Covid-19-gevalle in SA begin afneem

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Kenners meen Suid-Afrika het reeds die kruin van sy derde koronavirusgolf bereik en is op die “afdraande pad”. Hulle voorspel egter dat Suid-Afrikaners eers oor ʼn maand werklik kan begin agteroorsit.

Dit is boonop nog onduidelik wat die uitwerking van die huidige onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal op die verspreiding van die virus sal hê.

Piet Streicher, data-ontleder van die Suid-Afrikaanse organisasie Pandemic Data & Analytics, beter bekend as Panda, het vandeesweek aan Maroela Media gesê Gauteng het reeds die kruin van sy derde virusvlaag bereik en gevalle is aan’t afneem. Hy sê die aantal daaglikse nuwe gevalle het teen 4 Julie ʼn piek bereik.

Dié provinsie het Donderdag 7 309 nuwe virusgevalle aangeteken. Dit is byna die helfte van die 16 000 nuwe daaglikse gevalle wat vroëer vandeesmaand nog aangeteken is.

Streicher sê die provinsie het ook sy kruin bereik wat Covid-19-verwante sterftes betref en die vraag na hospitaalbeddens vir Covid-19-pasiënte gaan binnekort begin afneem.

Reint Dykema, kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut, verduidelik dat Suid-Afrika as land reeds sy kruin bereik het toe Gauteng begin vandeesmaand die meeste infeksies nóg aangeteken het, aangesien dié provinsie die derde golf gedryf het.

Nuwe gevalle behoort dus nou in ander provinsies ook te begin afneem, soos reeds in die Wes-Kaap duidelik is. Dié provinsie het die afgelope week ʼn toename van 13,5% in nuwe gevalle aangeteken, teenoor die 29%-styging verlede week. “Die aantal daaglikse hospitaalinnames neem egter steeds toe, met sowat 280 nuwe opnames elke dag,” lui ʼn verklaring Donderdag deur die Wes-Kaapse wetgewer.

Streicher sê hoewel die daaglikse nuwe infeksiesyfers nou begin afneem, beteken dit hoegenaamd nie ʼn skielike en skerp afname in sterftes nie. Hy meen daar sal waarskynlik vir die volgende ruk nog net soveel mense doodgaan as voor die piek. “Mense moenie dink dit is al verby nie.”

Dykema verwag dat sterftes wel oor sowat twee weke sal begin afneem en dat Suid-Afrika teen middel Augustus moontlik al verby die derde virusgolf sal beweeg.

Streicher dink Suid-Afrika sal eers teen einde Augustus wees waar die land in Mei vanjaar was toe tussen 1 000 en 2 000 nuwe Covid-19-gevalle daagliks aangemeld is.

Die derde golf was erger

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Volgens Streicher was Gauteng se derde virusgolf sowat 40% groter as die provinsie se tweede golf. Hoewel byna dubbel soveel nuwe Covid-19-gevalle gedurende die derde golf aangemeld is as tydens die tweede golf, het die getal sterftes nie merkbaar toegeneem nie.

Streicher sê dit is waarskynlik omdat die Delta-variant meer aansteeklik is, maar nie meer dodelik nie.

Streicher sê die Wes-Kaap beleef hierdie ronde ʼn kleiner virusgolf vergeleke met die tweede golf en hoef dus nie soortgelyke uitdagings as Gauteng die hoof te bied nie.

Dít terwyl 62% van die Oos-Kaap se bevolking reeds voor dié provinsie se derde virusgolf immuniteit teen Covid-19 opgebou het. Dit is volgens ʼn opname deur die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SABS) wat verlede week bekendgemaak is. Hiervolgens het meer as die helfte van Kwazulu-Natal se inwoners (52%) ook reeds Covid-19 opgedoen.

“Die immuniteitsvlakke in ryker gemeenskappe is baie laer – dit kan tot drie keer laer wees. Die Covid-19-pandemie is dus eintlik al verby in arm gebiede, terwyl mense in ryker gemeenskappe versigtiger moet wees en die pandemie vir hulle dalk nog in ʼn vroeër stadium is.”

Ridhwaan Suliman, senior navorser by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR),  waarsku egter dat die huidige onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng, waartydens massas mense die strate invaar sonder ʼn masker in sig, infeksies weer kan laat opvlam.

“Suid-Afrika kan ʼn langer stertkant [van die virus] beleef of selfs ʼn moontlike oplewing of toename in infeksies sien, indien huidige gebeure in superverspreiderbyeenkomste ontaard,” het Suliman wel gewaarsku.

Uitwerking van die onluste

Volgens Dykema kan daar in dié stadium maar net bespiegel word oor die uitwerking wat die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng op die nasionale Covid-19-syfers gaan hê.

“Die kurwes beweeg sywaarts af. Die [aantal] daaglikse infeksies kan moontlik langer uitgerek word, maar dit gaan nie daartoe lei dat die kurwe weer na bo draai nie.”

Streicher sê hy kan ook nie sien dat die onluste ʼn wesenlike verskil in KwaZulu-Natal gaan maak nie, juis omdat die meeste van dié inwoners reeds immuun teen Covid-19 is. Dit kan wel moontlik probleme vir Gauteng inhou, waar die immuniteit in baie gebiede nog laag is.

Streicher voorspel ook dat daar moontlik in die komende dae of weke nie juis betroubare Covid-19-statistieke vanuit KwaZulu-Natal gaan kom nie, weens die ontwrigting wat die plundery inhou.

“Dit gaan lyk of Covid-19 in KwaZulu-Natal verdwyn het.”

Hy sê die strooptogte kan natuurlik ook ʼn negatiewe uitwerking op hospitale in dié provinsie hê, omdat mediese dienste ontwrig word.

ʼn Moontlike vierde virusgolf

Dykema meen dit is te gou om te voorspel wanneer ʼn vierde golf Suid-Afrika moontlik kan tref. Hy wys wel daarop dat die Delta-variant en die winterseisoen veral daartoe bygedra het dat die derde golf baie groter as vorige golwe is.

“In daardie opsig sal ʼn vierde golf moontlik heelwat kleiner wees, behalwe as daar weer ʼn ander variant kop uitsteek.”

Dykema meen wel die groter beskikbaarheid van ivermektien kon daartoe bygedra het dat die derde golf tot ʼn mate vinniger gedraai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Chef ·

Is dit dan nog steeds nodig om die mense van die Oos-Kaap wat immuniteit opgebou het (62%) nog in te ent? Hoe vergelyk die getalle van natuurlike immuniteit met die van die Inenting verwante immuniteit, spesifiek in die Oos Kaap? Dit sal nogal interresant wees.

Ilze ·

Mense-julle moet ook ivermektien voorkomend EN genesend gebruik. Dit WERK!!!! Mense pille is nou beskikbaar by baie dokters en ons smeer steeds sommer die diere-ene!!

Lionel ·

Ilze – Ivermektien kan NIE voorkomend gebruik word nie, want dit kan nie covid voorkom nie. Daar is nog steeds ook nie medies bewys dat daar n causal relationship tussen dit en om van covid te herstel is nie….

Hendrik Marthinus ·

Ons Kan man
Ja daar is Baie dinge wat verkeerd loop, maar ons Land Kan saam staan Wanner almal Dink dus te laat.
Ons Kan en gaan die virus wen, dit gaan dalk nog maande selfs n jaar vat, maar ons gaan ook dalk soos in Frankryk, England, etc weer Kan normaal lewe.
Ons moet net inentings in getuisterde gebiede op die been kry, vir die wat inentings Wil neem.

Jaco ·

“Covid-19-gevalle in SA begin afneem”
Net tot wanneer die Desember 6 weke lange skoolvakansie aanbreek. Dan word daar weer skielik nog ‘n corona wave uitgedink en word alle strande gesluit. WEG is wit mense se tradisionele vakansie by die see, weg is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar en dan word die Wes Kaap, waar “die rassistiese DA” in beheer is, sê ekonomie lekker seergemaak.
Ramaphosa het mos juis al meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Daleen ·

Jaco jou behebheid met ras is belaglik. Kom ek se jou die strande Desember maand word deur alle rasse gebruik so hou jou rassistiese kommentaar vir jou facebook waar ek dit nie hoef te lees nie.

OW ·

Begin jou eie besigheid Jaco,dan is jy saam met die ouens in die sop,en julle kan dan lekker beraadslaag en planne maak.

Chef ·

Engeland se bevolking is byna almal al inge-ent, maar hulle infeksie koers styg teen enorme tempo, gister 50000 (47% styging) nuwe gevalle (break through infections), terwyl die infeksie koers onder die wat nie inge-ent is nie, met 22% gedaal het.

Chef ·

Die wetenskaplikes in die VK het ‘n waarskuwing uitgebring vir entstof weerstandige mutasie. (Vaccine resistance)

MakersMark ·

Die inenting waarborg nie 100% beskerming teen infeksie nie maar amper 100% teen hospitalisasie of afsterwe agv CV19. Lees verder berigte dat 99% van die wat sterf agv CV19 in die VSA is nie ingeênt nie. VK dieselfde.

Chef ·

Dis nogal ‘n punt vir bespreking. Het gister l ‘n webinar gekyk juis oor die data en interpretasie daarvan. Die VSA se data is op die oomblik ‘n uitskieter en vergelyk glad nie met die res van die wereld s’n nie. Israel se data word gereken as die betroubaarste en wys die volgende goeie nuus: Natuurlike immuniteit is baie meer effektief as enstof ge-induseerde immuniteit. Die kanse op herinfeksie na natuurlike immuniteit teenwoordig is, is slegs 0.008% teenoor 0.3% met ge-induseerde immuniteit Dus 6.75 keer groter kans op infeksie na entstof ge-induseerd. Is dit nie goeie nuus nie.?

Anoniem ·

Die hoeveelheid mense wat doodgaan as jy vir natuurlike immuniteit gaan is nie goeie nuus nie

Chef ·

Koos ek volg verskeie bronne op ‘n daaglikse grondslag, veral die VK, Israel en VSA. Ek kan die verwysings vir jou PM. Daar is geen twyfel dat die entstof ook bydra tot immuniteit nie, maar die ‘onbekende’ in die entstof noop my om baie deeglik te besin. Enige natuurlike weerstand is rede tot blydskap.

Sambok ·

Dis maklik om syfers te manipuleer tot die regering se voordeel vir inperking-een dag op en ander dag af,wie audit die syfers?

Chef ·

Koos, het jy gesien dat die projekteerde uitkomste en dataverwerking, gebaseer is op die modelle van aktuarisse wat vir die versekeringsbedryf ontwikkel is.

MakersMark ·

Derde golf, derde inperking, derde keer dat gevalle afneem na strenger inperkings maatreëls ingestel is. Die dra van maskers, sosiale afstandhouding en die vermy van groot byeenkomste werk. Dis nou al 3 keer bewys.

MakersMark ·

Daar is baie van hulle hier. Geen idee wat hul sê nie en raak dieselfde snert kwyt elke dag. Kyk na die infeksie gevalle, sodra inperkings vlakke laer verstel word, neem infeksies toe. Sodra die inperkings vlakke strenger word neem infeksies af. So dra van maskers, sosiale afstandhouding en vermyding van groot byeenkomste, en sanitasie van hande werk. Die is nou die derde keer en vir sommiges het die liggie nog nie aangaan nie. Iemand het ‘n aanmerking gemaak dat “common sense is not that common at all”. Hier sien jy dit in aksie.

Jan ·

Die infeksies is lankal vrees- en maatreëlgedrewe terwyl die ironie is dat die “maatreëls” nerens ter wêreld meer voor- as nadele inhou nie, maar hulle word steeds afgedwing so asof dit werk.

MakersMark ·

Dalk moet jy ophou fop nuus versprei mense is al toegesluit daarvoor.

Chef ·

Stadig mense. Bly kalm en realisties. Ons moet mekaar nie verder verdeel nie. Kom ons doen bietjie navorsing oor wat werklik aan die gang is. Enige persoon wat inge-ent is, kan die virus nog steeds opdoen en aansteeklik wees vir ander. Dis nie waar dat oninge-ente persone meer aansteeklik is nie. Ons moet ook nie skuldgevoelens kweek indien jyself of persone rondom jou siek word nie. Dit skep ‘n ongesonde samelewing.

Francois Le Cochon ·

Hier in my geweste is daar al hoe meer Covid Cowboys wat begin om die realiteit te besef, hoe nader ernstige covid gevalle en sterftes aan hulle kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.