Covid-19-app: Ja of nee? Kenners gee raad

‘n Skermskoot van die regering se Covid-19-app op die Google Play Store. (Foto: Maroela Media.)

Kan ʼn mens die regering se Covid-19-app vertrou en moet mense dit aflaai? Wat word van my persoonlike inligting en gee ek die regering te veel mag? Of kan dit regtig help om die verspreiding van Covid-19 te bekamp?

Dit is die soort vrae op talle Suid-Afrikaners se lippe sedert pres. Cyril Ramaphosa verlede week gesê het buitelandse toeriste sal die app moet aflaai met hulle aankoms in Suid-Afrika as die land se grense weer op 1 Oktober oopgestel word. Hy het terselfdertyd Suid-Afrikaners aangemoedig om ook van die digitale kennisgewingstelsel gebruik te maak.

Maroela Media het met kenners gesels oor die kwelvrae.

Volgens Jan Vermeulen, ʼn algemene redakteur en ondersoekende joernalis by die tegniese webwerf MyBroadband, kan mense altyd eers kyk na die hoeveelheid toestemming wat ʼn app vra vir toegang tot sekere funksies op jou slimfoon.

“Ek dink die meeste Suid-Afrikaners met slimfone gebruik die Eskom Push-app wanneer ons beurtkrag het. Die app vra reeds bitter min van jou persoonlike inligting, maar om dit te gebruik moet jy dit toegang tot jou ligging en stoorspasie op jou foon gee.”

Vermeulen sê die Covid-19-app samel egter geen persoonlike data in nie en ʼn gebruiker hoef ook geen persoonlike data te verskaf om dit te gebruik nie.

“Dit is dieselfde as tegnologie wat al elders in die wêreld ingespan is en daar mag net een sodanige app in elke land gebruik word.”

Hy sê Google en Apple het ʼn ooreenkoms aangegaan en is onderworpe aan streng maatreëls oor watter soort inligting die soort apps wel mag insamel. In sommige lande is daar selfs al gekla omdat soortgelyke apps nie genoeg data insamel nie en dus eintlik nutteloos is vir enige verdere navorsing.

Vermeulen meen ook die app kan nie ʼn kontakopsporingstelsel genoem word nie omdat die hele stelsel anoniem is.

Die app is bloot ʼn kennisgewingstelsel wat Bluetooth gebruik in plaas van ʼn GPS-opsporing.

“As ek en jy in ʼn restaurant sit en ons albei het die app op ons fone afgelaai, stuur die fone vir mekaar ʼn kode wat in die agtergrond geskep word. Die kode word net vir 14 dae geberg.

“Indien ek in dié tyd positief vir Covid-19 getoets word, is daar ʼn knoppie op die app wat ek kan druk en ʼn kennisgewing sal dan uitgestuur word na al die ander kodes wat my foon in die 14 dae geregistreer het. Hulle sal dan ook raad ontvang oor wat die volgende stappe is om te doen soos om self te isoleer of vir ʼn Covid-19-toets te gaan.”

Dit maak die app heeltemal anoniem en daar is geen manier vir gebruikers om vas te stel wie positief vir die virus getoets het nie. Sou iemand die rugsteunstelsel kraak (hack), sal dit net nuttelose kodes wees wat moeilik met enige ander inligting verbind kan word.

Vermeulen sê die app is baie klein, gebruik min data en die Bluetooth het geen noemenswaardige invloed op sy foon se batterylewe gehad sedert hy dit vroeër die maand begin toets het nie.

Rianette Leibowitz, ʼn digitale ouerskapmentor, sê nog ʼn manier waarop jy kan bepaal of enige app iets is wat jy op jou foon wil aflaai, is deur te kyk na die bepalings en voorwaardes.

“In die Covid-19-app is daar spesifiek aangedui dat jy anoniem sal bly en dat niemand jou persoonlike inligting sal gebruik of versprei nie. Dit is jou kontrak wat jy met die ontwikkelaar het, en dit is iets waarna jy kan terugverwys, maar dan moet jy dit natuurlik eers alles deurlees.”

Leibowitz beaam ook dat die app gratis is, min data gebruik om af te laai en daar is geen aankope wanneer jy die app eers geïnstalleer het nie. Verder gebruik dit nie veel verdere data terwyl dit op jou foon gelaai is nie.

“Ek dink net dit is belangrik om kennis te neem dat die app wel ʼn ouderdomsbeperking van 12+ het. Dit is altyd vir my belangrik dat ouers hiervan kennis neem as hulle ʼn app aflaai.”

Leibowitz meen mense soek iemand om vir hulle te sê of hulle ʼn app moet gebruik of nie. “Die aflaai van ʼn app bly jou verantwoordelikheid en jy kan beheer neem deur te besluit of jy wel iets wil gebruik as jy die terme en voorwaardes van ʼn app noukeurig deurgelees het.”

Daar is ʼn balans wat ʼn mens kan en moet handhaaf tussen die voordele van ʼn digitale netwerk en die privaatheid van jou inligting.

“Talle mense is deel van groepe op Facebook en WhatsApp, want hulle sien hoe goed dit vir almal kan werk as ons saamwerk en mekaar in so ʼn groep ondersteun, maar het jy al gedink aan die hoeveelheid persoonlike inligting wat jy daar deel?

“Hierdie app is egter ook ʼn voorbeeld van hoe die tegnologiebedryf kan saamwerk om oplossings te vind vir die probleme waarmee ons tans worstel, asook hoe geïntegreerd ons gaan wees in die toekoms met slim stede en die internet van dinge (IoT).”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Persheks Adri ·

Nee dankie! Dis erg genoeg dat die regering klaar die Covid goed op ons Google rekening gelaai het SONDER toestemming! Gelukkig kon ek dit vinnig genoeg blok. Dis my privaat foon en word nie deur die regering betaal nie. Dit voel asof hulle op ons spioeneer om te kyk wat ons sê en doen…

Yolandie ·

Solank jy jou belasting betaal en nie een of ander ‘weird’ pedofiel is nie, het die regering regtig geen belang om op jou te ‘spioneer nie’. Die app sal jou net in kennis stel as iemand met wie jy in ‘close contact’ was positief toets – dan sal jy dalk twee keer dink oor jou voorbeplande kuier by jou bejaarde ouers, of ‘n hoe risiko familie lid. Die app sal mense net help om ingeligte besluite te maak, inplaas van om onwetend die virus oor te dra aan mense wat jy lief het. Asie het die tipe app baie suksesvol ingespan in die oorlog teen Corona, maar SAers is nog te affieplaas om te besef tegnologie kan help.

Carina ·

Hoe het jy die Google Covid geblok? Ek het op FB gesien dis op alle Android fone in die agtergrond gelaai en dit gaan soek. Ek het dit probeer delete maar kan nie.

Persheks Adri ·

Cherokee verduidelik dit baie mooi. Dis presies hoe ek dit gedoen het Carina. Hulle het geen reg op ons fone nie klaar en dit klink of jy saam stem baie dankie!

Persheks Adri ·

Google settings heel bo dan stel jy hom dat hy af is Carina. Ek gaan kyk elke dag om seker te maak hul doen dit nie weer nie

Casper ·

Persheks,die app is ook op my selfoon gelaai sonder my goedkeuring.Hoe kry jy dit af.

Persheks Adri ·

Google settings heel bo dan stel jy hom dat hy af is Casper. Ek gaan kyk elke dag om seker te maak hul doen dit nie weer nie.

Cherokee verduidelik dit baie mooi en onthou om geen app te “update” nie ASB! Al my “auto updates” is af en so te sê geen toestemming op niks nie.

Dubbelloop ·

Middag mense, ek is ń optimis deur en deur, maar jammer, hierdie vertrou ek geensins soos ek die regering en sy ministers nie meer kan vertrou en glo nie. My opine, wees waaksaam. Te verdag!

Cherokee ·

App aflaai? Is daar dan nog een? Dit is reeds op jou foon. Kyk Settings – Google en dit is heel bo. Myne is by default af en so bly dit. Ouderdomsbeperking van 12+? Niemand het gevra of ek reeds 12 is nie. Dit is sonder my toestemming installeer. Dit is egter by verstek af en so bly dit.

Luister ·

Hallo Cherokee. Hou jou vinger op die ding wat sê COVID-19 exposure notifications en lees wat alles daar staan. Hierdie stukkie app is deur Google op jou foon gesit en beteken op sy eie niks. Dit is op alle fone deur die hele wêreld gesit deur Google-update.

Anel ·

Niemand sal jou persoonlike inligting kry nie!! Wie probeer hulle bluf? Hoekom kry mens dan al hierdie snaakse oproepe en sms’e van onbekende mense wat al jou besinderhede ken en jou tot op jou naam noem! En wie het hulle die reg gegee om die gemors op ons fone te laai dat jy dit nie kan verwyder nie! Hulle probeer ons geheel en al beheer. En wat van iemand wat nie ‘n slim foon het nie? Ek gee my nommer vir niemand, nie eens vir dokters nie. Net lanlyn.

Johann ·

Whahahahahaaaaaa…die ANC regering en vertrou in dieselfde sin?

Adeline ·

Die Voos Vrot korrupte cANCer leier en regering is nie my leier nie – verseker nie en niks wat hy se raak my nie.. hierdie app kan maar ingestel en gebruik word met Black Matter – dit is hulle wat nagevolg moet word want hulle leier wat so korrup is moet toegang hê oor hoeveel hom volg.. so ook waar hulle misdaad pleeg – gaan glad nie oor covid-19 nie – dit gaan oor om mense te beheer. Waarvan Black Matter glad nie verseker die reëls nakom nie selfs nie in die hoogste poste van die parlement nie – wanneer uitgevang is die flou verskonings wat gebruik word werklik angswekkend belaglik en ongeloofbaar

Jacobus ·

Een voorbeeld – ons betaal ons belasting en kyk wat word daarvan. Ons is maande lank komprehensief mislei en belieg. Beter niks verder sê nie!

Baas van die plaas ·

“knoppie op die app wat ek kan druk en ʼn kennisgewing sal dan uitgestuur word”
Ek dink die app stel ons bloot aan misbruik deur gebruikers wat moedswillig die knoppie sal druk.
Nee wat kyk maar na PANDA se data. Die virus is nie so dodelik nie. Vergelyk Covid-19 sterftes met ander infeksies se sterftes.

Persheks Adri ·

Weet julle, hierdie is soos die 5G toring storie wat hulle wil doen! Hoop almal het daai petisie gaan teken en nee gesê

Jan ·

‘n Meer relevante vraag is waarom sulke omvattende maatreëls nie in 2018 ingestel is toe 36 810 mense aan daardie jaar se coronavariant van griep gesterf het nie? En waarom nie vir TB wat jaarliks tot soveel as 60 000 sterftes lei nie? Wat maak vanjaar se corona-variant met ‘n verwagte 17 000 of 18 000 sterftes so spesiaal?

OW ·

Jou relevante vraag se antwoord is baie eenvoudig.Jou coronavariant van griep is nie naastenby verwant aan die Corona Cov 2 virus wat covid 19 veroorsaak nie.Die genus naam is dieselfde maar die honderde spesies verskil almal van mekaar.Griep entstowwe vir griep bestaan al dekades en is nie meer epidemies nie maar endemies.Dieselfde geld vir TB.Die Corona Cov 2 bly pandemies (epidemies)tot ‘n voorkomende entstof ontwikkel is.

Magda ·

Dankie maar NEE Dankie – Vertrou NIKS wat van die ANC af kom nie, na30jaar in bewind het hulle alle vertroue wat daar was vernietig. Gee die APP vir julle mense ANC want dit is waarvoor Julle staan – Julle mense nie mense van Suid Afrika nie – maar JULLE MENSE – SE GEE DIE APP MAAR VIR HULLE .

Phillip ·

Ek het myne afgelaai en dink dit sal goed werk as meer mense dit gebruik

Elsabé ·

En ons moet die regering of google glo? Nee dankie… los my uit.

john ·

Daar is sekere gou reels in die lewe Nr 1 in die weermag meld nooit an vir n vrywilliger. No 2 vertrou nooit eenige regeering vir eenige navorsing, beskerming , apps etc. want hulle sal hulle mag misbruik.

Jax ·

Nee onder geen omstandighede sal ek die app laai nie. Die regering weet meer as genoeg van my!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.