Covid-19: Angus Buchan toets toe wel positief

Angus Buchan by It’s Time 2018 buite Pretoria. Foto: Reint Dykema

Die prediker Angus Buchan sê hy het Donderdagoggend met sy dokter gepraat wat bevestig het dat hy en sy vrou, Jill, wel positief vir die nuwe koronavirus (Covid-19) getoets het. Buchan het onlangs ʼn geleentheid by die Divine Restoration Ministries in Bloemfontein bygewoon waarna verskeie mense wat dié geleentheid bygewoon het positief vir Covid-19 getoets het.

Shalom Ministeries het vanoggend in ʼn verklaring gesê die egpaar het hul toetsresultate ontvang en is piekfyn. Buchan sê hy het met sy dokter gesels en “groter duidelikheid” oor die toetse gekry. Hy het daarna bevestig dat hulle wél die virus opgedoen het. “Ons vra om verskoning vir die verwarring en bid vir die goeie gesondheid van almal wat met ons in aanraking was,” het die prediker op sosiale media gesê.

Buchan het in dié plasing na Romeine 8:28 verwys: “Ek weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”

Maroela Media het vroeër berig meer as 200 mense het vroeër vandeesmaand die Jerusalem Prayer Breakfast-geleentheid (JPB) bygewoon, waaronder Buchan en die ACDP-leier, eerw. Kenneth Meshoe. Die departement van gesondheid het later ʼn beroep op al dié kerkgangers gedoen om hulself dringend aan te meld om vir die nuwe koronavirus getoets te word. Dít nadat vyf oorsese gaste by die geleentheid positief vir die virus getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het intussen gesê hy is bekommerd oor die groeiende getal bevestigde gevalle in die Manguang-gebied van die Vrystaat as gevolg van dié byeenkoms. “Dit begin reeds ’n episentrum skep,” het Mkhize verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan Venter ·

Ek haal aan: “dit begin reeds ‘n episentrum skep.” As ek reg is beteken episentrum die punt van oorsprong. Ook kan daar nie ‘n ‘Nuwe’ punt van oorsprong geskep word nie. Ek is nie so seker dat die woord episentrum hier reg gebruik word nie, of dat die Minister dit reg gebruik het nie.

Jan ·

Dis defnirief nie n niwe virus nie gaam doen julle navorsing coronavirusse is al dekades terug geidentifiseer word wakker…

Johan Venter ·

Die Covid-19 virus is ‘n NUWE virus uit die Korona-stal.
Ek haal aan:
“Coronaviruses are common in animals of all kinds, and they can evolve into forms that can infect humans, like SARS in 2002 and MERS in 2012.

Scientists think this new virus first became capable of jumping to humans at the beginning of December. It originally seemed like the virus first infected people at a seafood market in Wuhan, from where it spread. It is reported one analysis found that the first patient to get sick did not have any contact with the market. Experts are still trying to trace the outbreak back to its source.

The type of animal the virus originated from is not clear, although it is reported one analysis found that the genetic sequence of the new virus is 96 percent identical to one coronavirus found in bats. Both SARS and MERS originated in bats.”

Johan Venter ·

Ek is hier op die forum deur een of twee mense aangevat oor draf of stap wat nie buite die huis toegelaat word nie. Die regulasie sê mens mag nie die huis verlaat OM te draf of OM te stap nie.

Dus, meer duidelikheid van my kant waarom ek dit sê en dit is daar word nie per die regulasies gespesifiseer hoe mens by die kruidenierswinkel moet uitkom nie, party het nie vervoer nie, dan stap hulle, niks kan jou keer, of mens nou daarheen draf of stap, nie. Dus gaan ek nie by die huis uit OM te draf of OM te stap nie maar OM kos/’n brood te gaan koop, dan stap ek maar ‘toevallig’. Ons het ‘n Spar so 2 kilometer van ons af, so dis dit. As ander Spar toe wil draf OM kruideniersware te gaan koop, kan ek nie sien wat hulle teen die regulasie verkeerd doen nie.

Dit nou op ‘n tegniese punt, jy moet net oppas dat Bheki Cele jou nie sien nie, dalk mis hy die hele punt.

Grassie ·

Vasbyt, oom Angus, hier is nog baie werk om te doen. Soos die Skrif sê, die oes is groot maar die arbeiders min.

Genis ·

Jan jy is baie aanvallend, vir wie is jy so kwaad..ek wil jou na kwarentyn sien nie… Nietemin, Oom Angus ons bid vir jou.. Wens jou gou beterskap toe…

Erick ·

HOEKOM WORD DIE NUUTSTE INFORMASIE OOR DIE HOEVEELHEID KORONA GEVALLE NIE BEKEND GEMAAK NIE? EK RUIK ‘N ROT.

Hennie ·

Baie onverantwoordelik om byeenkomste te hou in hierdie tyd. Oom Angus versprei die Woord, en die virus.
Suid-Afrikaners is nog in die grap fase en besef nie die erns van die probleem nie.

Sarel ·

Ek is ietwat teleurgesteld
Was regulasies op byeenkomste nie reeds in werking nie. Die byeenkoms het probleme ( besmetting) gebring in gebied wat nog, tot op dasrdie stadium, goed onder beheer was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.