Covid-19: Só gaan dit met Angus en Jill Buchan

Angus Buchan (Foto: Reint Dykema)

Die prediker Angus Buchan en sy vrou, Jill, het nog nie van Covid-19 herstel nie, hoewel albei steeds geen simptome van die nuwe koronavirus toon nie.

Buchan het Woensdagoggend aan Maroela Media bevestig dat hy nog nie negatief vir Covid-19 getoets het sedert sy uitslae einde Maart positief teruggekom het nie.

Volgens Buchan is hy al vier keer vir Covid-19 getoets sedert hy die virus sowat twee maande gelede by ’n geleentheid in Bloemfontein opgedoen het, waar hy ’n spreker was. Nie een van die vier toetse het negatief teruggekom nie, ten spyte daarvan dat hy gesond voel. Buchan wag vanoggend op sy jongste uitslae.

“Ons is dus steeds in selfisolasie op die plaas [in KwaZulu-Natal]. Ek kan nie my kleinkinders sien wat ook op die plaas bly nie en ek kan nog steeds nie op my perd Snowy ry nie. In daardie opsig is dit moeilik,” bieg Buchan.

Angus Buchan (Foto: Reint Dykema)

Volgens Buchan is hy steeds daartoe in staat om sy werk as leraar virtueel voort te sit – iets waaroor hy baie opgewonde is.

“Ek kan van ’n platform af praat. Ek het reeds met mense van oor die wêreld gepraat wat die virus opgedoen het, asook diegene wat geliefdes weens die virus verloor het. Ek het ook met mense gepraat van wie ek jare laas gehoor het – ’n skoolvriend het my ná 65 jaar weer gebel om te hoor hoe dit gaan.”

Buchan vertel dat hy ’n virtuele Mighty Men-konferensie later vandeesmaand gaan hou. Die konferensie sal op 23 Mei omstreeks 11:00 aanlyn plaasvind en Buchan beplan dat die konferensie moontlik die grootste een nog gaan wees met mense van oor die wêreld wat inskakel.

“Ek verheug my geensins daarin dat ek positief getoets het nie, maar ek kan mense se lewe daardeur raak, vertel die prediker voordat hy na Romeine 8:28 verwys: “Ek weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ElizeK ·

Ek verstaan nie die virus nie. As jy positief getoets het, soos byv Danie Gerber wat nou gesond is, wat moet jy doen om negatief te toets, as oom Angus NOU NOG positief is.
Ek het my al voos gelees, maar behalwe vir self isolasie, hande was en maskers dra, is daar geen raad oor hoe om gesond te kom nie.
Mis ek iets?

Mieke ·

Adam.. Amen!! Daardie een wat teen jou gestem het wil duidelik nie glo nie..

sterk soos n beer ·

ons bid vir genesings dat hy gou gesond sal word sterkte mag die Here met hom wees

koos10 ·

Ek wonder nou net, word elkeen van hierdie toetse as ‘n positiewe geval getel as die nasionale en provinsiale statistieke bereken word?
As dit so, is behoort ons getalle mos net ‘n kwart van die totale toetse te wees?

Harold ·

Stronger is He thats in you,stronger than any thing in this world!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.