Covid-19-statistieke: 772 nuwe gevalle

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het tans 727 595 bevestigde gevalle van Covid-19 en 772 nuwe gevalle is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê nog 54 sterftes is ook bevestig. Hiervan is 24 in die Oos-Kaap, 13 in die Vrystaat, een in KwaZulu-Natal, twee in Limpopo, een in Mpumalanga, nege in die Noord-Kaap en vier in die Wes-Kaap.

Dit bring die algehele sterftes weens die virus op 19 465 te staan.

Mkhize sê uit die 54 sterftes wat Maandag aangemeld is, het vier in die afgelope 24-48 uur plaasgevind. Een hiervan was in KwaZulu-Natal en drie in die Wes-Kaap.

Altesaam 657 500 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn herstelkoers van 90%.

Gauteng het steeds die meeste aktiewe gevalle – altesaam 11 754 – en 31,5% van virusgevalle kom in hierdie provinsie voor.

Suid-Afrika het tot dusver meer as 4,8 miljoen Covid-19-toetse gedoen, waarvan 10 402 sedert die vorige verslag gedoen is. In hierdie stadium word 61% van toetse in die private sektor gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

Graag will ek net weet of die toetspakke geseël moet wees sou beamptes by jou huis aandoen en moet beamotes hulle self kan geidentifiseer.Ek gaan nie enige iemand in my huis toelaat net om geroof te word nie.Is daar dalk iemand met inligting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.