Covid-19: Binnelandse sake se hoofkantoor gesluit

(Foto: Unsplash)

Die hoofkantoor van die departement van binnelandse sake in Pretoria is gesluit ná ʼn algemene werker positief getoets het vir Covid-19.

Die kantoor is Woensdag gesluit, het die departement in ʼn verklaring gesê en bygevoeg “sewe beamptes” was in kontak met die betrokke personeellid. “Al die kollegas ontvang berading en ondersteuning. Die sewe beamptes is ook aangeraai om te self-isoleer, omdat hulle nie enige simptome toon nie.”

Die gebou word ontsmet en personeellede sal na verwagting Dinsdag terugkeer.

“Senior beamptes en diegene wat noodsaaklike dienste lewer, sal van die huis af of ander kantore af werk. Die gebou wat die kantore van die minister en die adjunkminister huisves, is in Hatfield geleë en is ook ontsmet.”

Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, het die betrokke personeellid spoedige beterskap toegewens en “moedig beamptes aan om bedagsaam en veilig te bly”.

Drie kantore in die Wes-Kaap van die departement van arbeid en die Werkloosheidsversekeringsfonds se hoofkantoor in Pretoria is Woensdag gesluit ná personeellede positief getoets het vir Covid-19. Die betrokke kantore is ontruim sodat dit ontsmet kon word en sal na verwagting volgende week weer oopmaak.

Mawele Ntamo, hoofdirekteur van provinsiale bedrywighede in die Wes-Kaap, het gesê die beamptes het kontak gehad met ander werknemers wat by arbeidsentra werk. Die betrokke personeellede sal ook self-isoleer en berading ontvang.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adriaan ·

En n week of 2 na die heropening toets nog iemand positief en dan sluit hulle weereens vir n week. En so kan dit herhaal tot wie weet wanneer. Daar is nie weg te kruipe vir die virus nie. Laat siek mense toe om te herstel en laat die gesondes toe om hulle normale gang te gaan.

Pieter ·

Hulle werk in elk geval nie die helfte van hulle hang net rond en ons betaal hulle om niks te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.