Covid-19-statistieke: Amper 26 000 toets positief

Foto: (Chinatopix Via AP)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand gesê die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika staan nou op 25 937, ʼn styging van 1 673 sedert ʼn dag gelede.

Nog 28 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 552 te staan bring. Tot dusver het 13 451 – oftewel 52% – mense van die virus herstel.

Meer as 29 005 toetse uit 634 996 is in die afgelope 24-uur-siklus gedoen.

Die grootste styging van gevalle is steeds in die Wes-Kaap. Die getal gevalle het van gister se 15 829 tot 16 893 toegeneem, met 391 sterftes wat reeds in die provinsie aangeteken is. In Gauteng het die getal positiewe gevalle van 3 043 tot 3 167 toegeneem en in die Oos-Kaap het die getal gevalle van 2 864 tot 3 047 gespring.

In die Oos-Kaap is 70 mense reeds dood en 49 in KwaZulu-Natal. Gauteng het tot dusver 31 sterftes aangemeld, die Vrystaat ses en Limpopo drie. Noordwes en die Noord-Kaap het tot dusver een sterfte elk aangeteken en Mpumalanga geen sterftes nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

PieterP ·

Die totale infeksie syfer elke dag is om mense bang te maak en ‘n poging om die publiek paniekerig te maak of paniekerig te hou. Indien daar 13451 herstel het hoekom word dit nie afgetrek en die totale aktiewe infeksies dan op 11934 gerapporteer nie? Daar is vir my ‘n helse verskil tussen 25937 en 11934. Net my opinie.

Katrina ·

Dit wil vir my voorkom asof so rapsie oor die 2% van bevestigde gevalle tot dusver, sterf. Hoe vergelyk dit met ander pandemie sterftes deur die dekades? Dit gaan dus nie oor die tydperk wat die pandemies geduur het nie, maar % sterftes van positiewe gevalle?

Lorette ·

Ek persoonlik verkies weer dat die volle getal aangeteken word – min herstel en huidiglik siek sodat mens al die statistiek het. Ons verskil maar almal in ons denke. Aangesien daar so ‘n groot agterstand in toetsuitslae is, kan baie provinsies nog erger lyk. Weskaap is enigste uitslae wat ek vertrou, want hulle het aan die begin ingespring en op die regte plekke begin toets. Jy sal lag as jy weet hoe die toetsing hier by ons in die Noordkaap begin het. Huidiglik is 2 polisiestasies en een hof gesluit agv swak toetsings en uitslae wat tot 7 dae duur voor ons dit kry. Dink nie almal neem Covid ernstig op nie, sien dit daagliks. Wens ek kan party mense se koppe teen mekaar stamp sodat hulle wakker kan word!

JohanR ·

Die statistiek is net lieg stories. Enigste statistiek wat ek hier glo is die van die Wes-Kaap.

Gerhard ·

Ek is in die Wes-Kaap en ja, dit sal die enigste akkurate statistiek wees…..

PH ·

Dit lyk op die grafiek of uitstaande data van die vorige dag net bygekom het.

PH ·

Stem saam met Pieter. Om ‘n kumulatiewe syfer te gee , skep ‘n verwronge beeld. Mens wil sien hoe die aktiewe infeksies styg of daal.

Adam ·

Die minister mag dalk net weer ons probeer wysmaak dat dit ‘n skyfie-flater was. Dit is duidelik die hardeskyfie tussen sy ore funksioneer nie altyd optimaal nie.

Fedup ·

Can these people really count? Adding and subtraction cannot be that difficult.

pokkel ·

you can read and comprehend numbers in Afrikaans? Could you please translate them for me?

Pampoenboer ·

As almal net hul ore oop gemaak het en goeie raad gevolg het maar nee dis mos n witmense siekte maar kyk nou waar is die brandpunte

Yolandie ·

Ja nie so wit soos hulle gedink het nie. Nou lê die Corona virus die hele townships vol.

Anin ·

Is die hoë syfer in die Weskaap nie toe te skryf aan die feit dat daar dalk meer toetse gedoen word in die Weskaap as elders nie? Sal graag die toets syfers per provinsie wil sien.

Jannie ·

Dis als goed en wel dat hulle dit doen. Maar dink aan die ouer mense wat al van outs af rook dit gaan eerder n ouer persoon wat in sy laat 60 is en ouer se dood veroor saak want dis n grooter skok vir hom of haar om op te hou rook en hulle lighaam kan nie die skok hanteer nie. En dan kry cov19 weer die skild en nie die mense wat dit in werking. gestel het nie.

Yolandie ·

As die syfers nie gekook is wil ek nie my naam he nie. Hoe is dit moontlik dat die Kaap se positiewe gevalle 7 849 meer as as al die provinsies in die land. Ek dink hier is weereens politieke ANC inmengery betrokke……moet wees omdat die ANC nie hulle kloue kan kry op die DA geregeerde Wes Kaap nie. Gaan tel maar weer ek glo nie meer enige van die syfers nie!!!!

Dries ·

Ek is bevrees die syfers is beslis nie reg nie en die “screening” en toetse is ook nie reg nie net gister is geraporteer daar is n tekort aan “test kits” dit is al lankal n tekort n mens kan ongelukkig glad nie due syfers glo wat deur kom nie plus minus 2 weke terug het die Kaap Alleen 39 sterftes in een dag beleef dieselfde aand toe word daar 27 sterftes vir die hele land geraporteer??

pokkel ·

nee jislaaik die mense in die Noord Kaap gaan moet versigtiger wees, die getal infeksies in dié provinsie is nou besig om heeltemal hand uit te ruk

Willem ·

Is dit nie te verskriklik nie, en slegs 65,000,000 plus is gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.