Covid-19: Ras wél faktor vir regeringshulp aan ondernemings

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. (Foto: AfriForum)

Dit blyk dat ras wél ʼn rol sal speel wanneer geld toegeken word aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) tydens die algehele afsondering wat eersdaags in Suid-Afrika geld.

Verskeie organisasies het Dinsdagoggend woedend gereageer nadat ʼn regeringsdokument uitgelek is waarin die vereistes vir finansiële hulp aan KMMO’s gestipuleer word. Hiervolgens moet 51% van die onderneming in swart besit wees alvorens dit kwalifiseer om regeringshulp.

Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling, het Dinsdag teruggekap en gesê dit was bloot ʼn konsepdokument wat intussen gewysig is en dat dit nie waar is dat besighede 51% in swart besit moet wees om voordeel te trek uit reddingsboeie vanaf die regering nie. “Ons gaan alle ondernemings reg oor Suid-Afrika help, maak nie saak wat hul ras is nie. Ons sal wel seker maak dat die ondernemings wat ons bystaan, verteenwoordigend is van die nasionale demografie,” het die minister tydens ʼn toespraak Dinsdag gesê.

In ʼn voorafgaande toespraak sê Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, ook dat raskategorieë as kriteria gebruik sal word om te verseker dat nie net een ras baat vind by finansiële hulp vanaf die regering nie. “Ons sal ook bestaande kriteria vir swart ekonomiese bemagtiging, wat reeds in die sektor geld, in ag neem,” sê sy. Ander kriteria sluit in dat ten minste 70% van werknemers Suid-Afrikaanse burgers moet wees. Voorkeur sal ook gegee word aan ondernemings wat deur jongmense, vrouens en gestremdes besit word.

“Die minister ontken miskien dat besighede 51% in swart besit moet wees om vir finansiële hulp te kwalifiseer, maar dit is duidelik dat ras steeds sal bepaal of en hoeveel hulp ondernemings sal ontvang,” sê Kallie Kriel, hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum.

Kriel sê elke onderneming in die land kan onder die potensiële ekonomiese gevolge van die virus ly en dit is nie afhanklik van mense se ras nie. “Deur hierdie kriterium daar te stel, misken die ANC wit ondernemings se bydrae tot die ekonomie, asook werkskepping in ʼn land waar die werkloosheidskoers hemelhoog is en heel moontlik net gaan styg weens die virus. Dit is nie nou die tyd vir die ANC om sy rassistiese ideologieë te dryf deur verder teen wit ondernemings te diskrimineer nie,” sê Kriel.

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. Foto: Morné Prinsloo

AfriForum het ’n aanmaningsbrief aan die regering gestuur waarin die regering versoek word om duidelikheid te gee oor die raskriteria in verband met finansiële steun aan KMMO’s. “Ons wil dit op skrif hê dat die regering nie ras as kategorie sal gebruik om te bepaal watter ondernemings finansiële hulp ontvang nie. Indien die regering nie teen môre-aand hierop antwoord nie, sal AfriForum voortgaan met regsoptrede om die regering te verhoed om hierdie kriteria in werking te stel,” sê Kriel.

Die sakeorganisasie Sakeliga het ook uitgevaar teen die beweerde kriteria.

“Die departement het bevestig dat die konsepdokument wat aan die media gelek is en ras in ag neem, wel ʼn regeringsdokument is. Die webblad waar jy moet aansoek doen om hulpverlening vra ook heelwat rasvereistes. Dit sê vir ons dat dié vereiste ernstig opgeneem word,” sê Piet le Roux, Sakeliga se hoof- uitvoerende beampte.

“Die Covid-19-krisis is allesbehalwe die tyd vir die regering om BEE-kriteria toe te pas. Dit is tyd vir ʼn buitengewone opheffing van oorbodige ideologiese ingrepe sodat die klein- en mediumgrootte ondernemings van hierdie land ons kan ophef uit die ekonomiese put wat ons nou binnegaan,” sê Le Roux.

Sakeliga nader tans die departement van kleinsakeontwikkeling vir duidelikheid oor hierdie aangeleentheid en is van plan om enige en alle nodige maatreëls te tref om te verseker dat bystand aan KMMO’s beskikbaar is, ongeag ras.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Belinda ·

Mnr Anton Rupert en Oppenheimer familie, asb stel liewer iemand aan om met fondse te help, jul weet regtig al teen hierdie tyd die geld gaan nie eens by arm besighede uitkom nie, dit gaan net dieselfde pad loop as al die geld oor die afgelope 20+ jare.

Magda ·

Dan moet die Rupert en Oppenheimers hulle geld terug neem as dit dan net vir SWART besighede gegee gaan word. Voel hulle skenk die geld vir ALMAL – Hoop hulle gaan die geld terug neem as die die waarheid is. En so sal die geldgieriges maar net aangaan. Sien hoe hard straf GOD ons alreeds maar nog steeds gaan julle aan met julle Ras / Apartheid gesegdes wat REGTIG NOU AL SO AFGESAAG IS DAT EK KAN KOTS. Get a Life please.

Johnny ·

Rupert & Oppenheimer beskou SEB en BEE as ” ‘n verdienstelike en belangrike doelwit vir Suid-Afrika”, volgens ander nuusblaaie

Madelein ·

Maak my so vies! Ons wat nou nie 51% swart eienaarskap in ons besigheid het nie, se belasting en BTW wat ons elke maand aan die regering getrou betaal het (ons moes hard swoeg en sweet om dit te kon betaal) was goed genoeg, maar nou word ons (die getroue belastingbetaler) nie gehelp nie agv ons velkleur? Wat van die 10 swart gesinne wat nou deur daardie besluit geraak gaan word?

Ek probeer al van vroeg vanoggend om tog maar te registreer op smmesa.gov.za, maar helaas, no luck!

Madelein ·

Dit is die einste webblad waarop ek al van vanoggend 8 uur af probeer registreer. Werk nie. Boodskap wat ek heeltyd kry is: Oops! Something went wrong!

Jy kan maar die Helplyn bel. Dit lui net. Niemand antwoord nie.

Johan Venter ·

Madelein, gee kans, ek het idee hulle internet werk nog met die mikstok. Probeer oor so ‘n dag of twee weer. dis die regte webwerf, ek dink hulle is toegegooi. Die nuwe tegnologie werk nie vir hulle Afrika-tyd nie.

Harry ·

Ek stem nie altyd saam met Afriforum se sienings nie, maar hierdie dokument se baie van hierdie land se veragtende houding teenoor blanke sakevernuf. Afriforum verdien n klop op die skouer hiervoor.

Baie teleurgesteld in die regering se drakoniese ras verdeling tydens n krisis soos hierdie.

Johnny ·

Die rasgebaseerde kriteria behoort ALTYD vi jou ‘n probleem te wees

Remondo ·

nodeloos om te se maar ons word behandel soos tweederangse burgers , meeste van die geld kom vannaf blanke persone wat ALLE besigheid wil help , wens die kotslikke politikuste wil ophou alles te bevark – DIE was n groot gebaar en Regering dit verkleineer met eie agenda.

Trekarbeider ·

Wanneer gaan ons leer ? Die korrupte, kommunistiese, rasbehepte ANC kan NOOIT vertrou word nie. Natuurlik wil hulle Cyril se “our people” help – en onthou gerus dat blankes nie deel vorm daarvan nie.
Witmens, jy is op jou eie !

Naomi ·

My vriendin het ‘n eenman haarsalon met een swart dame wat vir haar werk. Sy betaal UIF, maar sy moet toemaak. Sy comlpy net met 3 van die kriteria: UIF, sy’s ‘n vrou, sy en haar hulp is SA burgers.
Daar is ALTYD ‘n catch

henndrik ·

Ek het ‘n opinie, die hulp word so verleen om die stembasis te probeer behou, dit het niks met belastingbetalers te doen nie

Scalla ·

Wat van Motshepe en sy familes, waar is hul in die prentjie?

daniel ·

Hierdie virus is vir ons n vingerwysing van God, of ons dit glo of nie. En die mense van die regering wat nog steeds wil diskrimineer teen wittes moet besef dat hulle ook sterflike wesens is, en onderhewig is aan God se wil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.