Covid-19: Ramaphosa verdedig afsondering

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Terwyl Suid-Afrika vandeesweek waarskynlik meer as 50 000 Covid-19-gevalle gaan sien en die 1 000-sterftekerf gaan verbysteek, sê pres. Cyril Ramaphosa hy is, nes alle ander Suid-Afrikaners, bekommerd oor die toename in die gevalle.

“Terwyl die syfers rofweg ooreenstem met die modelle wat voorspel is, is daar ʼn groot verskil tussen ʼn grafiek op ʼn stuk papier en om te sien hoe regte mense die infeksie opdoen, talle siek word en sommige selfs sterf,” het Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief gesê.

Hy sê die staat van landwye afsondering, wat nou reeds meer as twee maande lank duur, het die verspreiding van die koronavirus vertraag en die owerhede kans gegee om gesondheidsinstellings voor te berei vir die verwagte toename in infeksies.

“Die afsondering was nie net noodsaaklik nie, maar het ons almal kans gegee om aan te pas en met die virus saam te leef,” sê Ramaphosa.

Volgens hom wys studies dat Suid-Afrikaners heelwat weet van die koronavirus en dat hulle die nodige stappe doen om te verseker dat Covid-19 nie versprei nie. Sosiale afstandhandhawing bly egter steeds ʼn groot uitdaging, veral in openbare plekke.

Ramaphosa sê ook sakeondernemings, staatsdepartemente, skole en ander instellings het die tyd benut om voor te berei vir ʼn geleidelike terugkeer na ʼn situasie wat ten minste naastenby normaal is.

Die president het die Wes-Kaap verlede week besoek. Die provinsie is steeds die episentrum van koronavirusinfeksies en tweederdes van alle bevestigde gevalle is daar aangemeld. Hy sê hy was beïndruk deur die provinsie se reaksie en voorbereidings wat getref word vir genoeg beddens, personeel en mediese voorraad om die stygende getal mense wat hospitaalbehandeling benodig, te kan help.

Ramaphosa sê ondanks sy beste pogings benodig die Wes-Kaap steeds nasionale hulp, waaronder bykomende finansiering en gesondheidswerkers.

Die Wes-Kaap en die Oos-Kaap is nou die provinsies waar infeksies die vinnigste toeneem en talle van dié infeksies is die gevolg van mense wat in die Wes-Kaap werk en dan na hul huise in die Oos-Kaap terugkeer. “Dit sê vir ons geen gedeelte van die land is ʼn eiland nie en dat alle Suid-Afrikaners, ongeag waar hulle woon, waaksaam en voorbereid moet wees.

“Dit is om dié rede dat reis tussen provinsies op vlak 3 verbode bly, behalwe in spesifieke omstandighede en met die nodige permitte.”

Ramaphosa sê die getal infeksies styg waarskynlik vinniger as wat die meeste mense verwag het, maar mense moet net bekommerd, nie paniekerig nie, wees.

“Ons het gewys ons kan die verspreiding van die virus verminder en ons moet aanhou om maatreëls te tref om die kurwe af te plat. Selfs belangriker nog, ons moet voorbereid wees om die getal sterftes te verminder deur die nodige gesondheidsmaatreëls in werking te stel.”

Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet as enkelinge én as gesinne voorberei vir die moontlikheid dat een van hul geliefdes dalk Covid-19 opdoen. Huisgesinne met lede wat oorgewig is, dié met diabetes, hipertensie, kanker, tuberkulose of MIV/vigs moet ook planne beraam oor waar om ʼn siek familielid in isolasie te hou en vasstel waar die naaste kwarantynfasiliteit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Frannie ·

Die Lockdown het nou sy doel gedien mos. Mense wat oud en siek is moet nou na hulleself kyk en in hulle huise bly. So ook dié wat in aanraking was, of vermoed hulle kan dalk die virus onder lede hê.
Ek is seker hier is genoeg mense met karre wat bereid sal wees om hulle meds en inkopies vir hulle te doen. Ek weet ek sal, ek kort ‘n inkomste nou dringend!

Kobus ·

Geagte Ramp-maposa, besef jy dat daar al laas week berig was dat daar nie genoeg toetse is om almal behoorlik te toets nie, hoeveel van die nuwe uitslae is nie net “screenings” wat gedoen was nie? Laasweek was hulle al iets soos 26 duisend uitslae agter, nou ewe skielik is daar 2 tot 3 duisend mense per dag ekstra? Ek is bly om te sien dat jy so bekommerd is oor die 59258991 plus in jou land waarvan sover nog net 920 duisend mense getoets was.

JohanR ·

My maat glo nie meer ‘n enkele word wat uit jou bek uitkom nie! Het jy vir President Nkosazana Dlamini-Zuma permissie gevra woordat jy die storie die wereld ingestuur het? In alle geval julle dink nie eintlik vir julle self nie, maar volg maar net wat die WGO vir julle se soos poppe op ‘n stukkie tou! As die WGO vir julle se ons moet togesluit wees tot Mei 2030 sal julle se “laat dit soe wees.” Cyril jy het GEEN meer geloofwaardigheid meer nie. Dit is alles verlore met die sigaret storie…..

JJ ·

Mnr die President. Ek verstout my om die lirieke van Dear Mr. President deur Pink speasiaal vir jou aan te pas:
Dear Mr. President,
Come take a walk with me.
Let’s pretend we’re just two people and
You’re not better than me.
I’d like to ask you some questions if we can speak honestly.

What do you feel when you see all the deserted streets?
Who do you pray for at night before you go to sleep?
What do you feel when you look in the mirror?
Are you proud?

How do you sleep while the rest of us cry?
How do you dream when a mother cannot feed her child?
How do you walk with your head held high?
Can you even look me in the eye
And tell me why?

How do you sleep with all the lies?
How do you dream when we cannot even leave our home?
How do you walk with your head held high?
Can you even look me in the eye
And tell me why?

What do you feel when you see the army on the streets?
Who do you pray for at night before you go to sleep?
What do you feel when you look in the mirror?
Are you proud?

JJ ·

Dear Mr President vervolg:
How do you sleep while the rest of us cry?
How can you lock us down without providing for our needs?
How do you walk with your head held high?
Can you even look me in the eye
And tell me why?

Dear Mr. President,
Were you a lonely boy?
(Were you a lonely boy?)
Are you a lonely boy?
(Are you a lonely boy?)
How can you say
This is the new normal?
We’re not dumb and we’re not blind.
They’re all sitting in your Council
Paving our road to hell
What kind of ruler would take his own slave’s rights away?
And what kind of ruler might hate his own slaves as to condemn them all?
I can only imagine what the Council has to say
You’ve come a long way – now you are marching without us

How do you sleep while the rest of us cry?
How do you dream when a mother cannot feed her child?
How do you walk with your head held high?
Can you even look me in the eye
And tell me why?

JJ ·

Let me tell you ‘bout living in a shack
with a baby on the way
Let me tell you soldiers forcing their way
Rebuilding your Life after Your Virus Council got their way
Let me tell you ‘bout hard work
Building a bed out of a cardboard box
Let me tell you ‘bout hard work
Hard work
Hard work
You don’t know nothing ‘bout hard work
Hard work
Hard work
Oh

How do you sleep at night?
How do you walk with your head held high?
Dear Mr. President,
You’d never take a walk with me.
Would you?

Trotse Boervrou ·

TB, Vigs, en duisende ander siektes, is oordraagbaar. Daar is al soveel mense daaraan dood en die syfers is nou-al ontelbaar wat lewensverlies aanbetref. Waarom is daar nog nooit ‘n inperking ingestel vir dit nie. Vergelyk dit met Covid19 en kom tot die besef dat mense op hol gejaag word vir griep. Sien asb die groter prentjie raak.

Francois ·

Wanneer gaan Ramaphosa ophou lieg. Die getalle vertoon nou hoog omdat daar so helse agterstand is. Hoeveel mense gaan dood aan normsle omstandighede maar word verkeerdelik aangedui as Covic dood. Die toetse is nie akkuraat maar dit val duidelik in julle skoot om die land te vernietig deur ons so lank as moontlik in isolasie te hou

Pierreli ·

Ek wil niks meer van hierdie regering hoor nie. Ek bid dat onse Hemelse Vader hulle verwyder.
Hulle sal nie van hul voorvader geeste afstand doen nie, so hulle sal nooit gered kan word nie. Ook nooit het een van hulle ooit erken dat hulle verkeerd is nie, self hulle kamstige ikoon, nelson mandela het nooit sy eie dade veroordeel nie.

Isabella ·

Glo niks wat hy se hy maak veskonings vir sy onregverdige lockdown die ekonomie wat in duie gestort het n vir al die wit besighede wat toe moes maak en die wat nog nie oop kon maak

Faraway ·

Of ons dit wil erken of nie , die lockdown het die proses vertraag . . . wat NODIG WAS!!!
Dis jammer die staat is nie by magte om lockdown nog 21dae (en in die 21dae almal wat nie kan nie van kos voorsien om tuis te bly ) absoluut voluit te hou nie want dit sal en sou duisende se lewens spaar wat nou moontlik gaan sterf!
Wanneer jy dit gaan besef is wanneer die dood aan n deur naby jou gaan klop . . .of dalk aan jou eie

Mariana ·

Dit is goed dat Wes- Kaap nou reeds soveel gevalle het en dat daar voorsorg vir behandeling getref is, daar is ook reeds duidende wat reeds herstel het en nuwe gevalle word spoedig behandel. Ten minste word toetse gedoen en daar gaan tyd kom wat die virus gaan hoogty vier in ander provinsies waar toetse stadiger gedoen is. Kan net sê welgedaan Wes-Kaap. Doen so voort. Hoe vinniger toetse is, hoe vinniger kan behandeling toegepas word. Meeste sterftes was as gevolg van onderliggende gesondheidsprobleme.

marius ·

Kom wys persoonlik waar die voorbereide gesondheids departemente in limpopo is . Die mense wil dit bitter graag sien . Trek gewone klere aan sonder begeleide gevolg en kom wys !

Jinxy ·

Die “lockdown” was aan die begin om hospitale ens voor te berei vir die virus teen hierdie tyd moes dit mos nou al gebeur het!? Nee wat glo geen meer een woord wat enige een van julle vir ons vertel nie! Stadig maar seker raak almal “gatvol” vir die leuens! Ek dink op die stadium weet almal al wat die risiko’s is, as jy sonder ñ masker rondloop kan jy die virus kry ens… jou huishulp mag kom werk maar familie mag nie kom kuier nie… Kriminele word vrygelaat maar behoed jou siel as jy rook! Pft! Ek rook en niemand sal vir my vertel ek moet ophou nie! So gan bars S. A. kabinet sou pinochio skaam maak

Alida ·

Ai CR julle was te haastig. Maart was nog somer. Haastige hond verbrand sy bek.

Sarel ·

Die verskil is SA us uitgelewer aan ‘n stelsel wat 1) Die Staatshoof st mag ontneem.en in die hande van onbevoegde Ministers plaas??? Waar vind jy dat ‘n Staatshoof ondergeskik is aan ‘n Minister.
In SA word die Pandemie gebruik vir bevordering van Politieke Ideologie.

Jan ·

Die Covid-19 “nuwe normaal” is dwaas. Dit takel ons immuniteit af.
Die 1914-1918 oorlog het 240 miljoen mense fisies geraak. Dit het die wêreldbevolking se immuniteit afgetakel. Toe sterf daar tussen 17 en 100 miljoen mense weens griep.
Covid-19 se impak is waarskynlik die gevolg van swak dieet- en leefstylkeuses wat ons weerstand reeds afgetakel het.
Byna alles wat ons doen om verspreiding van die virus te bekamp, is teenproduktief. Maskers, isolasie, min sonlig, aanraking en sosiale interaksie, armoede, swak voeding, negatiwiteit en media wat vrees aanblaas, wek angs en stres en takel ons immuniteit verder af.
Jesus leer dat fisiese aanraking belangrike is vir genesing, liefdebetoning, seëninge ens. Na mate ons verder van hierdie belangrike beginsels wegbeweeg deur paniekbevange maar vergeefs van virusse af te probeer vlug, beweeg ons nader aan selfvernietiging.
Die “nuwe normaal” wat nou gepropageer word lyk na opstand teen ons Skepper en die normale orde wat Hy vir ons gegee het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.