Covid-19 blameer vir vertraging met prestasie-ooreenkomste

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa was glo van plan om teen einde Maart prestasie-ooreenkomste met sy kabinet te begin onderteken toe die Covid-19-pandemie ʼn stokkie daarvoor gesteek het.

Dit kom nadat die DA verlede week gesê het dat Ramaphosa nie by sy belofte gehou het om prestasie-ooreenkomste met ministers en adjunkministers aan te gaan nie.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het egter nou teruggekap en gesê die ooreenkomste gaan binnekort onderteken word. Die verwarring het glo gekom weens Mthembu wat nie ʼn portefeuljekomitee in die parlement kon bywoon nie.

“Die president het aanvanklik beplan om die ooreenkomste met ministers van 26 Maart af te begin onderteken. In dié tyd is Covid-19 tot ʼn wêreldwye pandemie verklaar deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en pres. Ramaphosa het op 15 Maart ʼn nasionale ramptoestand aangekondig.”

Volgens Mthembu het die Covid-19-pandemie sommige van die aanvanklike planne en begrotings van die verskillende departemente aansienlik beïnvloed, wat gelei het tot die hersiening van die jaarlikse prestasieplanne.

“Daar word tans na die ministers se verantwoordelikhede gekyk nadat hersiene prestasieplanne verlede week aan die parlement voorgelê is. Die ministeriële verantwoordelikhede word in konsepprestasieooreenkomste opgeneem wat met die president onderteken moet word. Hierdie proses is amper op sy einde,” aldus Mthembu.

Ramaphosa sal sy insette gee op die konsepooreenkomste en verder individueel met die ministers oorleg pleeg. Wanneer die proses afgehandel is, sal die president “in die komende weke” prestasie-ooreenkomste met die ministers onderteken.

“Die regering bly daartoe verbind om voort te gaan om aanspreeklikheid te verbeter deur middel van ʼn gestruktureerde prestasiebestuurstelsel op uitvoerende vlak,” het Mthembu bygevoeg.

Ramaphosa het in sy staatsrede op 13 Februarie vanjaar gesê dat die ooreenkomste teen die einde van daardie maand onderteken sou wees.

“Hierdie ooreenkomste wat gegrond is op die teikens in die Mediumtermyn- Strategiese Raamwerk, sal openbaar gemaak word sodat die mense van Suid-Afrika diegene wat hulle verkies het, tot verantwoording kan roep.

“Ons beskou hierdie prestasie-ooreenkomste as die hoeksteen van ʼn nuwe kultuur van deursigtigheid en aanspreeklikheid, waar diegene wat die verantwoordelikheid kry om te dien – hetsy as verkose ampsdraers of staatsamptenare – doen wat van hulle verwag word,” het die president gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Renee ·

Covid-19 kry skuld vir alles tot hulle leuns hy moes die ondetekening al einde Feb 2020 gedoen het.
covid het eers in Maart begin ek wonder maar net hoeveel leuns ons nog gaan hoor. Glo geen woord meer nie

Pieter ·

haha Renee, die Covid-19 en Apartheid sal nou saam skuld dra op alles. Die maklike weg vir korrupte Anc.

Pieter ·

n Verskoning van cyril, onmoontlik! Skuus Jan, anc het nie vergeet van jou nie, hulle sal jou weer volgende keer gebruik as verskoning vir hulle patetiese poging om te regeer.

PH ·

Hoekom is dit nodig dat die ministers “ooreenkomste” moet teken voordat hulle aanspreeklik gehou kan word, huh?
Wat beteken die ” insweer” van ‘n minister dan? Niks?

Pieter ·

Die insweer is om deel te word van die “diefstal en lieg-en-bedrieg klub”.

Adam Adriaan ·

Ek het nie geweet dat ‘n werknemer as hy begin werk; gesmeek moet word om net dit te doen wat in sy pligstaat staan nie. Soos wat ek nou verstaan, daag die kabinetslede elke oggend op by die werk. drink koffie en tee, sit rond en gesels, want daar is nie ‘n ooreenkoms met hulle aangegaan om die werk te doen waarvoor hy/sy aangestel is nie. In my dae is jy “gefire” as jy nie jou werk doen nie, wat nog te sê ‘n prestaasie ooreenkoms te teken. Prestasie en erkenning volg outomaties as jy pligsgetrou jou werk met ywer en passie doen. Dit is hoekom dit so met die regering gaan. Nog ‘n bietjie slaap nog ‘n bietjie sluimer; nog ‘n bietjie handevou; so bekruip die armoede jou soos ‘n gewapende man. Luiaards , gaan na die mier en word wys!!!!

Anel ·

Sover ek weet wor hulle ‘n masiewe salaris betaal om te WERK. Hoekom moet hulle nou nog wag vir prestasie ooreenkom? Dan kom daar seker ook bonus by?

Jaco ·

Covid-19 gaan nog die skuld kry vir plaasaanvalle en plaasmoorde ook.

Scalla ·

Covid 19 word as verskoning gebruik as rede vir die onbevoegde bestuur.

Nie Verbaas ·

En wat is ANC se definisie van prestasie as van die LURs en ministers nie eers getalle kan lees en uitspreek nie?

Aries ·

Hierdie sogenaamde prestasie- ooreenkomste is niks anders as om die onbeholpe ministers te evalueer sodat hulle meer geld kan kry nie want Cyril sal VIRSEKER hulle nie aanvat as hulle nie “presteer” nie

Willem ·

Arme virus. As hy moet weet waarvoor kry hy alles die skuld hier in SA verdwyn hy sommer

Nie Verbaas ·

Nou kan ANC rassisme en Covid 19 blameer vir leuens en onbevoegtheid. As ANC die prestasie ooreenkomste teken sit hulle almal binne n maand sonder werk.

Persheks Adri ·

Prestasie ooreenkoms? Mmmmmm… Ek volg nie lekker nie. Seker oor hulle nie eers weet HOE om te presteer nie en totaal en al ONBEVOEG is!!! Hulle maak mos klaar genoeg geld en verdien geld op die swart mark so hoeveel meer wil jy nou he vir niks doen nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.