettend verlig en dankbaar.

“Daar is geen manier dat die duisternis van ’n leuen die lig van die waarheid sal oorskadu nie. Ons glo en ons gaan aanhou glo.”

Ds. Tewie Pieters van Coligny, wat ’n leidende rol gespeel het om versoening en verdraagsaamheid in die gemeenskap te bewerkstellig ná die voorval, het buite die hof gesê daar is met ’n pad van versoening in die dorp begin en dit gaan voort in daadwerklike projekte wat begin is om die gemeenskap bymekaar te bring.

Oor die mans se borgtog het hy gesê: “Ons het van die begin af in hul onskuld geglo. Dit is jammer en tragies dat die regsproses die pad moes loop waar ’n hof in Bloemfontein dit anders sien as die een in Mahikeng.”

Hy het gesê die feit dat die mans nou borgtog gekry het, dui daarop dat daar steeds ’n moontlikheid is dat daar geregtigheid in die regstelsel is.

Adv. Barry Roux tydens die mans se borgtogaansoek in die hooggeregshof in Mmabatho. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Roux het tydens die borgtogaansoek aangevoer die mans moet op borgtog vrygelaat word omdat twee regters van die appèlhof aangedui het dat daar ’n redelike kans is dat die hof tot die beslissing kan kom dat Pakisi se getuienis nie op standaard is nie en dat die mans moontlik ontslag kan kry.

Hy het aangevoer dit is in die belang van geregtigheid dat die mans hangende die uitspraak op borgtog vrygelaat word.

Hy het voorts gesê daar is geen rede om te aanvaar dat die mans nie aan voorwaardes vir borgtog sal voldoen nie, of ’n vlugrisiko is.

Die staat het aangevoer die mans is skuldig bevind op grond van Pakisi se getuienis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

AW ·

Dié mens besef nié hoe jou leuns ander se lewens kan en sal verwoes nie !!

Nettie ·

@AW – dit is die hele probleem – daai getuie is nie ‘n mens nie, want ‘n mens – een met ‘n gewete en respek vir reg en regverdigheid – sou nie gaan valse getuienis aflê het in ‘n hof nie. Ek hoop hulle slaan Pakisi met die regboek in volle mag vir meineed en dwarsboming van die gereg. En ek hoop Schutte en Doorewaard dagvaar hom siviel vir pyn en lyding en sommer ook die Minister van Polisie vir onregmatige arrestasie en aanhouding.

Wurmpie ·

Baie bly vir hulle. Hoop die een wat so gelieg het gaan nou bietjie sit

Vonkprop ·

Nou wat word nou van Bollemakiesie wat gejok het en hierdie ouens se lewens verwoes het?

Liggie ·

Dit is die wonderlikste nuus sover. Ons is so bly saam met hulle families en geliefdes.

Rm ·

Die probleem is nie die leunaar nie, maar die regter wat hulle skuldig gevind het, hy is nie werd om eers die hof uit te vee nie, so swak is, en omgelukkig sit daar honderde wat net na kleur en ras kyk

Pieter ·

Dit waar deer julle is is nie n grap ek glo julle gaan die saak wen dagvaar die staat hulle het mos baie geld om te mors

potlood ·

Dit is hoe daar teen wit mense gediskrimineer word om n punt te bewys,maar soos baie afrikaanse mense sal sê ons het darem die rugby beker gewen so ons is tevrede

Julian ·

Dit is die beste nuus die hele week. Great ek hoop en glo hulle sal wen.

Jacques ·

Ai tog , eeennn sssooooo draai die wiel (baie vinniger as wat daar bereken het) .
Mnr . Barry Roux jy is sowaar besonders .

Antoon - Dankie Afri ·

Ek hoop as die twee manne finaal onskuldig bevind word dat die getuie 13 maande tronkstraf kry en nie n keuse van n boete nie. Die regter aan gekla word vir onbevoegdheid en geskraap word van die rol want niemand is veilig in sy verhoor tot n billike en regverdige verhoor nie..

jakes ·

Baie bly vir albei wat borgtog gekry het. Wat betreurenswaardig is, is dat die regter die mans skuldig bevind het slegs op grond van Pakisi se getuienis. Die regbank behoort die spesifieke regter ondersoek of hy geskik is om so n pos te beklee.

Koos B ·

Die gepaste ding sou nou wees dat die regter/landros en die liegbek 13 maande in die tronk sit.Die regter het hierdie saak doelbewus gesloer net omdat die mans blank is.Die liegbek en die regter gaan ongelukkig niks oorkom nie want hul kleur red hulle.

HPV ·

Koos jy is reg, hulle was slegs in die tronk omdat hulle blank was, daar geplaas deur die ANC se stel reëls wat op blankes alleen van toepassing is.

Pampoen ·

Waar is die polisie lede wat heel in die begin gesê het Doorewaard en Schutte het tevore al jeugdiges ingebring, ongedeerd. Waar is dier wee wandelaars wat gesê het hulle het by die kind VERBY GESTAP (sonder om hulp te verleen) en albei mans n entjie vorentoe teëgekom besig om die voertuig om te draai? Die regters en magistrate kyk net teen kleur vas. Hdh kan hulle op die Regsbank dien? Wanneer gaan Afriforum en VF+ daardie vraag aan die groot klok hang

Swanna ·

Dominee hoe kan jy versoening bewerkstellig as die ander party lieg want daar is klaar’n bewys van een partydigheid en die hofself het ‘n probleem. Jammer kan nie met jou saam stem nie en die bedarg vir bortgog is ook buiten sporig.

GM ·

Versoening? Dis meer as ‘n jaar van hul lewens wat hul nooit kan terugkry nie, en die skuldiges gaan niks oorkom nie. Die regter wat hul skuldig bevind het is pateties, en daar behoort ‘n voorbeeld gemaak te word van die rassiste. En hoekom nie hul vrylaat op R500 borgtog nie – soos in meeste ander gevalle nie?
Die standaarde wat toegepas word in die land darem…

Hennie ·

Die staat sê die beskuldigdes is skuldig bevind op die woord van n liegbek. Mooi so staat, julle kapabele optrede spreek vrot boekdele!

Hanlie ·

Goeie werk Afriforum en Adv Roux. Baie bly vir die families. Jammer dat die kindertjies solank sonder ‘n Pappa moes grootword.

bokke ·

Nou spring almal op die wa en sê die getuie het gelieg, ens, ens. Hierdie was slegs ‘n borgaansoek mense, niks met die aanhoor van die eintlike saak op appèl te doen nie en sal ons eers weet wat die uitslag is nadat die Appelhof die saak aangehoor het..

Doodstraf ·

Kan julle dink wat sou gebeur het met hierdie manne indien die doodstraf terug was?

Jannie van Niekerk ·

Ongelukig gaan die selferkende liegbek, Bonakele Pakisi wat getuig het teen hulle nie gestraf word nie.
Indien hulle onskuldig bevind word soos ons almal weet hulle is, en let wel INDIEN, want die ANC sal met leuens sorg dat dit nie gebeur nie, moet Pakisi dubbeld die tronktstraf wat elkeen sou kry opgelê word. Maar die onbekwame ANC regters sal natuurlik sorg dat dit nie gebeur nie. Suid Afrika se regstelsel is te partydig vir ANC, EFF, BLF, SAKP en COSATU misdadigers.

RATEL ·

Wil net graag by Cyril hoor hoe n blanke persoon 20jaar kry vir “moord” na die hoofgetuie erken het hyt gelieg en n swart moordenaar kry 12jaar? 1+1= NIE 2

Kas ·

Ai tog Nettie,as hulle hom met die boek slaan gaan hy dalk blou kolle hê en dalk ‘n knop op sy kop As hy gelieg het onder eed is dit meineed nie dwarsbomung van die gereg nie.Baie bly hulle het Borg gekry.Van die begin af geweet hy lieg.Het sy verklaring 3 leer gewysig om die staat as saak sterker te maak.Bo redelike twyfel is nie bewys nie.Dolus eventualus is nie teenwoordig nie.M A W opset was daar nie om te moor nie.

Sharpies ·

Dit is wonderlik. Nou kan die manne by hulle familie en Kinders wees die Kersfees. En Dankie AfriForum en Span julle is Tops.

Josef Slowinski ·

Onreg kan nie die waarheid oorwin! Baie dankbaar dat daar organisasies is wat die onreg beveg in hierdie donkere uur van die RSA se geskiedenis. Ek salueer julle almal wat die onreg beveg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.