Cosatu het weer ‘n beroep gedoen vir transformasie in rugby en het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die Springbok-slot Victor Matfield te kap oor sy kamoefleer-kopskerm.
Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, sê die kopskerm wat Matfield Saterdag in die Springbokke se toets teen Skotland gedra het, herinner aan dié van die polisie se onluste-afdeling tydens apartheid.
Hy sê Matfield het nie begrip vir die uitwerking wat dit op swart Suid-Afrikaners se gevoelens kan hê nie. Ehrenreich sê Matfield moet eerder ‘n kopskerm dra wat die nuwe Suid-Afrika weerspieël.
Ehrenreich het ook sy ontevredenheid uitgespreek oor die slakkepas van transformasie in Suid-Afrikaanse rugby. Hy het ‘n beroep gedoen op die minister van sport om daadwerklik in te gryp. “Die span op die veld is steeds oorverteenwoordig deur wit spelers, hoewel daar baie fantastiese swart spelers in die span is.”
Volgens Ehrenreich word swart spelers in die laaste vyf minute van die wedstryd op die veld gestuur. “Dit is omdat die afrigter bang is die swart spelers sal die wit spelers oorskadu as hulle meer tyd kry om te speel.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
100 Kommentare
Ek is nie ‘n rassis nie maar waar is die kwota spelers in sokker? Regtig get a life. Daar is geen politieke party verbind aan gekamofleerde klere nie, mag mens nou nie eers meer aantrek wat jy wil sonder dat hulle een of ander rasistiese neighing daaragter sien.
Ja Ehrenrich, dit sal net jy wees wat met alles fout vind.Jy is seker ook kwaad ,vir jou voorgeslagte,waarvandaan jy kom.Want hulle was sekerlik ook wit gewees.
Hoekom, praat en gaan jy nie gal af,oor die sokker nie.Wat heeltemal swart is.Wit het in jou brein gaan vassteek.Jy kom voor soos n ouvrou,met n nat broek,moun oor alles.
Dis pateties. Die kopskerm pas maar net by die trui wat hy dra as hy vir die Bulle speel.
Behoede tog dat Tony hom in n peleton van die nuwe SAW sal vasloop, dit sal n senuwee ineenstorting tot gevolg he,wonder of die bruin kleur van die ou ‘browns’ hom ook so traumatiseer. Die kopstuk van Victor is heel waarskynlik sy Bulle uitrusting………. ou gesanik Ehrenreich is maar wat hy is.
Leker lag ek nou. Die man is die kluts totaal en al kwyt. Ek dink hy moet sy varkies wat hy verloor het begin soek. Sodra almal veilig op hok is, gesels ons weer.
Kurt Darren, sien jy nou hoekom ons so ‘kwaad was vir jou?’.:
Dis nie omdat jy by die inhuldiging gesing het nie, maar omdat die mense met die mag nog steeds alles in swart en wit sien.